6 lekker flieks wat fokol met Kersfees uit te waai het
Bietjie gatties vir die holiday spirit en die kersfeesflieks wat daarmee gepaard gaan? No stress, buddy, we’ve got you covered. Ons verstaan dat Kersfees nie vir almal is nie, so hier 6 lekker flieks wat nie ouer as 2 jaar is nie om by jou streaming-lysie te voeg. Dis ‘n lekker spread tussen comedy, drama, horror, mystery, thriller, action, adventure en selfs so bietjie van ‘n bio in die mix. As jy wel in die mood is vir krismisflieks, check hierdie lekker collection uit wat ons vanoggend ge-drop het.
Queen Bees (2021, PG-13, rating 6.2)
comedy | drama
Nadat sy teësinnig ingestem het om by ‘n krimpiekraal in te trek, ontmoet ‘n bewekop ‘n kliek bitchy vrouens en ‘n jagse wewenaar. Oscar wenner Ellen Burstyn (Requiem for a Dream) lei die rolverdeling tesame met Oscar nominees Ann-Margret (Grumpy Old Men, Ray Donovan) en oorle James Caan (The Godfather) asook Emmy-wenners Jane Curtin (3rd Rock From The Sun, The Good Fight. ), Loretta Devine (Grey’s Anatomy, Caged No More), Christopher Lloyd (The Addams Family, Back To The Future), en Elizabeth Mitchell (The Purge, Lost).
Michael Lembeck wat Friends direct het, was aan die stuur van sake met hierdie movie.
Uit die peanut galery:
“Watching great actors that we have seen in so many roles over decades show us they are still honing their craft and you don’t lose it just cause you get older. Celebrates aging. Loretta Devine is the baby at 71, Jane Curtin is 73, Ann Margaret is 80, James Caan is 81, Christopher Lloyd is 82, and Ellen Burstyn is the amazing lead at 88!”
The Wolf of Snow Hollow (2020, R-rated, rating 6 .2)
comedy | horror | mystery
Daar is kak in ‘n klein plattelandse dorpie wanneer daar op lyke afgekom word na elke volmaan. Officer Marshal moet agter die kap van die byl kom terwyl hy op min slaap ook sy tienerdogter alleen moet grootmaak en sy sieklike pa moet versorg. There’s no such thing as werewolves! There’s no such thing as werewolves! Klink vir my na ‘n lekker broekbekakkertjie.
Uit die peanut galery:
“This was one of the most refreshing and original werewolf movies I saw in a looong time. Fumy as fuck too!”
Kimi (2020, R-rated, rating 6.3)
crime | drama | thriller
“Agoraphobia is an anxiety disorder that often develops after one or more panic attacks. Symptoms include fear and avoidance of places and situations that might cause feelings of panic, entrapment, helplessness or embarrassment. Treatments include talk therapy and medication.” – as dit dalk iets is waarmee jy struggle, moet jy dalk hierdie movie vermy, aangesien die hoofkarakter hiermee moet deal wanneer sy op bewyse van ‘n misdaad afkom. Dis basically ‘n techno-thriller oor die gevare wat ons loop as daar te veel tegnologie in ons lewens is en ons dit toelaat om die oorhand te kry. Die rocker, Lenny Kravitz se dogter, Zoë Kravitz (Big Little Lies) vertolk die hoofrol van Angela Childs.
Die movie is direct deur Oscar-wenner Steven Soderbergh wat onder andere verantwoordelik was vir Sex, Lies and Videotape, Let Them All Talk, The Knick, Mosaic en No Sudden Move.
Uit die peanut galery:
“I’m just trying to wrap my head around the fact that Steven Soderbergh can make literally ANY kind of film and make it entirely his own. He truly is one of the GOATs!”
Together Together (2021, R-rated, rating 6.4)
comedy | drama
Wanneer ‘n jong alleenloper die swangerskap-surrogaat word vir ‘n enkellopende man in sy 40’s, kom die twee vreemdelinge tot die besef dat hierdie onverwagte verhouding hul persepsies van verbintenis, grense en die besonderhede van liefde sal uitdaag. Die hoofrolle word vertolk deur Ed Helms (The Hangover, The Hangover II, The Hangover III, Vacation) en comedian Patti Harrison (Shrill). Moontlik een van die beste comedy-dramas wat jy in ‘n lang tyd sal sien.
Uit die peanut galery:
“This movie is an absolute masterpiece. An emotional roller coaster. A strange concept but turns out to be one of the best if not the best comedy drama I’ve seen. This deserves every award it could possibly get!”
Respect (2021, PG-13, rating 6.6)
biography | drama | music
Die Suid-Afrikaanse director, Liesl Tommy (Mrs. Fletcher, The Walking Dead, Jessica Jones) het hierdie befokte movie direct – ‘n musikale biopic oor die Queen van soul, Aretha Franklin. Oscar-wenner Jennifer Hudson vertolk die hoofrol en is persoonlik deur Aretha aanbeveel nadat sy Dreamgirls te siene gekry het. Die res van die cast sluit onder ander in Oscar-wenner Forest Whitaker (The Forgiven), Audra McDonald (The Good Fight, The Gilded Age), Tate Donovan (Argo, Rocketman), Marlon Wayans (G.I. Joe), Marc Maron (GLOW), en Mary J Blige (wat al 9 Grammies gewen het!)
Uit die peanut galery:
“Just saw Respect. Loved it. There was a lot of sadness in Aretha’s younger years that I didn’t know about until I saw the movie :(“
Dune (2021, PG-13, rating 8.0)
action | adventure | drama
Hierdie movie het weg gestap met 6 Oscars en 5 BAFTAs! Dune vertel die verhaal van Paul Atreides (Oscar-benoemde Timothée Chalamet) wat na die gevaarlikste planeet in die heelal, Arrakis, moet reis om die toekoms van sy gesin en sy mense te verseker. Hierdie planeet is die enigste bron van die mees waardevolste substance in die heelal, “the speice”, ‘n drug wat menslike lewe verleng en die brein next level as fuck maak. Die cast sluit in: Oscar-wenner Javier Bardem (Loving Pablo), Zendaya (Spider-Man No Way Home, Euphoria), Charlotte Rampling, Josh Brolin (Men in Black III), Oscar Isaac (Scenes from a Marriage), Stellan Skarsgård (Chernobyl), Jason Momoa (Braven) en Dave Bautista (My Spy).
Dune is ‘n super Hollywood blockbuster!
Uit die peanut galery:
“Even Herbert himself wouldn’t have found the words to describe how good this film is. A life-long Dune fan to other Dune fans, they didn’t ruin it. They might have somehow elevated Dune to another level and I didn’t think that would ever be possible. See it as a soon as possible on the biggest screen you can find.”
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,056,052 post views in totaal sedert 1 November, 2019.