Daar is bittermin Afrikaanse metal bands waarvan ek bewus is. Daar is beslis bittermin wat fokken goed is. Off the cuff dink ek dadelik aan die band K.O.B.U.S! met Theo Crous van Springbok Nude Girls en Francois Blom van V.O.D. Hulle word in die algemeen beskou as ‘n ‘exteme metal band’ wat in 2000 gevorm is. Hierdie brasse het 3 albums release: Kobus! (2002), 100% Skuldgevoelvry (2004) en Swaar Metaal (2007) waarvoor hulle in 2008 ‘n SAMA gewen het vir Best Afrikaans Rock Album by die 14de jaarlikse South African Music Awards. Wat amper niemand egter besef nie, is dat K.O.B.U.S! nie uit die wegspringblokke ‘n metal band was nie, en dat hulle actually eers met die release van Swaar Metaal as ‘n metal band beskou kon word. Kobus! (2002) en 100% Skuldgevoelvry was ‘n fokken weird mix van genres wat nie naby metal gekom het nie, en jy kan daardie eerste twee albums ook op geen platform stream nie. Dit is slegs op CD release, so as jy original copies van daardie eerste twee albums het, soos ek, is dit poesbaie werd want dit is skaars as fuck. Jy kan wel na Swaar Metaal op Spotify luister. En maybe moet jy dit eers gaan luister om te besef hoe min daar actually in hierdie spesifieke Afrikaanse genre gebeur het oor die afgelope 14 jaar en te waardeer watter sprong daar in technical ability en musikale skill is tussen K.O.B.U.S! van destyds en Worsie Van Wyk van nou.
Die musikale landskap lyk natuurlik ook heeltemal anders vandag, alles te danke aan tech en IT se skerp groei, maar talent is steeds talent. Worsie Van Wyk (click op die fokken link en gaan like hom op Facebook) sit beslis al die ure en sweet in en daar is geen tekort aan verbeelding, vindingrykheid en talent nie. Sy techincal ability is verbeisterend en sy musiekstyl herinnder baie sterk aan onder meer international metal bands soos Pantera, Slipknot, Coal Chamber en Machine Head, wat ek vermoed ‘n groot invloed gehad het op Worsie se styl en keuse van musiek. Al wat hy verder moes doen, was om piele Afrikaanse lyrics te skryf en ‘n two-tone pakkie aan te trek. Ek dink nie die look is iets wat sommer vinnig ge-copy gaan word nie, maar maybe skud dit darem bietjie die genre se hoenderhok. Ek dink nie mens moet na Worsie se musiek as “Afrikaanse Metal” verwys nie, maar eerder “Pret Metal”.
Worsie het onlangs ‘n handjievol gabbas gekommandeer en ‘n music video vir sy treffer Oerknal gaan skiet op ‘n plaas buitekant Pretoria-Noord. Die video is moerse basic, maar dis ook moerse lekker! Gaan gee dit ‘n like, comment en subscribe, soos die YouTube influencer nole sou sê…
Watkykjy staan op 3,074,298 post views in totaal sedert 1 November, 2019.
Wolmer vibes