Hoe NXIVM Hollywood-sterre en Amerika se kragtigste elite verlei het tot ‘n barbaarse sekskultus

In 2017 het ‘n New York Times report so bietjie gaan krap in die doen in late van NXIVM, en dit onder die aandag van die US Department of Justice gebring het wat begin ondersoek instel het. NXIVM het vir bykans twee dekades ge-operate onder die dekmantel dat hulle selfhelp deprogramming verskaf het aan stinkryk erfgename, Hollywood-akteurs en grootkop CEOs wat op die ou einde in hulle cult opge-eidig het. Mense soos Allison Mack (Chloe van Smallville) en die erfgename, Sara en Clare Bronfman wat gesammentlik ‘n net worth van oor die $600m het. ‘n Survivor het egter na vore getree en ‘n klomp info vir die New York Times gegee en NXIVM is uiteindelik ontbloot vir wat dit was – ‘n barbaarse organisasie wat sy lede emosioneel en fisies mishandel het. Dit het gelei dat ‘n klomp cult menbers tronkstraf en groot fines gekry het nadat 9 voormalige cult members teen hulle getuig het. Die grootkop agter die hele kakspul, Keith Raniere, het sommer 120 jaar se tronkstraf gekry.
Wanneer jy gewoonlik documentaries oor cults kyk, kry jy eerste met al die weird kak te doen en wonder dan hoe die fok mense hulleself in sulke situasies bevind. Case in point, Devilsdorp – die true crime doccie wat ontstellende nuwe feite oor die wrede Krugersdorp-moorde ontbloot en jou laat kopkrap het oor wat jy gedink het jy alles oor die storie weet. Jy word amper dadelik met al die unbelievable weird shit gekonfronteer. The Vow pak dinge egter anders aan en op ‘n stadium gaan dit dalk voel of daar ‘n poging is om jou in ‘n cult in te trek. Hierdie doccie sleep jou in die wêreld van die NXIVM-cult in asof jy dit vir die eerste keer ondtek as iemand wat in hulle belangstel en deur hulle intrigued is. Dit alles voor jou begin uitvind van al die bizarre kak. Geskep deur 2 uiters intelligente mense van wie een ‘n verpleegster en berader is, is die insigte wat NXIVM mense gebied het aanloklik, behulpsaam en ten minste gedeeltelik waar. Jy sal gou agterkom dat jy soortvan verstaan hoe slim mense vir hierdie tipe kak kan val en daarin verstrengel raak. Wat die reeks nog meer interessant maak, is daar daar ‘n Suid-Afrikaanse connetion is, en dis nie ‘n kleintjie nie. Die whistleblower wat die wiel aan die rol gesit het, is ‘n dude wat in Johannesburg gebore en getoë is – Mark Vicente, ‘n cinematographer wat die groep in 2005 ge-join het.
Weereens, sal jy verbaas oor hoeveel mense ingetrek is. Die oorspronklike boodskap van om vreugde in jou lewe en betekenis te vind is ‘n goeie een en dis aantloklik, tot dit mense ingetrek in die diep en donker kant. Pleinweg gestel, is die storie fascinating as fuck!
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
Wat kan ek die naweek stream?
Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! Click hier vir nog voorstelle!
| Tali’s Joburg Diary Tali’s Joburg Diary volg op die uiters gewilde Tali’s Wedding Diary en Tali’s Baby Diary waarin ons eers Tali (Julia Anastasopoulos) se troue-manewales en toe haar swangerskap-dramas kon meemaak. Dié keer trek Tali, manlief Darren (Anton Taylor) en kleuter Jayden noodgedwonge terug Joburg toe. Tali se appelkar is omgegooi, jy sien. Die kredietkaarte is oortrokke, bankbalanse is in die rooi, en beurtkrag is nie al rede hoekom hul ligte af is nie. Die tog terug Joburg toe beteken ook dat Jayden by ’n kleuterskool ingeskryf moet word – ’n kompetisie-arena soos min. Dís dan juis ook wat as inspirasie vir dié seisoen gedien het. Lees verder |
![]() |
|
| Die Real Housewives van Pretoria S1 Ses glansryke Afrikaanse vroue is deel van die reeks: Renske Lammerding besit die Mrs. Globe-skoonheidskompetisie, die geskeide pastoor Marié Bosman het ‘n vlieënierlisensie en twee doktorsgrade, Talana Khun bestuur die aanlynwinkel Earth DK, Mel Viljoen is die hoof van Tammy Taylor Nails, Rhona Erasmus is ’n entrepreneur, en TikTok-influencer, Kiki La Coco, is die vrou van die multi-miljoenêr mynboukonsultant Malcolm Wentzel.. Lees verder |
![]() |
|
| Wednesday S1 Wednesday draai om die einste karakter met haar donker hare, haar groot, sielvolle/siellose oë (it could go either way), en haar ewige aardige familie. Maar nou staan Jenny Ortega in die rol. Ortega sal jy dalk onthou as die kind-weergawe van Jane in die CW-reeks Jane the Virgin. Die reeks speel af tydens Wednesday se tyd aan Nevermore Academy. Terwyl sy haar ontluikende psigiese vermoëns probeer bemeester, poog sy ook om ’n rits moorde te stuit én die bonatuurlike raaisel oplos waarin haar ouers al vir 25 jaar gewikkel is. Lees verder |
![]() |
|
| Donkerbos Donkerbos draai om ’n senutergende moordraaisel wat begin met die ontdekking van die liggame van ses kinders in ’n verlate woud in die klein dorpie van Donkerbos in Limpopo. Erica Wessels (van Dwaalster en I Am All Girls) vertolk die hoofrol. Sy speel Fanie van Wyk, ’n speurder wat drie jaar tevore onder ’n donker wolk uit Pretoria ná ’n rampspoedige ondersoek gevlug het. Nou moet sy dié haglike saak probeer ontsyfer. Lees verder |
![]() |
|
| Monarch S1 Dié nuwe dramareeks draai om die Romans, die sogenaamde first family van country musiek. Hulle is ook die eienaars van platemaatskappy Monarch – einste waarvan die reeks se titel afkomstig is. Aan die hoof van die gesin staan Pa Albie (Trace Adkins) en sy vrou, Dottie Cantrell Roman (Susan Sarandon). Daar heers egter ’n lekker magstryd tussen hul kinders, synde Dottie haar ouer dogter, Nicky (Anna Friel) voortrek. Dít maak jonger sussie, Gigi (Beth Ditto) net meer desperaat vir die kollig. Daar is ook hul aantreklike broer, Luke (Joshua Sasse), Monarch se uitvoerende hoof. Maar as hy ’n verhouding met een van sy susters se stukkies aanknoop, trek donderwolke om die gesin saam. Lees verder |
![]() |
|
| Dead to Me S1-3 Dead to Me se skryfwerk is slim, die spel is skerp, en jinne, ek gaan dié karakters mis. Die onwaarskynlike vriendskap tussen Jen en Judy is wat die storielyn so meesleurend maak.Die reeks het ’n punt van 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met die konsensus dat dit juis die uithalerspel van beide hoofspelers, Christina Applegate en Linda Cardellini, is wat die reeks verhef. Lees verder |
![]() |
|
| The Wife S1-3 Die derde seisoen draai om twee star-crossed lovers. Aan die een kant is daar die Tswana-dokter Naledi Montsho, en aan die ander is die Zoeloe-taxibestuurder, Qhawe. Naledi word deur Gaisang K Noge vertolk, met Kwenzo Ngcobo as Qhawe. “Met Naledi wat vermis word en die Zoeloe-broers se misdade nou voorbladnuus, gaan die derde en laaste seisoen van The Wife hoogdrama oplewer,” sê die reeks se hoofskrywer, Busisiwe Ntintili. Lees verder |
![]() |
|
| Fraksie S1 Fraksie is geskep deur die skrywer-vervaardigers Louis Pretorius en Albert Snyman. Hulle is ook vir trefferreekse soos Die Boekklub, Troukoors en Fynskrif (al drie is op Showmax) verantwoordelik. Fraksie draai om ’n beleggingsbestuurder wat drome koester om eendag ’n dollar-miljoenêr te word. Die reeks spog met ’n skitter-rolverdeling wat onder andere Edwin van der Walt, Marlo Minnaar, Trix Viviers, Crystal Donna Roberts, Melt Sieberhagen, Roeline Daneel en Lee-Ann van Rooi insluit. Lees verder |
![]() |
|
| Elite S1-6 Die sesde seisoen van Elite tel op ná nog ’n Las Encinas-student se dood met die skool wat sy elite reputasie probeer beskerm. Makliker gesê as gedaan – dit blyk die studente is moeg daarvoor dat sistemiese probleme soos rassisme, seksisme, mishandeling en LGTBI-fobie onder die mat gevee word. Daar is ook twee nuwe studente. Isadora is die jong erfgenaam van ’n groot nagklub-sakeryk, en Iván is die seun van die wêreld se grootste sokkerster. Die nuwe seisoen is die eerste een waarin daar glo geen van die karakters van die eerste drie seisoene (steeds die bestes, as jy my vra…) verskyn nie. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,212,827 post views in totaal sedert 1 November, 2019.













Hoe stream jy HBO?
Showmax het ‘n kahuis vol van HBO se stuff gep-licens.