Voor Tali was daar SuzelleDIY van Somerset-Wes – ‘n YouTuber en die queen van DIY. Sy het beroemd geword het omdat sy mense geleer het hoe om braaipaais te maak en bankies uit cinder blocks toe bou. 32 miljoen views op YouTube. Unbe-fokken-leavable. Mense het actually geskiem Suzelle is ’n regte mens, en die die karakter wat deur die aktrise Julia Anastasopoulos en die regisseur Ari Kruger geskep is nie. Dié tweetjies het soveel fun gehad met Suzelle DIY dat hulle eventually verloof geraak het en getrou het. Hul gedeelde sin vir humor was deel van wat hulle bymekaar gebring het en hulle het baie gehad om voor te lag in die aanloop tot hul troue – genoeg vir ‘n mockumentary, het dit geblyk.
Tali’s Wedding Diary het op 14 Desember 2017 op Showmax ge-launch en was die heel eerste Showmax Original reeks. Die mockumentary het vir Tali gevolg, ‘n self-obsessed Sandton doll wat Kaapstad toe trek en besig is om die build-up van haar troue met haar verloofde, Darren (Anton Taylor) te verfilm. Dit het die kak uit SuzelleDIY-fans conufuse wat skielik besef het dat Suzelle eintlik ‘n Engelse aktrise genaamd Julia is, wat meer as een karakter kon speel. Die torre het van hulle breins afgebliksem toe Tali en Suzelle saam ‘n DIY-troukoek gemaak het – hoe de fok kan dan nou dieslfde tyd op die screen wees? Tali en Suzelle kan nie meer van mekaar verskil nie. Almal is like vir Suzelle, maar mense like dit om Tali te haat. Die show het ’n destydse rekord opgestel vir die meeste eerstedagkyke van enige titel op Showmax en het in 2019 vyf SAFTA’s gewen, insluitend Beste Komedie, Beste Aktrise (Julia) en Beste Regisseur (Ari). Dit het Showmax die eerste streaming service gemaak wat ’n SAFTA gewen het en het van Tali’s Wedding Diary die mees bekroonde komedie van die jaar gemaak.
Toe Julia en Ari hul eerste baba gehad het, het hulle in die proses weer baie gevind om oor te lag, so ‘n opvolgverhaal het op 26 Februarie 2021 gevolg. In Tali’s Baby Diary dwing ‘n onverwagte swangerskap Tali in ‘n desperate pivot van bitchy Insta-influencer na helisame momfluencer. Tali’s Baby Diary, wat tydens die Covid-19-inperking verfilm is, het in 2022 nog vyf SAFTA’s gewen, weereens vir Beste Komedie, Beste Aktrise (Julia) en Beste Regisseur (Ari, gedeel met Daniel Zimbler). Dit het Tali’s Baby Diary gesamentlik die mees bekroonde titel by die 2022 SAFTA’s algeheel gemaak, oor alle kategorieë heen. So tussen die seisoene deur het Julia en Ari voorskoolse ouers geword – en weereens het dit hulle voorsien van nuwe skietgoed vir ‘n derde reeks. Enter Tali’s Joburg Diary, waarin Tali vasbeslote is om haar laitie Jayden in die posh kleuterskool, Little Angels in Hyde Park, in te kry – en “class mom” word. Dit nadat die gesin van Kaapstad af terug Joburg toe moes trek omdat Tali nie vir ‘n fok weet hoe om met geld te werk nie. Hulle het heeltemal te veel staff en sy betaal selfs die fokken Takealot delivery dude omdat hy net heeltyd kom kak aflewer wat sy online bestel. Maak dus gereed vir dieselfde Tali, in ‘n heel ander Johannesburg, met ‘n heel ander bankbalans. ‘n Kak een. Soso Tali sou sê: “Darrennnnnn! What the actual fuck!”
Dis dalk nou ‘n goeie tyd om gou deur die eerste twee seisoene te draf, want die eerste episode van Tali’s Joburg Diary is vandag af beskikbaar op Showmax en daar word weeklikse nuwe episodes bygevoeg. Ek het die eerste twee seisoene te siene gekry en dis lekker kaksnaakse local comedy! Jy wil mos in elk geval vir Charlize Theron boycott omdat sy aan jou Afrikaanse piepie geraak het, so hier is nou jou kans!

Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,213,019 post views in totaal sedert 1 November, 2019.







