Hier is so bietjie iets anders om vanaf hierdie komende Dinsdag te nodge – ‘n slick drama in drie tale waarvan dit oorheersend in Afrikaans is, jy weet, vir die 44 van julle wat nog actually die Taal kan praat. Dis die splinternuwe local crime drama, Donkerbos. Jy kan daaraan dink as ‘n tipe Mare of Easttown wat in Limpopo afspeel. By the way, as jy nog nie Mare of Easttown gekyk het nie, doen dit, want dit is fokken next level!
Donkerbos, is ‘n onheilspellende Showmax Original-moordraaisel ui die pen van die skrywer-regisseur Nico Scheepers (Nêrens, Noord-Kaap) Die reeks is deur Nagvlug Films vervaardig (Skemerdans, Barakat) en maak sy debuut op 29 November 2022, met nuwe episodes wat weekliks op Dinsdae tot en met 17 Januarie 2023 release word. Wanneer die liggame van ses kinders in ’n verlate woud in Donkerbos, Limpopo gevind word, moet ’n uitgeworpene speurder (die veelbekroonde aktrise Erica Wessels van Dwaalster en I Am All Girls) met haar duistere verlede, haar familie en ’n agterdogtige gemeenskap worstel om die moordenaar te vang voordat nog kinders slagoffers word.
Die sterbelaaide rolverdeling sluit in Thoko Ntshinga (Donna Makaula van Egoli: Plek van Goud, The River), Fleur du Cap-wenners Sanda Shandu (Skemerdans) en Nicole Holm (Fynskrif), Silwerskermfees-wenners Stian Bam (Die Storie van Racheltjie de Beer), Jacques Bessenger (Fynskrif, Warrior), Aphiwe Sithole (Poppie Nongena), Carel Nel (Gaia) en Rolanda Marais (Trackers), bekroonde akteurs Wilhelm van der Walt (Fynskrif) en Leandie Du Randt (Vuil Wasgoed), SAFTA-benoemde Nicola Hanekom (Faan se Trein), Caleb Payne (Good Life), asook Edwin van der Walt (Wonderlus), wat vir sy spel as beste akteur vir ’n Silwerskermfees-prys benoem is.
Dis ‘n moerse fokken sterk rolverdeling. Check die trailer uit en jy sal vir jouself sien:
Die main konyn, Erica Wessels, antwoord so paar vrae oor hierdie hectic reeks:
Hoekom wou jy hierdie rol hê?
Ek wou rêrig die rol gehad het. Regtig, egtig, egtig. Dit gebeur selde dat jy vir ’n ding oudisie en die rol so graag wil hê. En die rede daarvoor was die tekste. Ek wou ook nog altyd met Nico [Scheepers, skrywer en regisseur] gewerk het. Maar toe ek daai tekste lees, toe is ek net soos, ‘Oh my goodness, I want this!’ Dis regtig die beste ding wat ek al ooit in Afrikaans gelees het.
Wat het jou van die draaiboek beïndruk?
Die teks is so goed geskryf. Dit is ontsettend donker. Dit is ook die donkerste ding wat ek al ooit gedoen het. Wat ek die meeste van die teks gehou het, is nie net dat dit donker is, of die ongelooflike karakters en pragtige storielyn nie… Wat vir my baie interessant was, is dat dit ’n riller is, maar tog het ek so emosioneel geraak. Ek het verskriklik gehuil terwyl ek die tekste gelees het. Ek het vir myself afgevra hoekom ek dan so huil. Wat is dit van Nico se skryfstyl of teks wat my so laat huil? En toe besef ek net, sometimes you can’t pinpoint it. Ek dink wel dit is deels omdat dit oor kinders gaan. Oor kinders wat seerkry – en ek is ’n ma. Kinders is die kwesbaarste in ons gemeenskapp
Vertel ons van jou karakter, Fanie.
Sy is ’n groot karakter. Sy is geweldig goed in wat sy doen. Sy is sterk en abrupt en moeilik, maar sy dwing respek af. Sy haat ongeregtigheid. Sy is eintlik ’n ongelooflike goeie mens, maar onder hierdie brash, hard exterior of getting shit done. Ek’s mal oor haar. Daar is deesdae talle stories met vroue in die hoofrol as ’n flawed protagonis. Dis fantasties. Snaaks genoeg is baie van die rolle wat ek al gekry hetnogal dáái tipe. Wat ek baie van Fanie hou, is dat sy baie anders as ek is. Ja, báie, báie anders as ek. Vir een of ander rede word ek altyd gecast as ’n Valk, of ’n polisievrou, maar ek is eintlik die teenoorgestelde van die karakters wat ek vertolk. My pêlle wat my goed ken, lag hulle gatte af, want ek is eintlik baie feminine en ek sou byvoorbeeld nooit ’n vuurwapen koop nie. Ek’s ’n empath. Ek’s sag-sag-sag-sag, maar sterk. Fanie kom van ’n ander wêreld af, en ek is gaande daaroor om sulke karakters – wat heeltemal anders as ek is – aan te pak. Dit laat my toe om ’n hele nuwe wêreld binne iemand anders te ontdek, which is what I love and why I act.
Wat het jy daarvan geniet om Fanie te speel?
Gewoonlik, al is jy ’n sterk vroue-karakter of ’n protagonis that happens to be female, is daar dikwels ’n redelike fokus op glans, op skoonheid, die uiterlike. Dit is mos maar een van die tale waardeur ons ge-validate word. Maar wat vir my baie cool is van Fanie, is dat daar is nie daardie fokus nie. Which I dig. Ek dra basies geen grimering nie. Geen naels en al daai nie. Daar is vir my iets baie opgooierig aan hierdie obsessie met being ageless en wat dit beteken om ’n vrou te wees.
Hoekom moet ons Donkerbos kyk?
Ek dink mense word deur goeie skryfwerk en goeie vertellings ingetrek. As jy Donkerbos kyk, gaan jy wil weet wie die moordenaar is, en jy gaan wil hê hulle moet gestop word voordat nog ’n kind sterf. Dit gaan jou tot die einde toe laat raai . Maar dit is meer as net ’n whodunnit; dit is ook ’n hoekom-dunnit wat jou empatie sal laat voel op maniere wat jy nie verwag nie.
Binge sommer ook Scheepers en Nagvlug Films se bekroonde reeks, Nêrens, Noord-Kaap, op Showmax. Dié gesinsdrama, wat beste redigering by die SAFTA’s in 2022 gewen het, sien vir Albert Pretorius, Geon Nel en De Klerk Oelofse as vervreemde broers wat na hul familieplaas terugkeer en speel teen die agtergrond van die harde Noord-Kaapse landskap, asook die spoke van hul gedeelde verlede, af. Frank Opperman en Ilse Klink maak ook deel van die rolverdeling uit. Soos News24 in hul 5-ster-resensie gesê het: Nêrens, Noord-Kaap is ” ’n triomfantlike vertoonvenster van die beste wat plaaslike TV kan bied… Jy sal elke stukkie daarvan wil geniet.”
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,073,771 post views in totaal sedert 1 November, 2019.