Kyk hierdie music video as jy jou week met ‘n huppel in jou stap wil afskop, want dit gee 1000% net goeie vibes af! Gnome is ‘n 3-piece stoner rock band uit Antwerp, België. Hulle laat my dink aan Clutch maar met dwergie outfits en odd ritme en fokken silly melodies. Jy sal vinnig agterkom dat jy gekom het vir die hoedjies maar gebly het vir die sick riffs! Die tune “Wenceslas” sorg vir die tweede music video taken vanaf Gnome’s se nuwe album, King wat hierdie jaar op 6 Mei (een dag voor my verjaarsdag) release is. Ag fok, weet jy wat? Ons gooi vandag sommer twee videos, so kyk ook gerus na hulle eerste music video, Ambrosius ook hieronder.
As hierdie Belgiese dwerge jou dag opgekikker het, gaan gee hulle sommer asseblief ‘n like ook op hulle Facebook page:
https://www.facebook.com/officialgnomeband
Watkykjy staan op 3,220,281 post views in totaal sedert 1 November, 2019.







