Ons gaan nie vandag doekies omdraai nie. Ons gaan dinge kort hou, maar jy gaan dalk moet broekies omdraa, want ons het vir jou ‘n lys van meer as 20 broekkakkers. Dis Halloween hierdie naweek en ons het vir jou meer as 20 movies om te stream. So stuur vir mamma ‘n WhatsApp boodskappie dat jy baie lief is vir haar, want jy gaan bangmaakflieks op die groot TV kyk, full screen! Daar is in elk geval net 2 maniere om ‘n horrorfliek te oorleef – wees die kameraman of wees deel van die roldverdeling.
Gryp jou snacks en ‘n flits en hoop om godsnaam dat die krag nie kak op ‘n hectic deel van enige van hierdie movies nie. Loadshedding kan dalk ‘n ander betkenis kry hierdie naweek en jy mag dalk net ‘n Lunch Bar drop in jou onna!
A Quiet Place 1 en 2
Dié wat oorleef moet net een reël nakom – moenie ‘n fokken geluid maak nie, of jy kak volgende! Emily Blunt (Young Victoria) en John Krasinki speel in A Quiet Place I en II as ouers in ‘n post-apokaliptiese wêreld, waar hul gesin gedwing word om in absolute stilte te leef terwyl hulle wegkruip vir monsters met ultra-sensitiewe gehoor. A Quiet Place is die 10de beste rated horror movie van alle tye op Rotten Tomatoes met ‘n 96% rating. A Quiet Place 2 het opgeëindig as died 15de grootse box office hit wêreldwyd in 2021. In die tweede movie word die Abbott-gesin gedwing om die onbekende buitewêreld aan te durf waar die monsters weereens staat maak op die klanke wat hulle prooi maak om hulle te jag. Die monsters is egter nie die enigste bedreiging nie. RRRRRRrrrrt! Daar fokken kak ek dwarsdeur my jeanpant!
Vanuit die peanut gallery:
“How ironic: a movie called “A Quiet Place” was nominated for Oscar for Best Sound Editing”
Vanuit die peanut gallery:
“I’m so sorry for the monsters who can’t see Emily Blunt.”
Malignant
In Malignant word Madison (Annabelle Wallis van Peaky Blinders) verlam deur skokkende visioene van gruwelmoorde – wat sy gou agterkom actually ware moorde is wat plaasvind terwyl sy toekyk en fokol daaraan kan doen nie. Die movie is direct deur James Wan, dieselfde bra wat Saw en The Conjuring direct het, Hy word beskou as een van die mees prominente en invloedryke horror directors van die afgelope twee dekades. Hierdie movie word beskou as sy mees versteurde en visionary horror movie. Jou hol gaan beslis broek vreet.
Vanuit die peanut gallery:
“his is the most original movie in the horror genre I’ve seen since I was a kid in the 80s. In fact, this movie reminds me of an 80s horror flick that’s just a lot of fun. Loved it!”
Last Night in Soho
’n Aspirant-modeontwerper (Thomasin) is vir een of ander rede in staat om die swinging sixties te besoek waar sy ‘n amazing wannabe-sangeres (Anya Taylor-Joy) ontmoet. Die glam en glitter hou egter nie moerse lank nie, en die drome van die die verlede begin kraak en splinter in iets moerse donker. Die movie is direct deur Edgar Wright wat ook verantwoordelik was vir Shaun of The Dead (wat ek nou op geen steaming service kan opspoor nie, maar graag weer wil kyk). Last Night in Soho word ook beskou as Wright se beste rolprent sedert Shaun of the Dead en een van die beste Londense flieks van die nuwe dekade.
Vanuit die peanut gallery:
“Anya Taylor-Joy is really solidifying her throne as the horror queen and also so glad to see more Thomasin McKenzie, she was so good in Jojo Rabbit, especially Leave No Trace amazing movie”
Scream
Jy ken die original Scream movie van twee dekades terug probably baie goed en hierdie nuwe offering van director Wes Craven kan beskou word as ‘n re-quel. Dit is sover die 23ste grootste box office hit vir 2022. Vyf-en-twintig jaar nadat ‘n reeks wrede moorde die stil dorpie van Woodsboro in California geruk het, trek ‘n nuwe moordenaar die Ghostface-masker aan en begin ‘n groep tieners teiken en terrify om geheime uit die dorp se dodelike verlede te laat herleef. Jou gunsteling akteurs is terug om hulle rolle te vervul: Courteney Cox (Friends’ Monica), David Arquette, en Neve Campbell. Nuwe gesigte sluit in: Jenna Ortega (You), Jack Quaid (The Boys), Jasmin Savoy Brown (Yellowjackets), Melissa Barrera (In the Heights, Vida), en Dylan Minnette (13 Reasons Why). Ek dink actually nou net daaraan: Hierdie movie is actually so iconic dat elke tweede doos Ghostface se masker dra na halloween-parties toe. Fokken luigatte! O wag, ek het ook so masker…
Vanuit die peanut gallery:
“I absolutely love that the core cast has been in EVERY single one! That makes this one of the best scary movies that can keep making movies and they are all good!”
The Conjuring 1, 2 en 3
Hierdie drie movies het gesorg vir die highest-grossing horror franchise van alle tye en het Vera Farmiga en Patrick Wilson in die rolverdeling real-life paranormal investigators Ed en Lorraine Warren. Die derde movie in die franchise was 21 grootste box office hit van 2021. Paranormal activities as ‘n tema het in die laat 2000s moerse populêr geword maar die creators en director van The Conjuring het dit next level gevat. Ek het myself heeltemal bekak met die eerste een en dit gaan baie van my neem om my grootmeisie panties aan te trek om die ander twee te kyk. Soos iemand tereg opgemekrk het: “The Conjuring is the mothership of all Horror movies”.
Moenie zol rook wanneer jy hierdie flieks kyk nie, want jy gaan fokken stemme hoor. Ek fokken belowe jou.
Vanuit die peanut gallery:
“For the people that still didn’t watch, this movie almost gave me a heart attack!!”
Freaky
Millie, ‘n minder as gewilde tiener (Kathryn Newton, Cock Blockers), ruil per ongeluk lywe met ‘n middeljarige reeksmoordenaar (Vince Vaughn, Delivery Man) wat haar dorp terroriseer. Millie en haar vriende minder as 24 uur om hierdie Murder Barbie te keer voordat die verandering permanent word. Hierdie is die minste scary movie op die lys en is actually ‘n moerse fun slasher comedy.
Vanuit die peanut gallery:
“For a comedy horror movie, this was actually really good. Vince Vaughn nails his role as a teenage girl impersonation.”
The Boy Behind the Door
Twee laities word ontvoer en na ‘n creepy huis in die middel van fokken nêrens geneem met moerse ding gange wat soos ‘n doolhof uitgelê is. Hulle enigste kans op oorlewing is om bymekaar te bly. Dis overall ‘n tense en terrifying, ride en sal die meer kieskeurige horror connoisseurs baie opgewonde maak.
Vanuit die peanut gallery:
“This is one of my favorite movies. Even if i felt like an anxious parent 😂 I love how the kids actually act like kids under severe stress and agony and make unwise decisions. Like when you’re an adult and you’re stuck in fight or flight mode for hours on end, you know the logical part of your brain turns off. Being in physical pain also makes it hard to think. So being a CHILD under that severe stress response and physical pain is going to be worse.“
Hereditary
Hierdie is movie is op die heel boonste rak sover dit broekbekakkings aanbetref. Dit was vir my fokken erg. Volgens Rotten Tomatoes is dit op nommer 18 op hulle Best Horror Movies of All Time lys. Nadat die gesin se matriarg sterf, word haar bedroefde familie agternagelaat om die donker geheime wat hulle geërf het, te ontrafel. Ek en my vrou is fokken glad nie fans van Toni Collette nie. In fact, sy is eerder ‘n minsteling as ‘n gunsteling, maar sy verbaas elke keer met elke rol wat sy vertolk, of dit nou in hierdie movie is, The Staircase, Madame of Please Stand by Me. Sy is soos Lewis Hamilton – min mense like hom, maar jy moet eerlik wees dat hy fokken goed is.
Vanuit die peanut gallery:
“This is the kind of movie that gets scarier and scarier the more you think about it. It’s not so much the watching it that gets you, it’s the idea of it.“
The Witch
Hierdie horror movie, met Emmy nominee Anya Taylor-Joy (Marrowbone), het meer as 40 international awards gewen, insluitend Directing Award by Sundance. Dis die jaar 1630 en New England en William en Katherine probeer ‘n toegewyde Christelike lewe lei, op die rand van die wildernis met vyf kinders. Wanneer hul pasgebore seun geheimsinnig verdwyn en hul oeste misluk, begin die gesin teen mekaar draai. Jirrrrrrr! So prikkelend as wat dit visually complelling is, lewer The Witch ‘n diep ontstellende en stadig-bouende horror. Dis ‘n slow burner, so jy gaan bietjies-bietjies in jou broek pis tot en met die einde en met vrees en afgryse in die bed klim en probeer om te slaap sonder om ‘n nagmerrie te kry!
Vanuit die peanut gallery:
“This is what horror should be. No jump scares, just disturbing horrific content. Not like that cookie cutter BS hollywood has been force feeding us lately. 10/10”
Midsommar
‘n Couple met issues reis ma Skandinawië om ‘n plattelandse dorpie se legendariese Sweedse midsomerfees te besoek. Dit blyk aanvanklik ‘n idilliese toevlug te wees waar hulle hule issues kan resolve maar dan raak dinge toenemend gewelddadige en bisarre en hulle kom agter dat daar heavy kult vibes is. As jy nou in die mood is om die fokken scariest movie ooit te kyk wat in helder daglig geskiet is, is hierdie die een. Dit maak dit actually meer scary!
#dubbelbroekpoef
Vanuit die peanut gallery:
“This movie was definitely created to induce an anxiety attack even on people who never experienced one.”
The Silence of the Lambs
Wat sou ‘n horror lys nou wees sonder een van die grootste classics ooit? FBI-agent Clarice Starling (Jodie Foster) word gedwing om die hulp van manipulerende kannibaal Dr. Hannibal Lecter (Anthony Hopkins) in te span om ‘n sadistiese nuwe reeksmoordenaar op te spoor. Hierdie movie was die vierde-grootste blockbuster waaay back in 1991. Movie wat destyds podium gevat het, was Terminator 2: Judgment Day, Robin Hood: Prince of Thieves en Home Alone. Tans rank The Silence of the Lambs as die 25ste beste horror movie van alle tye. Dit het ‘n toaal van 5 OScars gewen in 1992!
Vanuit die peanut gallery:
“It’s still one of the best movies ever made. The chemistry between Anthony Hopkins and Jodie Foster is amazing. And the movie is over in less than two hours. How compact the old movies were!”
Hier is vir jou ‘n verdere 8 kandidate vir broekkakkers om te consider vir jou Halloween-lysie:
- M. Night Shyamalan se Split met James McAvoy en Anya Taylor-Joy
- Darren Aronofsky se Mother! met Jennifer Lawrence en Javier Bardem
- Guillermo del Toro se Crimson Peak met Mia Wasikowska, Jessica Chastain en Tom Hiddleston
- Justin Simien se Bad Hair met Vanessa Williams
- Neil Marshall se The Reckoning met Charlotte Kirk
- Blumhouse se The Purge met Ethan Hawke en Lena Headey
- Goosebumps met Jack Black en Dylan Minnette
- Zombieland met Emma Stone, Woody Harrelson en Jesse Eisenberg.
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,067,174 post views in totaal sedert 1 November, 2019.