Jissis, wie gaan Saterdagaan wakker bly om die USA Formula 1 se qualifying te kyk? Probably ek. En wie gaan Sondagaand race kyk tussen 21:00 en 23:00 en so 5 of 6 huge fancy gin en tonic drink? Daai is fokken beslis ek! Ons vat so bietjie ‘n proper break hierdie naweek tot so Dinsdag se kant om die slegste en gemaklikste weergawes van onsself te wees by Dinkeng. Bietjie van ‘n wegbreek saam tjommies wat van die UK af kom kuier en lus is om wild te kyk en aan die einde van die vakansie wild te lyk. Daar gaan dus fokol TV gekyk word behalwe vir Formula 1 hierdie naweek.
Ek het wel so paar voorstelle vir jou om die naweek te stream, en ek gaan hierdie reekse beslis self kyk sodra ek die kans kry. Ek love myself ‘n stukkie non-fiction.
The Rehearsal
The Rehearsal explore tot watter uiterstes ‘n man sal gaan om die onsekerhede van alledaagse lewe se impak te verminder. Hy doen dit met behulp van ‘n konstruksiespan ‘n kakhuis vol aktuers en wat voel soos ombeperkte geld en resrouces. Hierdie ba is Nathan Fielder en hy help doodgewone mense om vir van hulle lewens se grootste oomblikke voor te berei deur hulle te “rehearse” en gebruik te maak van noukeruige en fynbeplande simulasies wat hy ontwerp het. Dis nogals fokken tense, skiem ek. Fok, hierdie is die eerste ding wat ek kyk sodra ek terug is van zebra en kameelperde kokkenodge! Daar is 6 episodes van 30 minute elk om te geniet.
Note to self: gaan soek kakbaie ander shows om op Nathan Fielder in dit.
Vanuit die peanut gallery:
“This man is a comedy genius people, there’s literally no chance this isn’t brilliant!”
George Carlin’s American Dream
Yes, ek weet ek het hierdie een so paar weke terug gelys, maar dis eintlik maar nie ‘n persoonlike reminder vir myself om dit te kyk omdat ek dit destyds weer fokken misgekyk het. Of besig geraak het met ander kak. Hierdie 2-delige reeks is hierdie jaar vir 5 Emmys benoem, insluitend Best Documentary Special en Directing. Stephen Colbert beskryf dit as die Beatles van comedy. Carlin se vreeslose countercultural comedy het oor meer as 5 dekades gestrek en sluit 14 HBO comedy specials in en meer as 130 appearances op The Tonight Show, tot en met sy dood in 2008. Die doccy cover die lewe en werk van die legendariese komediant, ‘n kulturele verkleurmannetjie wat onthou word as een van die mees invloedryke stand-up comics van alle tye! Dis ‘n intieme kykie na Carlin se persoonlike lewe en sluit van sy stand-up materiaal in, asook footage van sy persoonlike argiewe en interviews met sy familie, vriende en mense wat deur hom geinspireer is – legends soos Chris Rock, Jerry Seinfeld, Patton Oswalt, Bette Midler, W. Kamau Bell, en Jon Stewart.
Vanuit die peanut gallery:
“The one thing that sets George apart from other stand up comics was he is a POET first and foremost. He laced his comedy with poetry. Every comedic piece and bit is a thing of poetic beauty. Even when he morphed into an angry, grumpy old man; every sentence he uttered contained a form of rhyme or rhythm. George Carlin was an undisputed master of the English language.“
100 Foot Wave
Hoe weet ek hierdie gaan befok wees? Want dit het die HBO-stempel op! Dis ook die wenner van ‘n 2022 Emmy Award vir Outstanding Cinematography, so dis nie net ‘n klomp kontkoppies met surboard en GoPro Hero 10’s nie. 100 Foot Wave die dekade lange odyssey van big-wave surfing pioneer, Garrett McNamara wat, nadat hy ‘n klein vissersdorpie in Portugal besoek het, gehelp het om die sport beyond imagination te lig. Ses episodes van ‘n fokken wild ride wat beide aanloklik en boeiend is!
Vanuit die peanut gallery:
“As a born and raized Portuguese and living in Portugal and knowing very well Nazaré i have to say… you have to be the sanest and at the same time the insanest human being to come here and ride those waves. Some of those waves are more like atomic bombs than waves. But i thank you from the bottom of my heart for your insanity that provides some of the most beautiful images i have seen in my life.“
A Choice of Weapons: Inspired by Gordon Parks
Hierdie merkwaardige dokumentêr van net onder ‘n uur-en-‘n-halfvolg die loopbaan van baanbreker swart fotograaf Gordon Parks. Van sy werk as ‘n staff photographer vir LIFE magazine tot sy artistieke ontwikkeling en evolusie as ‘n romanskrywer en filmmaker. Hierdie doccie is ook genomineer vir twee Emmys: Best Documentary en Outstanding Arts and Culture Documentary. Hierdie bra se werk het die swart gemeenskap se struggle vir geregtigheid en waardigheid ge-highlight en op die cover pages gesit van een van Amerika se grootste magazines tussen 1948 en 1972.
Vanuit die peanut gallery:
“Mr. Parks was one of my first inspirations, his photographs and films exploded across my mind so many years ago. I celebrate this legend. Thank you Gordon for your humanity in documenting the black experience. As a white person it changed and molded me into a true human being. Thank you Sir!”
Dreamland: The Burning of Black Wall Street
Die Greenwood-distrik van Tulsa, Oklahoma, was ‘n simbool van swart welvaart – totdat ‘n rasgedrewe bloedbad dit van die aarde af gevee het. Hierdie dokumentêr ondersoek die onuitwisbare, hoewel verborge, vlek op die Amerikaanse geskiedenis.
Vanuit die peanut gallery:
“The story of the Tulsa Massacre entered the national consciousness because of Damon Lindelof’s Watchmen and Misha Green’s Lovecraft Country. Dreamland: The Burning Of Black Wall Street… feels like the first time that the voices of the victims have finally been heard.”
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Die Real Housewives van Pretoria S1 Ses glansryke Afrikaanse vroue is deel van die reeks: Renske Lammerding besit die Mrs. Globe-skoonheidskompetisie, die geskeide pastoor Marié Bosman het ‘n vlieënierlisensie en twee doktorsgrade, Talana Khun bestuur die aanlynwinkel Earth DK, Mel Viljoen is die hoof van Tammy Taylor Nails, Rhona Erasmus is ’n entrepreneur, en TikTok-influencer, Kiki La Coco, is die vrou van die multi-miljoenêr mynboukonsultant Malcolm Wentzel.. Lees verder |
||
Fraksie S1 Fraksie is geskep deur die skrywer-vervaardigers Louis Pretorius en Albert Snyman. Hulle is ook vir trefferreekse soos Die Boekklub, Troukoors en Fynskrif (al drie is op Showmax) verantwoordelik. Fraksie draai om ’n beleggingsbestuurder wat drome koester om eendag ’n dollar-miljoenêr te word. Die reeks spog met ’n skitter-rolverdeling wat onder andere Edwin van der Walt, Marlo Minnaar, Trix Viviers, Crystal Donna Roberts, Melt Sieberhagen, Roeline Daneel en Lee-Ann van Rooi insluit. Lees verder |
||
The Brave Ones S1 Plaaslike sepielegendes soos Tony Kgoroge, Lindani Nkosi en Anelisa Phewa span kragte saam in die nuwe wetenskapfiksie-reeks, The Brave Ones. The Brave Ones draai om Ntsiki (Sthandile Nkosi), ’n godin wat as ’n mens gereïnkarneer is om wraak ná haar suster se dood te neem. Maar eers moet sy leer hoe om haar magte te beheer. Eers dan sal sy haar vyande kan verslaan en haar gesin te red. Dié boeiende reeks speel in hedendaagse Suid-Afrika af. Dit is, soos Showmax se Blood Psalms, geïnspireer deur die ryk mitologie van Afrika-gode en goddelike wesens. Lees verder |
|
|
The Rehearsal S1 The Rehearsal kyk na als wat een man sal doen om die onsekerhede van die alledaagse lewe te verminder. Met ’n konstruksiespan, ’n legio akteurs, en oënskynlik onbeperkte hulpbronne, laat Nathan Fielder (How To With John Wilson) gewone mense toe om vir die lewe se grootste oomblikke voor te berei deur in simulasies daarvoor te “repeteer”. Lees verder |
|
|
Better Call Saul S6 Met die aanvang van die sesde seisoen, tel ons op waar die vyfde aflewering afgesluit het. Die eerste nege episodes speel in 2004 af – vier jaar voordat Jimmy McGill/Saul Goodman uiteindelik vir Walter White (Bryan Cranston) en Jesse Pinkman (Aaron Paul) in die eerste seisoen van Breaking Bad sou ontmoet. Dis dan hier waar die tydlyne van die twee reekse mekaar ontmoet en kruis. Lees verder |
||
Fate: The Winx Saga S1-2 Fate: The Winx Saga volg die coming-of-age-storie van ses feë by ’n magiese kosskool, Alfea. Daar leer die lot hoe om hul kragte terselfdertyd as gewone tienerwees-probleme te bemeester. So tussendeur verlief word is daar mos altyd ’n monsterlike kreatuur wat dreig, hoe dan nou anders? Die reeks is gegrond op die Italiaanse spotprent Winx Club, en gelei deur The Vampire Diaries-skepper Brian Young. Lees verder |
||
P-Valley S1-2 Die strip club-dansers van die Dirty Delta is terug vir ’n tweede seisoen van die bekroonde drama, P-Valley. Met Covid wat daartoe gelei het dat Pynk sy deure moes sluit, kom oom Clifford (Nico Annan) en Autumn Night (Elarica Johnson) met ’n opwip-alternatief vorendag… ’n Deurry-karwas, waar gemaskerde vroue vir jou ’n neonverligte vertoning gee. Lees verder |
||
The Bay S1-3 In die tweede seisoen het ons gesien hoe Lisa Armstrong (Morven Christie) ná haar skorsing ’n paar range na speurkonstabel afgeskuif is. Sy is toe by die ondersoek na die moord op ’n prokureur betrek en haar eksman het boonop ook sy opwagting gemaak met sy onverwagte terugkeer na Morecambe. Lees verder |
|
|
Derry Girls S1-3 Die reeks speel af in die 1990’s teen die agtergrond van die Noord-Ierse konflik en sektariese geweld tussen Katolieke en Protestante. (Ook bekend as die “Troubles”-tydperk.) Die storie volg die wedervaringe van vyf tieners: Erin Quinn (Saoirse-Monica Jackson), Erin se niggie, Orla (Louise Harland), hul vriende Clare (Nicola Coughlan) en Michelle (Jamie-Lee O’Donnell), en Michelle se neef James (Dylan Llewellyn). Ons het oor die verloop van die eerste twee seisoene gesien hoe die karakters in absolute absurde situasies beland soos hulle hulself en mekaar leer ken. Die derde seisoen sluit hierdie coming-of-age-reis dan af. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,071,853 post views in totaal sedert 1 November, 2019.