Jirre, het jy ook gisteraand jou fokken tyd gemors om vir Ramapuzzle te wag om ons almal te “my fellow Satafrikans”? Ek is actually so bietjie oor nuus in Suid-Afrika oor die algemeen. Ek wil dit nie lees nie, ek wil dit nie kyk nie en ek wil dit nie fokken hoor nie. Veral nie hierdie tyd van die jaar nie. Ons Suid-Afrikaners is fokken gatties vir alles. Krag wat uitfok, water wat uitfok omdat daar nie krag is nie en alles anders wat rondom ons cumble omdat die konte in beheer van ons burgers alles links en regs onder ons fokken oë in duidelike daglik steel.
Fok dit, kom ons wees vir ‘n maand lank volstruise en escape bietjie na ander opgemaakte wêrelde met opgemaakte probleme. Ek sal seker maak dat jy elke week gedurende die vakansie ‘n vars lysie kry van die beste movies, reekse en doccies om te kyk. Vandag se lysie is probs genoeg om jou die hele vakansie te hou, maar kom ons kyk hoe loop hy. Daar is ‘n moerse klomp nuwe en exciting reekse uit. Ek sal volgende week bietjie movies ook byvoeg. Sterke met die res van die laaste maand van die jaar. Gaan gryp nou jou billies, bier en daai remote en trek so bietjie kromrug voor daai tablet, laptop of TV van jou.
House of The Dragon
As jy nie DStv het nie en uitgemis het op Game Of Thrones se prequel, House of the Dragon, moenie worry nie, want jy kan die hele reeks vanaf 15 Desember op Showmax binge. Die reeks se premiére episode het amper 10 miljoen kykers ge-pull wat tot dusver die grootste audience ooit is vir ‘n nuwe original HBO-reeks.
House of The Dragon is gebasseer op George R.R. Martin se boek, Fire & Blood en die gebeure speel af 200 jaar voor Game Of Thrones se vibes. Die reeks vertel die verhaal van die begin van die einde van House Targaryen en al die gebeure in aanloop tot die moerse hectic Targaryense oorloog, wat bekend geword het as Dance of The Dragons. So gepraat van drake – die TV reeks feature sewentien drake, alles te danke aan die befokste en nuutste special effects. Eerder as om Fire & Blood as ‘n moerse dik novel van oor die 700 bladse te beskou, kan dit beskou word as die enigste gesaghebbende fiktiewe geskiedenisboek van die Targaryen-dynasty gedurende Aegon the Conqueror se oorheersing. Hy was die eerste Targaryen wat Westeros met drake opgefok het. Die TV-reeks cover nie die hele boek self nie, maar lig eerder ‘n spesifieke era uit: Dance of the Dragons – die burgeroorlog waarin Targaryen teen Targaryen gedraai het, en draak teen draak gefight het in ‘n dodelike stryd wat die begin van die einde van die clan sou wees. House of the Dragon is reeds vir ‘n tweede seisoen hernu! Indien jy nog nie Game of Thrones begin kyk het nie, moet jy dalk jou alie roer, want dit is slegs beskikbaar vir streaming tot einde Desember.
Rating: 8.5
Vanuit die peanut gallery:
“Mad respect to HBO for using real dragons instead of CGI like in Game of Thrones. I hope everyone is safe during filming.”
The White Lotus season 2
Ons het hierdie al reeds ge-cover maar ek raai jou steeds sterk aan om die reeks te kyk, aangsien episodes weekliks release word. Komende Maandag air episode 6. Actually is hierdie ‘n reminder vir myself om te onthou om te kyk, want ek moet episodes 4 en 5 ook nog kyk. Sover geniet ek die reeks fokken kwaai! Die tweede seisoen volg ‘n nuwe groep vakansiegangers wat hul weg maak na nog ‘n luukse White Lotus vakansieoord. Die tweede seisoen speel af by die San Domenico Palace Taormina in Sicily, Italië. Jennifer Coolidge is die enigste cast member van season 1 wat terugkeer maar die nuwe cast members is befok lekker.
Rating: 7.7
Vanuit die peanut gallery:
“I just love shows about messy rich people! LOL. I like that they took the anthology approach to the series. I think it’s a great way to explore the tensions of values and class without getting repetitiv”
Wednesday
Wednesday Addams word deur haar ouers, Morticia en Gomez na Nevermore Academy gestuur omdat sy nie inpas by normale skole nie en gedurig in die kak beland. Sy is byvoorbeeld by haar laaste skool geskors toe haar boetie deur konterige kinders geboelie is – sy het gewag tot die boelies gaan swem het, en ‘n klomp piranhas in die skool se swembad gegooi. Een laitie het sommer een van sy ballas verloor. Lekker! Anyway, by Wednesday se nuwe skool met sy leer om haar emerging psychic abilities te bemeester en aan te wend in ‘n poging om ‘n reeks moorde en ander mysteries op te los. Jy gaan hierdie reeks in een sitting wil deurkyk wat dit is superbefok! Jenna Ortega is perfek in die rol van Wednesday ge-cast en so ook Catherine Zeta-Jones as Morticia Addams en Luis Guzmán as Gomez Addams. Thing (die hand) se mannerismes is ook befok direct en daar is baie slim daarmee gewerk. Christina Ricci wat die rol van Wednesday vertolk het in die 90s classic movie, is ook ‘n rol gegee as die “normie” juffrou, Marilyn Thornhill en ek skiem dit moes moerse special vir Jenna Ortega gewees het om haar as mentor op stel te gehad het. Maak seker jy kyk eers die 1991 The Addams Family movie om so bietjie gees te vang vir die reeks.
Rating: 8.5
Vanuit die peanut gallery:
“I literally just love this show, it’s definitely a must watch! I swear to god.. I’ve been scrolling for months finding something interesting on Netflix. And then this came right in my face to appetite me, Wednesday is just a badass, this show is just entertaining. It’s funny, it’s unraveling and it just gives curiosity to the audience. I love the characters, they really did love with this tv series. And it needs way more support!”
His Dark Materials season 3
Hierdie reeks is gebasseer op Philip Pullman se trilogie van dieselfde naam en speel af in ‘n multidimensionele reality waar die action van die een na die ander wêreld skuif. Die storie skop af in ‘n alternatiewe wêreld waar mense se siele manifesteer as dierlike metgeselle en daemons genoem word. Die reeks volg die lewe van ‘n weeskimd genaamd Lyra wat saam met haar tjommies in die koshuis by Jordan College in Oxford woon; ‘n wêreld wat deur die Magisterium beheer word – ‘n godsdienstige en politieke organisasie. Fokken cult vibes. Lyra ontdek ‘n gevaarlike geheim wat Lord Asriel en Marisa Coulter betrek, en is die onderwerp van ‘n heks se profesie dat sy die wêreld gaan verander. In haar soeke na ‘n vermiste vriend, ontbloot Lyra ook ‘n reeks ontvoerings wat verbind word met ‘n geheimsinnige substance genaamd Dust, wat haar op ‘n epic journey na ander wêrelde lei.
HBO het vir my die screeners vir die derde en finale seisoen gestuur om te kyk, maar ek het nog die die eerste twee reekse gekyk nie, so my Desemberlysie raak nou fokken lekker! Vir dié van julle wat reeds 2 seisoene in is – season 3 is weekliks beskikbaar vanaf komende Dinsdag, die 6de Desember!
Rating: 7.8
Vanuit die peanut gallery:
“The acting, the costumes, the makeups, the cinematography, the music, such an underrated series!”
Heels season 1
Heels speel af in ‘n klein dorpie in Georgia en volg die pro-wrestling wêreld en rivalry van twee broers. Een is die villain (of “heel”) in die stoeikryt en die ander een is die hero (of “face”) en die twee broers vat mekaar aan en baklei oor hulle oorle pa se wrestling promotion company. Die twee main peanuts in die pakkie word vertolk deur Stephen Amell (Oliver Queen/Green Arrow van Arrow) en Alexander Ludwig (Bjorn Ironside in Vikings en Cato in The Hunger Games). Dit lyk na ‘n fokken super interesting reeks en is geskep deur Michael Waldron (producer van Rick and Morty en die skrywer van Loki en Doctor Strange in the Multiverse of Madness). Jy kan dit begin beinge vanaf Maandag die 5de Desember.
Rating: 8.0
Vanuit die peanut gallery:
“It’s good to see both Stephen and Alexander thriving post Arrow and Vikings. And boy, are they THRIVING!!!”
Vigil
Hierdie Britse reeks is verlede maand gekroon as die Best Drama by die Emmy Awards en is deur dieselfde ouens gemaak wat ook verantwoordelik is vir Line Of Duty en Showtrial. Vigil ondersoek die geheimsinnige verdwyning van ‘n Skotse vistreiler en ‘n dood aan boord van die duikboot HMS Vigil, wat die polisie in konflik met die vloot en Britse veiligheidsdienste bring. DCI Amy Silva (BAFTA-wenner Suranne Jones van Gentleman Jack en Doctor Foster) en DS Kirsten Longacre (BAFTA-wenner Rose Leslie van Game of Thrones en The Time Traveller’s Wife) lei ‘n ondersoek op land en ter see om ‘n conspiracy oop te vlek wat Brittanje se nasionale veiligheid bedreig.
Rating: 8.5
Vanuit die peanut gallery:
“Well, well – I am not going to spoil anything for anyone who hasn’t seen it. Just watched the finale and you know what, it was actually better then I could’ve hoped for. It was very moving, race against time, terrifying and tension rising each time. The series has been a joy and something which I generally believe did a great job on portraying what happened during our past where the Nuclear Deterrent, relationships are tested, betrayals amongst the forces. It was absolutely amazing. Great acting, the screenplay was just erie and tense. Amazing casting. Great end result!”
As jy dink dat hierdie ses reekse jou nie die hele Desember gaan besig hou nie, is hier vir jou nog 10:
- Powerbook III: Raising Kanan (vanaf 12 Desember)
- Ramy, season 4
- New Amsterdam, season 4
- Gentleman Jack, season 2
- Blindspotting, season 1
- DMZ (vanaf Dinsdag)
- The Porter, season 1
- Planet Sex with Cara Delevingne, season 1 –> ek sal seker nog iets oor dit skryf ook. Sy het ook onder Ninja van Die Antwoord deurgeloop.
- The Vow, Part Two
- The Bay, season 3
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Tali’s Joburg Diary Tali’s Joburg Diary volg op die uiters gewilde Tali’s Wedding Diary en Tali’s Baby Diary waarin ons eers Tali (Julia Anastasopoulos) se troue-manewales en toe haar swangerskap-dramas kon meemaak. Dié keer trek Tali, manlief Darren (Anton Taylor) en kleuter Jayden noodgedwonge terug Joburg toe. Tali se appelkar is omgegooi, jy sien. Die kredietkaarte is oortrokke, bankbalanse is in die rooi, en beurtkrag is nie al rede hoekom hul ligte af is nie. Die tog terug Joburg toe beteken ook dat Jayden by ’n kleuterskool ingeskryf moet word – ’n kompetisie-arena soos min. Dís dan juis ook wat as inspirasie vir dié seisoen gedien het. Lees verder |
||
Die Real Housewives van Pretoria S1 Ses glansryke Afrikaanse vroue is deel van die reeks: Renske Lammerding besit die Mrs. Globe-skoonheidskompetisie, die geskeide pastoor Marié Bosman het ‘n vlieënierlisensie en twee doktorsgrade, Talana Khun bestuur die aanlynwinkel Earth DK, Mel Viljoen is die hoof van Tammy Taylor Nails, Rhona Erasmus is ’n entrepreneur, en TikTok-influencer, Kiki La Coco, is die vrou van die multi-miljoenêr mynboukonsultant Malcolm Wentzel.. Lees verder |
|
|
Wednesday S1 Wednesday draai om die einste karakter met haar donker hare, haar groot, sielvolle/siellose oë (it could go either way), en haar ewige aardige familie. Maar nou staan Jenny Ortega in die rol. Ortega sal jy dalk onthou as die kind-weergawe van Jane in die CW-reeks Jane the Virgin. Die reeks speel af tydens Wednesday se tyd aan Nevermore Academy. Terwyl sy haar ontluikende psigiese vermoëns probeer bemeester, poog sy ook om ’n rits moorde te stuit én die bonatuurlike raaisel oplos waarin haar ouers al vir 25 jaar gewikkel is. Lees verder |
||
Donkerbos Donkerbos draai om ’n senutergende moordraaisel wat begin met die ontdekking van die liggame van ses kinders in ’n verlate woud in die klein dorpie van Donkerbos in Limpopo. Erica Wessels (van Dwaalster en I Am All Girls) vertolk die hoofrol. Sy speel Fanie van Wyk, ’n speurder wat drie jaar tevore onder ’n donker wolk uit Pretoria ná ’n rampspoedige ondersoek gevlug het. Nou moet sy dié haglike saak probeer ontsyfer. Lees verder |
|
|
Monarch S1 Dié nuwe dramareeks draai om die Romans, die sogenaamde first family van country musiek. Hulle is ook die eienaars van platemaatskappy Monarch – einste waarvan die reeks se titel afkomstig is. Aan die hoof van die gesin staan Pa Albie (Trace Adkins) en sy vrou, Dottie Cantrell Roman (Susan Sarandon). Daar heers egter ’n lekker magstryd tussen hul kinders, synde Dottie haar ouer dogter, Nicky (Anna Friel) voortrek. Dít maak jonger sussie, Gigi (Beth Ditto) net meer desperaat vir die kollig. Daar is ook hul aantreklike broer, Luke (Joshua Sasse), Monarch se uitvoerende hoof. Maar as hy ’n verhouding met een van sy susters se stukkies aanknoop, trek donderwolke om die gesin saam. Lees verder |
||
Dead to Me S1-3 Dead to Me se skryfwerk is slim, die spel is skerp, en jinne, ek gaan dié karakters mis. Die onwaarskynlike vriendskap tussen Jen en Judy is wat die storielyn so meesleurend maak.Die reeks het ’n punt van 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met die konsensus dat dit juis die uithalerspel van beide hoofspelers, Christina Applegate en Linda Cardellini, is wat die reeks verhef. Lees verder |
||
The Wife S1-3 Die derde seisoen draai om twee star-crossed lovers. Aan die een kant is daar die Tswana-dokter Naledi Montsho, en aan die ander is die Zoeloe-taxibestuurder, Qhawe. Naledi word deur Gaisang K Noge vertolk, met Kwenzo Ngcobo as Qhawe. “Met Naledi wat vermis word en die Zoeloe-broers se misdade nou voorbladnuus, gaan die derde en laaste seisoen van The Wife hoogdrama oplewer,” sê die reeks se hoofskrywer, Busisiwe Ntintili. Lees verder |
||
Fraksie S1 Fraksie is geskep deur die skrywer-vervaardigers Louis Pretorius en Albert Snyman. Hulle is ook vir trefferreekse soos Die Boekklub, Troukoors en Fynskrif (al drie is op Showmax) verantwoordelik. Fraksie draai om ’n beleggingsbestuurder wat drome koester om eendag ’n dollar-miljoenêr te word. Die reeks spog met ’n skitter-rolverdeling wat onder andere Edwin van der Walt, Marlo Minnaar, Trix Viviers, Crystal Donna Roberts, Melt Sieberhagen, Roeline Daneel en Lee-Ann van Rooi insluit. Lees verder |
||
Elite S1-6 Die sesde seisoen van Elite tel op ná nog ’n Las Encinas-student se dood met die skool wat sy elite reputasie probeer beskerm. Makliker gesê as gedaan – dit blyk die studente is moeg daarvoor dat sistemiese probleme soos rassisme, seksisme, mishandeling en LGTBI-fobie onder die mat gevee word. Daar is ook twee nuwe studente. Isadora is die jong erfgenaam van ’n groot nagklub-sakeryk, en Iván is die seun van die wêreld se grootste sokkerster. Die nuwe seisoen is die eerste een waarin daar glo geen van die karakters van die eerste drie seisoene (steeds die bestes, as jy my vra…) verskyn nie. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,074,304 post views in totaal sedert 1 November, 2019.