Fokkit, dit was nog verlede week Februarie. Die jaar is vinnig in sy moer in, huh? Byt maar vas, want November is Januarie se tweelingboetie en voel net so fokken lank. Dis die tyd van die jaar wanneer mense begin gatvol raak. Niemand wil werk nie maar almal het geld nog vir die Desembervakansie. Kry jy ‘n bonus? Wie weet. Dis werk toe fok in die reën op die highways vir dié wat ongelukkig genoeg is om nie by die huis te mag of kan werk nie. Skoolkinders moet stress oor eksamens. Sommiges moet skoolklere koop vir die nuwe jaar. Dis ‘n fuck show. Mense wat vir hulleself werk moet jou ekstra fokken hard werk om deur Desember en Januarie kom sonder om ‘n fokken pols af te kou.
Hang in there, buddy. At least kan jy bietjie disconnect voor die TV, al is dit ook die enigste afleiding wat jy het. Moenie worry nie, ek sal jou help met raad vir 2023 vroeg in voglende jaar ook.
Daar is ‘n magdom nuwe reekse en movies op pad vir die laaste twee maande van die jaar en ons sal julle op hoogte hou van verwikkelinge. Vir hierdie naweek het ons voorlopig vir jou vier reekse om te kyk. Twee van hulle het baie onlangs splinternuwe seisoene vrygestel en die ander twee is splinternuwe reekse. Vier klink dalk soos min, maar as jy net die nuwe content oplign en glad nie die ou seisone van die bestaande reekse inreken nie, het jy reeds oor die 30 episodes om te geniet. Die weer lyk maar bra kak vir die hele naweek, so jy gaan tien teen een binne wil bly en nie in die reën wil rondfok nie. Kom ons hoop net die verfoklike loadshedding kom druk nie sy snotterige piel in ons planne nie.
The White Lotus (season 2)
Ek raai jou baie sterk aan om die eerste seisoen eers te kyk indien jy dit gemis het verlede jaar. Dit het met fokken 10 Emmy Awards weg gestap hierdie jaar. Die tweede seisoen volg ‘n nuwe groep vakansiegangers wat hul weg maak na nog ‘n luukse White Lotus vakansieoord. Die tweede siesoen speel af by die San Domenico Palace Taormina in Sicily, Italië. Jennifer Coolidge is die enigste cast member van season 1 wat terugkeer maar die nuwe cast members is befok lekker: Theo James (The Time Traveler’s Wife), F. Murray Abraham (Scarface), Michael Imperioli (The Sopranos), Aubrey Plaza (Parks and Recreation), Tom Hollander (Spider-Man Homecoming), Meghann Fahy (Sutton in The Bold Type), Haley Lu Richardson (Five Feet Apart), Will Sharpe (Landscapers, Giri/Haji), Italiaanse aktrise Sabrina Impacciatore en Adam DiMarco (Todd/Elliott in The Magicians).
Die eerste episode van season 2 is reeds beskikbaar en ‘n nuwe episode word weekliks release.
The Handmaid’s Tale (season 5)
Season 5 het sowat 2 maande terug afgeskop met weeklikse episodes wat vrygestel is en die laaste episode (nommer 10) is komende Woensdag beskikbaar. Dis kak nuus vir mense soos ek wat dit weekliks kyk en dat dit nou tot ‘n einde kom, maar befokte nuus vir dié van julle wat op julle hande kan sit en wag tot alles beskikbaar is sodat jy dit kan binge in ‘n dag of twee. Moenie worry nie, die wag was die moeite werd!
Jy sal onthou dat June Osborne en haar ander handmaid tjommies vir Commander Waterford in die woude tussen Canada en Gilead opgefok het en op die wreedse moontlike manier vermoor het. Lekker! Die kont het dit verdien! In die nuutste seisoen staar June die gevolge van haar dade in die gesig terwyl se sukkel om doel, rigting en identiteit te vind. Aan die ander kant poog Serena Waterford om haar profile in Toronto te lig na die dood van haar man, soos Gilead se invloed ongelukkig al hoe meer in Kanada insypel. Commander Lawrence werk saam met Nick en Aunt Lydia (jissis, ek haat haar) terwyl hy probeer om Gilead te hervorm en aan bewind te kom. June, Luke en Moira fight Gilead op ‘n afstand terwyl hulle voortgaan met hul mission om Hannah te red en met haar te herenig.
Kraakvars kykgenot!
Billy The Kid
‘n Epic romantiese avontuur wat gebaseer is op die lewe van Billy the Kid, van sy nederige Ierse herkoms en sy vroeë dae as ‘n cowboy en gunslinger op die Amerikaanse wilde weste se fontier, tot sy deurslaggewende rol in die Lincoln County-oorlog en nog meer. Billy was regshandig, maar kon sy linkerhand gebruik wanneer nodig. Hy kon ook vlot Spaans lees, skryf en praat – iets wat nogal skaars was onder die ongeletterde cowboys van daardie tye. Nog ‘n interessante feit van ou Billy – sy lyk is twee keer deur onbekende boewe gesteel sedert sy begrafnis! Hy is die 1950s eventually op ‘n nuwe spot begrawe, sy enkels steeds geketting na al die dekades!
Minx
Alhoewel Minx nie op enige enkele storie gebaseer is nie, is dit wel geïnspireer deur ‘n reeks werklike gebeure uit die 1970’s. Dis ‘n moerse lekker comedy en vertel die storie van ‘n ernstige jong feminis wat kragte span met ‘n kakkerige loser publisher om die eerste erotiese tydskrif vir vrouens te skep. Daar is 10 episodes van ‘n halfuur lank elk wat vir jou maagspiere wag! Dis ‘n HBO-reeks, so jy weet hulle sal die goods deliver. Kyk gerus die trailer en besluit vir jouself!
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Die Real Housewives van Pretoria S1 Ses glansryke Afrikaanse vroue is deel van die reeks: Renske Lammerding besit die Mrs. Globe-skoonheidskompetisie, die geskeide pastoor Marié Bosman het ‘n vlieënierlisensie en twee doktorsgrade, Talana Khun bestuur die aanlynwinkel Earth DK, Mel Viljoen is die hoof van Tammy Taylor Nails, Rhona Erasmus is ’n entrepreneur, en TikTok-influencer, Kiki La Coco, is die vrou van die multi-miljoenêr mynboukonsultant Malcolm Wentzel.. Lees verder |
||
Fraksie S1 Fraksie is geskep deur die skrywer-vervaardigers Louis Pretorius en Albert Snyman. Hulle is ook vir trefferreekse soos Die Boekklub, Troukoors en Fynskrif (al drie is op Showmax) verantwoordelik. Fraksie draai om ’n beleggingsbestuurder wat drome koester om eendag ’n dollar-miljoenêr te word. Die reeks spog met ’n skitter-rolverdeling wat onder andere Edwin van der Walt, Marlo Minnaar, Trix Viviers, Crystal Donna Roberts, Melt Sieberhagen, Roeline Daneel en Lee-Ann van Rooi insluit. Lees verder |
||
The Brave Ones S1 Plaaslike sepielegendes soos Tony Kgoroge, Lindani Nkosi en Anelisa Phewa span kragte saam in die nuwe wetenskapfiksie-reeks, The Brave Ones. The Brave Ones draai om Ntsiki (Sthandile Nkosi), ’n godin wat as ’n mens gereïnkarneer is om wraak ná haar suster se dood te neem. Maar eers moet sy leer hoe om haar magte te beheer. Eers dan sal sy haar vyande kan verslaan en haar gesin te red. Dié boeiende reeks speel in hedendaagse Suid-Afrika af. Dit is, soos Showmax se Blood Psalms, geïnspireer deur die ryk mitologie van Afrika-gode en goddelike wesens. Lees verder |
|
|
The Rehearsal S1 The Rehearsal kyk na als wat een man sal doen om die onsekerhede van die alledaagse lewe te verminder. Met ’n konstruksiespan, ’n legio akteurs, en oënskynlik onbeperkte hulpbronne, laat Nathan Fielder (How To With John Wilson) gewone mense toe om vir die lewe se grootste oomblikke voor te berei deur in simulasies daarvoor te “repeteer”. Lees verder |
|
|
Better Call Saul S6 Met die aanvang van die sesde seisoen, tel ons op waar die vyfde aflewering afgesluit het. Die eerste nege episodes speel in 2004 af – vier jaar voordat Jimmy McGill/Saul Goodman uiteindelik vir Walter White (Bryan Cranston) en Jesse Pinkman (Aaron Paul) in die eerste seisoen van Breaking Bad sou ontmoet. Dis dan hier waar die tydlyne van die twee reekse mekaar ontmoet en kruis. Lees verder |
||
Fate: The Winx Saga S1-2 Fate: The Winx Saga volg die coming-of-age-storie van ses feë by ’n magiese kosskool, Alfea. Daar leer die lot hoe om hul kragte terselfdertyd as gewone tienerwees-probleme te bemeester. So tussendeur verlief word is daar mos altyd ’n monsterlike kreatuur wat dreig, hoe dan nou anders? Die reeks is gegrond op die Italiaanse spotprent Winx Club, en gelei deur The Vampire Diaries-skepper Brian Young. Lees verder |
||
P-Valley S1-2 Die strip club-dansers van die Dirty Delta is terug vir ’n tweede seisoen van die bekroonde drama, P-Valley. Met Covid wat daartoe gelei het dat Pynk sy deure moes sluit, kom oom Clifford (Nico Annan) en Autumn Night (Elarica Johnson) met ’n opwip-alternatief vorendag… ’n Deurry-karwas, waar gemaskerde vroue vir jou ’n neonverligte vertoning gee. Lees verder |
||
The Bay S1-3 In die tweede seisoen het ons gesien hoe Lisa Armstrong (Morven Christie) ná haar skorsing ’n paar range na speurkonstabel afgeskuif is. Sy is toe by die ondersoek na die moord op ’n prokureur betrek en haar eksman het boonop ook sy opwagting gemaak met sy onverwagte terugkeer na Morecambe. Lees verder |
|
|
Derry Girls S1-3 Die reeks speel af in die 1990’s teen die agtergrond van die Noord-Ierse konflik en sektariese geweld tussen Katolieke en Protestante. (Ook bekend as die “Troubles”-tydperk.) Die storie volg die wedervaringe van vyf tieners: Erin Quinn (Saoirse-Monica Jackson), Erin se niggie, Orla (Louise Harland), hul vriende Clare (Nicola Coughlan) en Michelle (Jamie-Lee O’Donnell), en Michelle se neef James (Dylan Llewellyn). Ons het oor die verloop van die eerste twee seisoene gesien hoe die karakters in absolute absurde situasies beland soos hulle hulself en mekaar leer ken. Die derde seisoen sluit hierdie coming-of-age-reis dan af. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,084,130 post views in totaal sedert 1 November, 2019.