In Mei, 2021 het ons ‘n groot vriend verloor: die gentle giant, Henry Engelbrecht wat ongeëwenaard die Suid-Afrikaanse musieklandskap ingekleur het met sy lens. Hy het bykans elke band in ons land, groot of klein, beroemd of nuweling, vasgevang met sy Nicon en Fuji kameras oor ongeveer ‘n tydperk van ‘n dekade. Die bekende straatkunstenaar, Banksy, reken dat mens twee keer sterf: wanneer jy vir die laaste keer asem haal en wanneer iemand vir die laaste keer jou naam hoorbaar noem. Mens kan ‘n derde een byvoeg – wanneer iemand vir die laaste keer na een van jou foto’s kyk. Henry het icons create van mense wat gelukkig genoeg was om voor sy kamera te beland. Hy is ongelukkig heeltemal te vroeg van ons af weg geneem maar die herrineringe wat hy geskep het sal blywend wees. Die mense in sy kiekies, sal langer rondang, selfs na hulle dood, danksy hom.
‘n Groepie mense wat na aan Henry was, het bymekaargekom en het sy uitgebreide versameling topklas foto’s van musikante, artists en bands noukeurig deurgegaan en in ‘n super eksklusiewe koffietafelfotoboek van 224 volkleur bladsye omskep. Giant in The Pit is ‘n landscape hardcover boek (320mm wyd en 240mm hoog) en is ‘n celebration van Henry Engelbrecht se uitsonderlike werk. Dit verewig van die mees artistic live event fotografie, soos wat ons dit nog nooit vantevore gesien het nie. Dit is hierdie mense na aan hom se huldeblyk een Henry en die opbrengste sal aangewend word om digital en analogue kameras te koop en te donate aan minderbevoorregte gemeenskappe om hulle te onderrig in fotografie. Dit is die boek waaroor Big H homself nog altyd gedroom het, maar nooit die kans gekry het om sy vision te realiseer nie.
Ek het die boek dadelik vir myself ge-preorder toe hulle die projek vir die eerste keer aangekondig het. Persoonlik dink ek dat die price tag van R495 heeltemal te min is, as jy in ag neem wat die fisiese grootte van die boek is en dat al 224 bladsye volkleur prints is en dat dit ‘n proper koffietafel boek is. Behalwe dat die boek fokken awesome is en vir ‘n goeie doel aangewend word, en afgesien van die feit dat Henry my vriend was, is my rede vir vandag se post ook effens selfsugtig van aard – die mense agter die skerms kan met printing begin sodra daar genoeg pre-orders is, want dis ‘n fokken duur storie en geen gewone mens kan sommer net blokke cash op ‘n tafel drop nie, hence die pre-order roete Soos ek verstaan, kort hulle nog ongeveer so 40 of 50 pre-oders sodat printing kan afskop. Dis nie baie nie, so so dis super goeie nuus. Ek wil graag hê dat ten minste nog 50 mense die boek moet pre-order, want ek wil bitter fokken graag my eie copy in my hande vashou voor kersfees, sodat ek hierdie kunswerk in al sy glorie kan geniet hierdie Desember waneer daar ‘n kans is om op my gat te sit met ‘n whiskey.
So pretty fokken please, met ‘n cherry on top, bestel asseblief die boek vir jouself of vir ‘n tjommie, lover of familielid, want dit maak vir die beste kersgeskenk as jy ‘n fan van local musiek is en op soek is na iets super uniek wat vir fokken seker ‘n collector’s piece gaan word. En as dit nie jou thing is nie, share dan ten minste net die link met iemand wat dit sal waardeer.
Hier is so paar quotes van so paar peeps wat gelukkig genoeg was om in Henry se wentelbane te beweeg. Maybe oortuig hulle jou beter as ek:
“It was my honour and privilege to share the pit and stage of many rock shows with the gentleman and legend that is Henry Engelbrecht. The quality that has always pleased me endlessly in Henry’s images, is his generosity… for me the most precious attribute about him as a human.” – Sean Brand Photography
“Henry was ‘n legende. ‘n Bastion van kalmte tussen die stof en die chaos, tussen die sweet en die strobes, die skree en die kop skud. Hy het my al gesien op my happyste, my sadste, my kwaadste, my hoogste, my dronkste, my beste en my slegste.” – Jack Parow
“When Henry was in the pit it was like having a reason to give it your all, because he always gave his all. When he was there with us, even when we were sweating bullets when things were going south, he made us feel like it was all gonna be ok with his five-mile smile looking up at us.” – Warwick Rautenbach (Hellcats)
“Live music venues are a rare commodity in South Africa – perhaps not as rare as a person like Henry, but scarce all the same. They act as essential meeting points for people and cultures; our primary connection to the music and the people we love.” – Archie Kinnon
“I can’t remember the time I met Henry. He was just there, as if he was meant to be exactly where he was.
He was such a part of what we were doing, unquestionably there.” – Misha Loots (Oppikoppi Festival)
Watkykjy staan op 3,073,771 post views in totaal sedert 1 November, 2019.