5 Krismisflieks vir die hele gesin en een R-rated movie vir die grootmense
Ek en my goose probeer ons bes om elke jaar ten minste 4 of 5 lekker krismismovies te kyk oor kersnaweek en gewoonlik is daar so paar classics ook in die mix wat elke jaar repeat word. Ek moes hierdie jaar egter nuwe classics gaan uitkrap, want ek kan glad nie Love Actually, Home Alone of Die Hard op enige van die streaming services opspoor nie. So gepraat van Die Hard, onthou om hierie Oukersaand vir John McClane skywe, skoene en ‘n Twinkie in die ceiling trap te los nie.
Daar is meer as 70 krismisflieks om van te kies en amper almal is family movies. Ek het hierdie 6 uitgesonder wat ek for sure gaan kyk oor die langnaweek:
Fatman
Ons skop sommer af met die een movie wat fokken glad nie gesinsvermaak is nie en verlede jaar ook die lys gemaak het. In Fatman is die Oscar-wenner, Mel Gibson (Mad Max, Braveheart) ‘n rumoerige, onortodokse Kersvader wat moet worstel met ‘n huurmoordenaar wat gestuur is deur ‘n bedorwe en konterige kind wat wraak soek nadat hy ‘n klomp steenkool vir Kersfees ontvang het. Dit klink of dai laitie ‘n hele fokken ESKOM-trok vol steenkool kort. Mel Gibson homself, reken dat hierdie een van die fokken weirdste movies is wat jy ooit te siene sal kry. OK, oom, jy het my aandag…
Rating: 5.9
Uit die peanut gallery:
“All the actors here are fantastic, especially Gibson’s disillusioned Santa struggling to make ends meet and Walton Goggins psychopathic hitman. The writing is entertaining, the characters are fun and/or endearing, the pacing is solid, and it’s a well done deconstruction of Santa mythos. If you’re looking for alternative Christmas movies, then this is a good one to watch. I can absolutely see this gaining a cult following over the years.”
Once Upon a Sesame Street Christmas
Sesame Street is nou nie almal se koppie brannas nie. Op Oukersaand vertel Elmo se pa, Louie, vir sy seun hoe Sesamestraat ‘n droewige plek in die 19de eeu was, aangesien sy inwoners nie genoeg Kersgees gehad het vir Kersvader om ‘n draai te kom gooi nie. Elmo se oupagrootjie met dieselfde naam het daarheen getrek en probeer om almal in die Kersgees te kry met die hulp van ‘n paar Sesamestraat-inwoners wat sy motiewe ondersteun. Die movie is net oor die 6 jaar oud en kan dalk binne so dekade of twee ‘n classic word. Try hom, man! Rol ‘n zol.
Rating: 7.1
Uit die peanut gallery:
“This is a Christmas movie that teaches kindness and doesn’t have anything in it that you wouldn’t want your kids to see. Entertained my 4 and 6 year-olds and wasn’t irritating for me to watch. Made for a nice family movie night.”
Desemberdiewe
Desemberdiewe vertel die storie van ’n haas onmoontlike stoute dogtertjie, die 11-jarige Jó (Judi Hattingh) wat moet leer om minder kak aan te jaag, selfs as niemand daar is om te sien wanneer sy kak aanjaag nie. Dis somer en Kersfees is vlak om die draai. Jó en haar ma, Retha (Roeline Daneel), het pas na ’n klein dorpie getrek. Dis ’n plek wat Jó tot die dood verveel. Sy sal liewer op enige ander fokken plek op aarde as dáár wees. Jó leer vinnig wat karma is. “As jy slegte dinge doen, sal slegte dinge met jou gebeur”, aldus haar ma. Sy besluit om haar karma met goeie dade op te top. Wel, haar definisie daarvan in elk geval… Sy beplan om Kersfeesgeskenke van die ryk mense se kinders te steel en aan die kinders by die weeshuis uit te deel. Sy glo vas dat dít die ideale manier is om aan die universe te bewys dat sy nie ‘n kak mens is nie en beter behandeling verdien. Sy kan dit egter nie alleen doen nie en skraap haar eie bende van Desemberdiewe bymekaar.
Rating: Daar is geen bestaande rating nie, maar ek sal dit ‘n 6.1 uit 10 gee.
Uit die peanut gallery:
“Ek steek solank my kerskous weg…”
How the Grinch Stole Christmas
Kan jy glo dat hierdie Jim Carey classic reeds 22 jaar oud is? Fokkit! In hierdie live action verwerking van die geliefde kinderverhaal deur Dr. Seuss, besluit die teruggetrokke groen Grinch (Jim Carrey) om Kersfees vir die vrolike burgers van Whoville op te fok. Teësinnig saam met sy hond Max, kom die Grinch van sy huis bo-op die beg af en sluip die dorpie Whoville in om alles wat Kersfees-related is vir die Whos op te fok. Die nors nool kry egter ‘n haakplek in sy planne wanneer hy die innemende Cindy Lou Who (Taylor Momsen) teëkom. My fok, Taylor was 7 toe die movie uitgekom het en het al intussen as een van Watkykjy se Warm Bokkies ge-feature!!
Rating: 6.2
Uit die peanut gallery:
“This was made 20 years ago, the dog is dead by now…”
A Garfield Christmas
Garfield uit 1987! Hierdie movie is al fokken 35 jaar oud! Hierdie Christmas special is maar 23 minute lank, maar dis 23 minute van pure goud, so skink vir jou ‘n lekker dop en geniet dit sommer in een go, tjop-tjop. Die storie is super eenvoudig: Garfield, Jon en Odie moet na Jon se ouma se pozzie toe gaan vir krismis waar Garfield vir die ou antie ‘n present opspoor.
Rating: 8.0
Uit die peanut gallery:
“Is it just me or do the Garfield TV specials seem to have a real emotional touch to them that gives the whole series higher integrity than the average children’s animation. Is it just me or do the Garfield TV specials seem to have a real emotional touch to them that gives the whole series higher integrity than the average children’s animation?”
National Lampoon’s Christmas Vacation
Een van die grootste indien nie die heel grootste comedy krismis classics uit die 80s! Clark Griswold wil ‘n spesiale Griswold gesinskersfees hê, en na maande se deeglike beplanning nooi hy sy ouers, sy vrou Ellen se ouers selfs sy oom Louis en sy seniele tante Bethany. Clark decorate selfs sy huis vir Kersfees met meer as 20 000 liggies en ‘n kersboom. Met die aanvang van Kersaand besef Clark vinnig dat ‘n reeks fokop alles sal laat begin uitrafel.
Rating: 8.0
Uit die peanut gallery:
“Best Christmas movie ever. No matter how many times I see it, I still just about die laughing. Just not Christmas without seeing it at least once.. if not multiple times. I don’t care how depressed you are; this movie will at least give you 90 minutes of serenity.”
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,067,172 post views in totaal sedert 1 November, 2019.