Ek sit vandag met ‘n bek vol tande en kop vol spookasem, so ek gaan die intro maar probeer kort hou, want die hangover wat soos ‘n papegaai op my skouer sit maak my fokken huilerig. Jy sien, ek en die goose was gisteraand by kykNET se launch van die nuwe uiterste zef Afrikaanse TV-reality reek,s Die Real Housewives van Pretoria. Duuuude, ek weet nou jy tune jy gaan dit glad nie kyk nie, want ek wou dit vir ‘n fok nie kyk nie, maar dis car crash TV op sy beste. Ek wil kyk of ek een van die housewives kan interview, want nou het ek ‘n morbid fascination met die reeks.
Anyway, die launch was super luuks gewees met die lekkerste kos en heeltemal te veel verniet champaigne en bier. En ek onthou ook sopas dat ek my naam tottie gemaak het op die dansvloer. Die result is dus ‘n goeie dosis skaam en ‘n swaar hoenderkop. Ek het wel vanoggend vroeg opgestaan en gemanage om vir julle topklas kykgenot uit te krap en ek skiem ek het met ‘n piele lys vorendag gekom. Na ek die rooi knop gedruk het op hierdie artikel gaan ek in die swembad in bliksem en daarna gaan ek een met die couch word en hierdie lys van bo tot onder begin deurwerk. Die nuwe movies kom almal uit 2021 uit en die twee classics is absolute bangers! Mag jou naweek salig as fuck wees!
The Suicide Squad (2021)
Die super bad-ass skurke bekend as The Suicide Swuad bestaan uit Harley Quinn, Bloodsport, Peacemaker en so paar ander mal fokkers uit die Belle Reve tronk wat ‘n deal maak vir ligter tronkstrawwe en in ruil daarvoor die geheime Task Force X join. Hulle word gedrop by ‘n afgeleë eiland, Corto Maltese waar hulle ‘n moerse klomp enemies moet aandurf. Dis ‘n moerse lekker cast en sluit onder andere in Sylvester Stallone (Cobra), Margot Robbie (Bombshell) en John Cena (Peacemaker).
Vanuit die peanut gallery:
“Man who’s ever idea to pick Margot Robbie to play Harley Quinn is a genius”
The Ice Road
Nadat ‘n afgeleë diamantmyn in die verre noordelike streke van Kanada inmekaarfok, lei ‘n ice trucker , vertolk deur Liam Neeson (Schindler’s List)’n haas onmoontlike resque mission oor ‘n gevriesde oseaan om die lewens van die vasgekeerde mynwerkers te red. Die ys is egter besig om te smelt en daar is nog ander kak ook vir die mense gebook. Netflix het $18m betaal vir hierdie movie se distribution rights!
Vanuit die peanut gallery:
“I think Liam Neeson just travels from studio to studio in a golf cart filming multiple movies each day wearing the same clothes and facial hair, playing the same badass yet kindhearted character. *he just asks to be reminded what the name of the character is.”
Night Raiders
Night Raiders speel af in ‘n distopiese Noord-Amerika in die jaar 2044, en fokus op ‘n Cree-vrou genaamd Niska (veelbekroonde Elle-Máijá Tailfeathers), wat aansluit by ‘n ondergrondse groep vigilantes in ‘n poging om haar dogter van die militêre regering te red . Cree-Métis-skrywer-regisseur Danis Goulet het die Emerging Talent-toekenning by die Toronto Internasionale Filmfees vir Night Raiders gewen, wat deur die Oscar-wenner Taika Waititi (What We Do In The Shadows) vervaardig is. Night Raiders het onder andere ook ses 2022 Canadian Screen Awards gewen.
Vanuit die peanut gallery:
“Nice to see Canada and New Zealand represented on the big screen together. I really liked it. Now excuse me while I go watch Children of Men again.”
Snake Eyes: G.I. Joe Origins
Nadat hulle die lewe van hul erfgenaam gered het, word die hardnekkige alleenloper Snake Eyes, verwelkom in ‘n antieke Japannese stam genaamd die Arashikage waar hy die ways van die ninja leer. Regte ninjas se gevegkuns, nie Waddy Jones se abuse nie. Wanneer geheime uit sy verlede onthul word, sal Snake Eyes se eer en getrouheid getoets word – al beteken dit dat hy die trust van dié naaste aan hom sal verloor. Hierdie is die laaste movie wat die 2012 MGM leeu feature.
Vanuit die peanut gallery:
“The marketing team really screwed up on this one Never even heard of this movie before I saw a poster at the cinema, had to search up this trailer“
The Adams Family
Hierdie movie is ‘n super lekker classic uit die 90s! Wanneer ‘n man wat beweer dat hy is Fester, Gomez Addams se vermiste broer, by die Addams se huis aankom, is die moerse gesin opgewonde. Maar Morticia vermoed die man is ‘n bedrieër omdat hy fokol besonderhede van Fester se lewe kan onthou nie. Met die hulp van die prokureur Tully Alford kry “Fester” dit reg om die Addams-clan te evict. Gomez besef dat die twee assholes saamsweer om die Addams-fortuin te steel en dat hy “Fester” moet challenge. Na die release van die fliek het kinders Raul Julia gereeld as Gomez Addams in die publiek herken, wat volgens hom altyd ‘n glimlag op sy gesig gebring het. Julia het gereken dat Gomez Addams by verre sy gunsteling rol ooit was, en sy familie het gesê dat hierdie erkenning veral vir hom betekenisvol was in die laaste maande van sy lewe, want hy was baie lief daarvoor om vir kinders op te tree en hulle gelukkig te maak wanneer die geleentheid hom sou voordoen. Christina Ricci was 9 jaar oud toe hierdie movie uitgekom het! Check haar gerus nou ook uit in Yellow Jackets, 30 jaar na The Adams Family!
Vanuit die peanut gallery:
“I just finished watching this movie with my dad. He told me the Addams Family was one of his favourite shows (original version) growing up, watching it with his dad. I will forever remember and cherish this moment ❤”
Top Gun
As jy nou ‘n 80s goudmyn van references soek, moet jy absoluut Top Gun kyk – een van die beste movies in die 1980s en beslis die heel beste movie wat in 1986 uitgekom het! Tom Cruise (Rain Man) vertolk die rol van Maverick, ‘n bekwame maar roekelose, selfsugtige en rebelse vlieënier. Hy en sy partner Goose word aangesé om na Top Gun, ‘n militêre skool vir uitnemende vlieëniers, te gaan. Voor jy kan sê ‘broeknaai’, knoop hy ‘n verhouding aan met die instrukteur Charlie en maak terselfde tyd vyande met Ice Man en Slider. Wanneer Goose in ‘n ongeluk sterf, besluit Maverick om Top Gun verlaat, maar sy tjomme wil fokol van hierdie planne weet nie…
Vanuit die peanut gallery:
“I never understood why older people always talked about how iconic this film was until I watched it. It’s so iconic because not only does it have a cool story and visuals, it’s literally catches everything about the 80’s in 2 hours. The amount of references people have used from this movie are unreal!”
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Die Real Housewives van Pretoria S1 Ses glansryke Afrikaanse vroue is deel van die reeks: Renske Lammerding besit die Mrs. Globe-skoonheidskompetisie, die geskeide pastoor Marié Bosman het ‘n vlieënierlisensie en twee doktorsgrade, Talana Khun bestuur die aanlynwinkel Earth DK, Mel Viljoen is die hoof van Tammy Taylor Nails, Rhona Erasmus is ’n entrepreneur, en TikTok-influencer, Kiki La Coco, is die vrou van die multi-miljoenêr mynboukonsultant Malcolm Wentzel.. Lees verder |
||
Fraksie S1 Fraksie is geskep deur die skrywer-vervaardigers Louis Pretorius en Albert Snyman. Hulle is ook vir trefferreekse soos Die Boekklub, Troukoors en Fynskrif (al drie is op Showmax) verantwoordelik. Fraksie draai om ’n beleggingsbestuurder wat drome koester om eendag ’n dollar-miljoenêr te word. Die reeks spog met ’n skitter-rolverdeling wat onder andere Edwin van der Walt, Marlo Minnaar, Trix Viviers, Crystal Donna Roberts, Melt Sieberhagen, Roeline Daneel en Lee-Ann van Rooi insluit. Lees verder |
||
The Brave Ones S1 Plaaslike sepielegendes soos Tony Kgoroge, Lindani Nkosi en Anelisa Phewa span kragte saam in die nuwe wetenskapfiksie-reeks, The Brave Ones. The Brave Ones draai om Ntsiki (Sthandile Nkosi), ’n godin wat as ’n mens gereïnkarneer is om wraak ná haar suster se dood te neem. Maar eers moet sy leer hoe om haar magte te beheer. Eers dan sal sy haar vyande kan verslaan en haar gesin te red. Dié boeiende reeks speel in hedendaagse Suid-Afrika af. Dit is, soos Showmax se Blood Psalms, geïnspireer deur die ryk mitologie van Afrika-gode en goddelike wesens. Lees verder |
|
|
The Rehearsal S1 The Rehearsal kyk na als wat een man sal doen om die onsekerhede van die alledaagse lewe te verminder. Met ’n konstruksiespan, ’n legio akteurs, en oënskynlik onbeperkte hulpbronne, laat Nathan Fielder (How To With John Wilson) gewone mense toe om vir die lewe se grootste oomblikke voor te berei deur in simulasies daarvoor te “repeteer”. Lees verder |
|
|
Better Call Saul S6 Met die aanvang van die sesde seisoen, tel ons op waar die vyfde aflewering afgesluit het. Die eerste nege episodes speel in 2004 af – vier jaar voordat Jimmy McGill/Saul Goodman uiteindelik vir Walter White (Bryan Cranston) en Jesse Pinkman (Aaron Paul) in die eerste seisoen van Breaking Bad sou ontmoet. Dis dan hier waar die tydlyne van die twee reekse mekaar ontmoet en kruis. Lees verder |
||
Fate: The Winx Saga S1-2 Fate: The Winx Saga volg die coming-of-age-storie van ses feë by ’n magiese kosskool, Alfea. Daar leer die lot hoe om hul kragte terselfdertyd as gewone tienerwees-probleme te bemeester. So tussendeur verlief word is daar mos altyd ’n monsterlike kreatuur wat dreig, hoe dan nou anders? Die reeks is gegrond op die Italiaanse spotprent Winx Club, en gelei deur The Vampire Diaries-skepper Brian Young. Lees verder |
||
P-Valley S1-2 Die strip club-dansers van die Dirty Delta is terug vir ’n tweede seisoen van die bekroonde drama, P-Valley. Met Covid wat daartoe gelei het dat Pynk sy deure moes sluit, kom oom Clifford (Nico Annan) en Autumn Night (Elarica Johnson) met ’n opwip-alternatief vorendag… ’n Deurry-karwas, waar gemaskerde vroue vir jou ’n neonverligte vertoning gee. Lees verder |
||
The Bay S1-3 In die tweede seisoen het ons gesien hoe Lisa Armstrong (Morven Christie) ná haar skorsing ’n paar range na speurkonstabel afgeskuif is. Sy is toe by die ondersoek na die moord op ’n prokureur betrek en haar eksman het boonop ook sy opwagting gemaak met sy onverwagte terugkeer na Morecambe. Lees verder |
|
|
Derry Girls S1-3 Die reeks speel af in die 1990’s teen die agtergrond van die Noord-Ierse konflik en sektariese geweld tussen Katolieke en Protestante. (Ook bekend as die “Troubles”-tydperk.) Die storie volg die wedervaringe van vyf tieners: Erin Quinn (Saoirse-Monica Jackson), Erin se niggie, Orla (Louise Harland), hul vriende Clare (Nicola Coughlan) en Michelle (Jamie-Lee O’Donnell), en Michelle se neef James (Dylan Llewellyn). Ons het oor die verloop van die eerste twee seisoene gesien hoe die karakters in absolute absurde situasies beland soos hulle hulself en mekaar leer ken. Die derde seisoen sluit hierdie coming-of-age-reis dan af. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,056,139 post views in totaal sedert 1 November, 2019.