Eers so bietije F1
Dis die tweedelaaste Formula 1 naweek van 2022 met die Brazilian Grand Prix wat die vierde kortste track is van hierdie jaar se kalender. Hamilton her verlede jaar eerste plek gevat met ‘n gap van meer as 10 sekondes tussen hom en Verstappen nadat hy van sewende plek af ingehaal het op lap 59. Dit was ‘n fokken exciting race gewees en ons kan hierdie naweek ook ‘n exciting race verwag want Interlagos is een van die beste circuits van alle tye. Dis een van die laaste old school ciruits op die kalender en het baie karakter en supergees. Die aksie skop dadelik af, want die beste plek om ander ouens verby te steek, is turn 1 met die volgende opportunity by turn 4.
Wat hierdie naweek se F1 race exciting maak is dat daar weer ‘n sprint race is, so die naweek se skedule lyk as volg:
Vrydag 11 Nov – practice 1 om 17:30
Vrydag 11 Nov – qualifying om 21:00
Saterdag 12 Nov – practice 2 om 17:30
Saterdag 12 Nov – Sprint om 21:30
Sondag 13 Nov – racing om 20:00
Kom ek probeer maar weer predictions waag:
Ek wil bitter graag hê dat my bestie, Sergio Perez, tweede moet eindig ip die 2022 season so hier is my raaiskoot vir die naweek: 1. Verstappen, 2. Perez, 3. Hamilton, 4, Sainz, 5. Leclerc, 6. Russel, 7. Alonso, 8. Norris, 9. Ocon, 10. Vettel. Ek gaan nie bother met die res nie, maar ek gaan raai dat Bottas, Ricciardo, Vettel, Gasly, Ocon en Magnussen gaan fight vir vir plekke 10 -15
En nou vir die res van jou naweek se streaming kykgenot:
Dis ‘n lekker mixed bag van movies vir die kids, twee reekse wat op ware gebeure gebasseer is, ‘n nuwe superhero movie, ‘n befokte nuwe sci-fi reeks wat jy gaan wil binge en dat so bietjie Afrikaanse kuns en kultuur met ‘n glas rooiwyn.
The Snail and The Whale
Kom ons skop sommer duly af met iets vir die kinders, want ons het dit lanklaas gedoen. Gooi hierdie op jou iPad of die TV vir jou bankbalansverwoester wanneer jy 27 minte kort om net at least een bier in vrede te drink. ‘n Klein slakkie gaan op ‘n epic reis deur ‘n lift te score op die stert van ‘n groot boggelrugwalvis. Dis gbaseer op die prenteboek wat geskryf deur Julia Donaldson en geïllustreer is deur Axel Scheffler. As jy ‘n ekstra uur en ‘n half kort vir drie dubbel brannas en Coke, sit vir die raasbekke Maya the Bee 3 ook sommer op.
Rating: 7.3
Vanuit die peanut gallery:
“Finally! 😃 The Snail and the Whale comes to life. Let’s hope next year is The Smartest Giant in town”
Super Pumped. The Battle For Uber
Joseph Gordon-Levitt neem jou op ‘n a roller-coaster ride in hierdie drama wat op werklike gebeurtenisse gebasseer is. Volg die journey van die upstart transportation company wat amper elke dronkgat regoor Suid-Afrika amper elke naweek gebruik. Dis ‘n company wat Silicon Valley vir altyd verander het, skiem ek en nou kan ons die story agter die storie ontdek. As AirBnB se origin storie exciting genoeg is, hoop ek daar word ‘n reeks daarvan ook gemaak. Die nerds wat wat die wêreld regeer se verhale is altyd moerse interesting!
Rating: 7.3
Vanuit die peanut gallery:
“I was waiting for an Uber while watching this trailer…”
McMillions
Na die Uber storie lan jy net sowel McMillion$ ook kyk. In die 1990’s het McD’s ‘n Monopoly-promotion gerun wat pryse aan sy kliënte weggegee het. Hierdie ses-delige dokumentêre reeks vertel die verhaal van ‘n skelm wat $24 miljoen gesteel het deur ‘n bedrogspul wat aan die kompetisie gekoppel is. Alhoewel hierdie die grootste geval van bedrog in die Amerikaanse geskiedenis was destyds, het hierdie moerse nuuswaardige storie amper fokol coverage gekry nie as gevolg van die terroriskonte wat op 9/11 in die World Trade Center in gevlieg het met Boeings. Die verhoor van die bedrogspul se master mind het actually op 10 September 2001 begin, ‘n dag voor die tereuraanval.
Rating: 7.2
Vanuit die peanut gallery:
This series was amazing! Except I’m pissed that I couldn’t win shit because of that piece of shit uncle jerry.
Venom. Let There be Carnage
Eddie Brock sukkel om aan te pas by sy nuwe lewe as die host van die alien simbiote Venom, wat hom super-human abilities gee om ‘n dodelike vigilante te wees. Brock probeer om sy loopbaan weer te laat herleef deur onderhoude te voer met die reeksmoordenaar Cletus Kasady, wat die host word van die simbiote alien, Carnage, en ontsnap uit die tronk na ‘n mislukte execution. Check bietjie wanneer Brock Mev Chen se winkel binnegaan, Venom maak ‘n stapel tydskrifte netjies. Op die voorblad van die boonste tydskrift is die Marvel-skrywer Stan Lee.
Rating: 5.9
Vanuit die peanut gallery:
“I love the way Cletus becomes Carnage. Unlike how Eddie becomes Venom. Cletus’ face contorts and morphs into Carnage. While Venom surrounds Eddie’s sorts like Venom is absorbing Eddie”
The Man Who Fell To Earth
Goeie fok! Sit hierdie reeks sommer heel bo aan jou kyklysie vir die naweek, want dit is een van die beste fokken reekse van 2022! ‘n Alien beland op aarde aan met ’n missions: om te leer hoe om mens te word en die een vrou te vind wat kan help om sy spesie te red. Saam ontdek hulle dat om sy wêreld te red, hulle eers planeet aarde moet red. As jy ‘n fan van sci-fi is, gaan jy hierdie verslind! Elke episodes is vernoem na tunes deur David Bowie, wat die hoofrol in die oorspronklike movie van 1976, The Man Who Fell to Earth vertolk het.
Rating: 7.2
Vanuit die peanut gallery:
“My god what an absolutely brilliant show! Writers 👏🏻 casting directors👏🏻 director👏🏻 actors 👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻 45 years of life and it’s been far to long since the stars alined to creat such a work of art! Thank you to all involved👏🏻”
Kerkorrel: 20 Jaar Later
Saterdagaan 20:30 kan jy so bietjie tyd maak vir kuns en kultuur. Dit is surrealisties dat Johannes Kerkorrel ons reeds 20 jaar gelede verlaat het. Tog voel dit gepas dat die nuwe uur lange dokumentêre film, ‘Kerkorrel: 20 Jaar Later’, Suid-Afrikaners aan die stem van ’n generasie herinner. Jy kan dit hierdie Saterdagaand om 20:30 op kykNET check, toevallig presies 20 jaar na Kerkorrel se dood.
Rating: Daar is nie ‘n offical rating nie, maar ekself sal dit ‘n 6.2 gee.
Vanuit die peanut gallery:
“Die oomblik wat hy weg is, is almal sy grootste fan weer gewees en almal bring hulde. Maar mense vergeet van half-vol kamertjies en klein teatertjies en swak bywoning by feeste. Dis tipies van hierdie industrie – ons kyk nie na ons mense nie. Nico Carstens is in ’n agterkamertjie in armoede oorlede. Soveel mense wat absolute juwele in ons land was, is net nie na gekyk nie…”
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,084,039 post views in totaal sedert 1 November, 2019.