Jirre,ek hoop nie jy het vir Black Friday scams geval vandag nie. Hou maar jou fokken ogies oop vir mense wat jou vir ‘n poes probeer vat en pryse inflate het voor vandag en dan maak asof daar heavy discount was. Ekself het twee lekker deals gescore – ek het 8kg chloor by Checkers gekry vir R270. Julle ouens met swemdaddens sal weet dat chloor moerse duur is. Like oor die R400 per emmer! Ek het sommer 2 gevat en ek hoop my vrou het onthou om vir ons nog twee te gryp. Verder het ek ons huis se geyser laat convert na solar toe met daai swart tubes vibes wat op jou dak lê en warm word en dan met ‘n battery en ‘n pomp sorg dat jy warm water het. Ons het ‘n 200-liter geyser, so ons moes ‘n 20-tube outjie kry. Blykbaar gaan ons nou naby aan R1000 per maand spaar waaroor ek fokken verheug is! Die goeters kos gewoonlik hier tussen R18k en R20k en ek het dit gescore vir R17500. Drop my ‘n e-mail as jy my connection se deets soek, dan hook ek jou op….
Hierdie naweek het ek vir jou drie lekker voorstelle van wat om te stream. Twee kief movies en ‘n lekker series. Check ook vir ons top 9 kyklysie hieronder. Dalk krap jy daar ook iets lekker uit. Ek doen nogal elke week.
Geniet hom!Candyman
Don’t say his fokken name! Vir so lank as wat inwoners kan onthou, is Chicago se housing project in die Cabrini Green-woonbuurt geterroriseer deur ‘n word-of-mouth spookstorie van’n supernatural killer met ‘n hoek vir ‘n hand wat ge-summon word as jy sy naam vyf keer voor ‘n spieël hardop sê (huh, ek het gedog dis drie keer?). So daai was die oorspronklike movie se vibe in 1995. Terug in die hede, ‘n dekade na die Cabrini Towers ge-demolish is, is die visuele kunstenaar Anthony McCoy (Yahya Abdul-Mateen II van Watchmen en Us) en sy gilfriend, Brianna Cartwright (Teyonah Parris van If Beale Street Could Talk en The Photograph), besig om te trek na ‘n luukse solderwoonstel in Cabrini, nou bykans onherkenbaar ge-gentrify. Angstig om sy status in die Chicago-kunswêreld te behou, begin Anthony om die ware verhaal agter Candyman in sy skilderye te verken, en ontketen onwetend ‘n skrikwekkende nuwe golf van geweld.
Broek, ontmoet poef!
Rating: 5.9
Vanuit die peanut gallery:
“Step 1: Catch a bee Step 2: Sneak bee into movie theatre Step 3: Wait for characters to summon Candyman Step 4: Release bee in movie theatre Step 5: Enjoy.”
The Many Saints of Newark
Voordat hy die berugte misdaadlegende geword het, was die jong en onervare Anthony Soprano onder die vlerk van sy vaderfiguur en mentor, Dickie Moltisanti. Teen die agtergrond van rasse-ongeregtigheid tydens die gewelddadige 1967 Newark-onluste in die strate van Newark, New Jersey, en ‘n vernietigende, algehele bendeoorlog met ambisieuse, magtige uitdagers, maak Uncle Dickie vir Tony touwys en dit baan die weg vir ‘n nuwe era in misdaad. Hierdie is The Sopranos’ se prequel. Tony Soprano word gespeel deur Michael Gandolfini (The Deuce). Die Co-stars is Leslie Odom Jr. (Broadway’s Hamilton, One Night In Miami), Vera Farmiga (The Conjuring), Ray Liotta (Goodfellas), Michael Imperioli (The Sopranos, The White Lotus S2), Corey Stoll (House of Cards), Alessandro Nivola (American Hustle) en Jon Bernthal (We Own This City). Shame, en nou is beide James Gandolfini en Ray Liotta nie meer met ons nie. Michael Gandolfini is natuurlik James Gandolfini (wat die rol van Tony Soprano vertolk het) se laitie.
Rating: 6.3
Vanuit die peanut gallery:
“Hits right in the spot especially when it’s his son playing the younger him. R.i.p James Gandolfini.”
Dune
Fokkit, hierdie was nou ‘n lekker movie om by die flieks te gaan kyk op die big screen. Dit was die 12de grootste box office hit van 2021 wêreldwyd , het 6 Oscars gewen, 5 BAFTAs, 3 Critics Choice awards en meer as 150 ander awards. Dune vertel die verhaal van Paul Atreides (Timothée Chalamet), ‘n briljante en begaafde jong man wat gebore is in ‘n onbegryplike groot desirny, en wat moet reis na die gevaarlikste planeet in die heelal om die toekoms van sy gesin en sy mense te verseker. Soos konflik groei oor die planeet se karige supplies van die kosbaarste hulpbron wat bestaan – ‘n kommoditeit wat in staat is om die mensdom se grootste potensiaal te ontsluit – sal net diegene wat hul vrees kan oorwin, oorleef. Gaan lees ook gerus die review wat ek oor die movie geskryf het nadat ek dit gaan kyk het.
Rating: 8.0
Vanuit die peanut gallery:
“Even Herbert himself wouldn’t have found the words to describe how good this film is. A life-long Dune fan to other Dune fans, they didn’t ruin it. They might have somehow elevated Dune to another level and I didn’t think that would ever be possible. See it as a soon as possible on the biggest screen you can find.”
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Tali’s Joburg Diary Tali’s Joburg Diary volg op die uiters gewilde Tali’s Wedding Diary en Tali’s Baby Diary waarin ons eers Tali (Julia Anastasopoulos) se troue-manewales en toe haar swangerskap-dramas kon meemaak. Dié keer trek Tali, manlief Darren (Anton Taylor) en kleuter Jayden noodgedwonge terug Joburg toe. Tali se appelkar is omgegooi, jy sien. Die kredietkaarte is oortrokke, bankbalanse is in die rooi, en beurtkrag is nie al rede hoekom hul ligte af is nie. Die tog terug Joburg toe beteken ook dat Jayden by ’n kleuterskool ingeskryf moet word – ’n kompetisie-arena soos min. Dís dan juis ook wat as inspirasie vir dié seisoen gedien het. Lees verder |
||
Die Real Housewives van Pretoria S1 Ses glansryke Afrikaanse vroue is deel van die reeks: Renske Lammerding besit die Mrs. Globe-skoonheidskompetisie, die geskeide pastoor Marié Bosman het ‘n vlieënierlisensie en twee doktorsgrade, Talana Khun bestuur die aanlynwinkel Earth DK, Mel Viljoen is die hoof van Tammy Taylor Nails, Rhona Erasmus is ’n entrepreneur, en TikTok-influencer, Kiki La Coco, is die vrou van die multi-miljoenêr mynboukonsultant Malcolm Wentzel.. Lees verder |
|
|
The Crown S1-5 Die über-gewilde, semi-biografiese reeks The Crown hou kykers sedert 2016 op die punt van hul stoele. Die bekroonde drama volg die lewe van koningin Elizabeth II. Dit strek vanaf haar troue aan prins Philip, die hertog van Edinburg, tot vroeg in die 21ste eeu. Oor die loop van die bestaande vyf seisoene het baie drama en sagas afgespeel, met ’n sesde seisoen op pad. Glo sal die storie met die sesde seisoen afgesluit word. Die eerste seisoen strek vanaf die troue in 1947 tot 1955 met Winston Churchill wat as eerste minister bedank. Die tweede seisoen volg die gebeure tussen 1956 en 1964. In dié tyd is prins Edward gebore. Die derde seisoen duur van 1964 tot 1977. Ons ontmoet dan vir Camilla Shand, wat later groot wrywing in prins Charles en prinses Diana se huwelik sou veroorsaak. In die vierde seisoen, wat strek vanaf 1979 tot die vroeë 90’s, is Margaret Thatcher en prinses Diana die hooffokus van die storielyn. Lees verder |
||
The Rehearsal S1 The Rehearsal kyk na als wat een man sal doen om die onsekerhede van die alledaagse lewe te verminder. Met ’n konstruksiespan, ’n legio akteurs, en oënskynlik onbeperkte hulpbronne, laat Nathan Fielder (How To With John Wilson) gewone mense toe om vir die lewe se grootste oomblikke voor te berei deur in simulasies daarvoor te “repeteer”. Lees verder |
|
|
Monarch S1 Dié nuwe dramareeks draai om die Romans, die sogenaamde first family van country musiek. Hulle is ook die eienaars van platemaatskappy Monarch – einste waarvan die reeks se titel afkomstig is. Aan die hoof van die gesin staan Pa Albie (Trace Adkins) en sy vrou, Dottie Cantrell Roman (Susan Sarandon). Daar heers egter ’n lekker magstryd tussen hul kinders, synde Dottie haar ouer dogter, Nicky (Anna Friel) voortrek. Dít maak jonger sussie, Gigi (Beth Ditto) net meer desperaat vir die kollig. Daar is ook hul aantreklike broer, Luke (Joshua Sasse), Monarch se uitvoerende hoof. Maar as hy ’n verhouding met een van sy susters se stukkies aanknoop, trek donderwolke om die gesin saam. Lees verder |
||
Dead to Me S1-3 Dead to Me se skryfwerk is slim, die spel is skerp, en jinne, ek gaan dié karakters mis. Die onwaarskynlike vriendskap tussen Jen en Judy is wat die storielyn so meesleurend maak.Die reeks het ’n punt van 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met die konsensus dat dit juis die uithalerspel van beide hoofspelers, Christina Applegate en Linda Cardellini, is wat die reeks verhef. Lees verder |
||
The Wife S1-3 Die derde seisoen draai om twee star-crossed lovers. Aan die een kant is daar die Tswana-dokter Naledi Montsho, en aan die ander is die Zoeloe-taxibestuurder, Qhawe. Naledi word deur Gaisang K Noge vertolk, met Kwenzo Ngcobo as Qhawe. “Met Naledi wat vermis word en die Zoeloe-broers se misdade nou voorbladnuus, gaan die derde en laaste seisoen van The Wife hoogdrama oplewer,” sê die reeks se hoofskrywer, Busisiwe Ntintili. Lees verder |
||
Fraksie S1 Fraksie is geskep deur die skrywer-vervaardigers Louis Pretorius en Albert Snyman. Hulle is ook vir trefferreekse soos Die Boekklub, Troukoors en Fynskrif (al drie is op Showmax) verantwoordelik. Fraksie draai om ’n beleggingsbestuurder wat drome koester om eendag ’n dollar-miljoenêr te word. Die reeks spog met ’n skitter-rolverdeling wat onder andere Edwin van der Walt, Marlo Minnaar, Trix Viviers, Crystal Donna Roberts, Melt Sieberhagen, Roeline Daneel en Lee-Ann van Rooi insluit. Lees verder |
||
Elite S1-6 Die sesde seisoen van Elite tel op ná nog ’n Las Encinas-student se dood met die skool wat sy elite reputasie probeer beskerm. Makliker gesê as gedaan – dit blyk die studente is moeg daarvoor dat sistemiese probleme soos rassisme, seksisme, mishandeling en LGTBI-fobie onder die mat gevee word. Daar is ook twee nuwe studente. Isadora is die jong erfgenaam van ’n groot nagklub-sakeryk, en Iván is die seun van die wêreld se grootste sokkerster. Die nuwe seisoen is die eerste een waarin daar glo geen van die karakters van die eerste drie seisoene (steeds die bestes, as jy my vra…) verskyn nie. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,073,832 post views in totaal sedert 1 November, 2019.