8 Nuwe reekse en seasons om 2023 mee af te skop!

Jirre, dat ons 2023 met fokken stage 6 loadshedding moet afskop? Jammer dat die eerste week op WKJ so stil was, maar ons is van volgende week af weer terug op skedule met ons gereelde posts. Ons gaan ook kyk of ons so tussendeur die werk jou lewe in 2023 bietjie makliker kan maak met life hacks, tips en vermaak. Kom ons skop sommer af met vermaak, voor ESKOM weer alles inpak en fokof met ons krag vir die naweek. Hier is 8 reekse vir jou streaming-beplanning vir Januarie. Dis ‘n mix van nuwe reekse en ou gunstelinge met nuwe seasons. Gaan download sommer nou die fokken goete dat jy dit iewers tydens stage 6 kan geniet:
Gossip Girl
Enetjie vir die gooste, right? Hierdie is nie die oorspronklike reeks van 2007 nie, maar ‘n revived version wat in 2021 uitgekom het en season 2 is ook sopas uit.
Dit is die tweede semester van junior jaar, en Gossip Girl los geen steen onaangeraak in haar poging om die skandalige lewens van Manhattan se elite te manupileer nie. Sy het ‘n ding of twee uit haar eerste rondte geleer: haar audiennce sal fokken kry waarvoor hulle vra en sy gaan so bietjie vlamme onder die hoi peloi se gatte maak. Sy wil dinge nog meer katastrofies maak as ooit voorheen, selfs al beteken dit om te lieg. Verwag ou vyande, nuwe bondgenote en dinge wat voortdurend verander – hierdie semester kan daar net een koningin wees, en teen die einde van die skooljaar sal almal weet waar die lyke begrawe is en net wie die bithc is wat die graaf vasgehou het.
His Dark Materials – season 3
Hierdie is die derde en laaste seisoen van die fantasy epic wat gebasseer is op The Amber Spyglass, die finale fantasy boek in Philip Pullman’s se trilogie. Seisoen 3 volg Lyra (Dafne Keen van Logan) en Will (Amir Wilson) terwyl hulle reis na ‘n donker plek vanwaar niemand nog ooit teruggekeer het nie. Soos haar pa se groot oorlog teen die Authority nader kom, sal hulle leer dat die redding van die wêreld teen ‘n verskriklike prys kom. Lin-Manuel Miranda keer terug as Lee Scoresby, met Ruth Wilson as Mrs Coulter, en James McAvoy as Lord Asriel. Adewale Akinnuoye-Agbaje sluit hierdie seisoen by die rolverdeling aan, saam met mense soos Sian Clifford Kobna Holdbrook-Smith.
Tell Me Everything
Teen drama anyone? Die jongste enetjie is mos hierdie week graad 8 toe. Ag jirre, mamma! ITV se uitdagende en quirky coming-of-age teen drama volg die 16-jarige Jonny Murphy, wat in die geheim met ongediagnoseerde depressie en angs sukkel ná ‘n tragiese gebeurtenis. Probably baie soos jou kind wat hierdie kersfees jou kak moes vreet. Hy en sy tjommies vanigate die tress van adolessensie te midde van alomteenwoordige tegnologie en sosiale media, terwyl hulle na hul eie identiteite soek, hul seksualiteit explore en met verhoudings, drank, dwelms en seks eksperimenteer. Is jy nie fokken bly jy het tieners nie?
Flatbush Misdemeanors
Hierdie reeks volg jarelange tjommies, Dan en Kevin terwyl hulle probeer om hul lewens, verhoudings en geestesgesondheid te verbeter in die vinnig verswakkende Flatbush, Brooklyn. Medespelers sluit in: Kristin Dodson, Kareen Green en Hassan Johnson van The Wire. Elke episode van Flatbush Misdemeanors is propvol skerp sosiale kommentaar en likeable performances, veral van die uiters talentvolle Dodson.
The First Lady (binge vanaf 23 January)
Hierdie show is in 2022 vir die Emmys genomineer en neem ons na die East Wing van die White House, waar sommige van die geskiedenis se mees impakvolle besluite geneem is deur Amerika se charismatiese, komplekse en dinamiese first ladies, want jy weet mos nou: agter elke man… Die reeks strek oor drie verskillende politieke eras tussen 1933 en 2017 en word deur die driedubbele Oscar-benoemde Michelle Pfeiffer as Betty Ford, Gillian Anderson as Eleanor Roosevelt, en Oscar-wenner Viola Davis as Michelle Obama gelei. Davis is genomineer vir ‘n Black Reel-toekenning, terwyl Pfeiffer sommer hierdie week vir beste aktrise in ‘n limited series is by die 2023 Critics Choice-toekennings benoem is. Ek mind nie ‘n stukkie poltieke geskiedenis nie, solank dit net fokol moet ons land uit te waai het nie.
Billions season 6 (binge op Maandae vanaf 23 Januarie)
Jirre, uiteindelik ‘n nuwe season! Vang solank op met die eerste 5, want hierdie show is fokken piele! Nuwe zak beteken geen genade nie, want *SPOILER ALERT* Mike Prince neem die Axe Capital-troon oor in seisoen 6. Chuck Rhoades is oortuig daarvan dat niemand soveel rykdom of mag moet hê nie. Aangesien al die spelers nuwe alliansies soek, is net een ding seker – rykdom beteken fokken oorlog. Na die seisoen 5-uittrede van Bobby “Axe” Axelrod (Damian Lewis), tree Critics Choice-genomineerde Corey Stoll in die kollig na vore as sy opvolger, Prince, saam met Daniel Breaker as Prins se regterhand, Scooter Dunbar.
The Cleaning Lady (op Donderdae vanaf 26 January)
Hierdie reeks klink lekker. Gebaseer op die Argentynse reeks La Chica que Limpia, volg misdaaddrama The Cleaning Lady ‘n super slim Filippynse dokter (Elodie Yung), wat na die VSA kom vir mediese behandeling om haar seun te red. Wanneer die system misluk en haar forseer om vir law enforcement weg te kruip en te dodge, word sy ‘n cleaning lady vir die mob en sy begin die game volgens haar eie reëls speel. Ja, man! Sign me up aan die einde van die maand!
Run The World (binge vanaf 27 Januarie)
Run the World volg ‘n groep swart vroue wat in Harlem werk, woon en speel terwyl hulle streef na world domination terwyl hulle moet surive en om te thrive en moet balans vind tussen hulle persoonlike en professionele lewens. Die show is reeds hernu vir ‘n tweede season en het ‘n rating van 6.2
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,118,701 post views in totaal sedert 1 November, 2019.