Sedert Jack Parow se veertigste verjaardag op 22/02/2022, stel hy elke maand op die 22ste ‘n splinternuwe single vry. Hy gaan aanhou om maandeliks ‘n nuwe rap te te laat val tot Februarie 2023 wanneer sy album, Die Evangelie van Goeie Tye, volbring is. Die heel eerste enkelsnit vanaf Die Evangelie van Goeie Tye was “Demone” met Margot. En nou het die tyd gekom om die musiekvideo ook bekend te stel. In 2021 het Parow na die Knysna woud gegaan om sy persoonlike demone in die gesig te staar. Hy het sterker as ooit terug gekom. Jack Parow is baie trots op die eerste musiekvideo wat hy al ooit self geskryf en die regie van behartig het. Hierdie musiekvideo is vrygestel om 2:22pm op Maandag, 5 September. “Demone was die eerste single van my nuutste album, DIE EVANGELIE VAN GOEIE TYE, en ook nou die eerste music video wat ek self direct en geskryf het. Dit was vir my ’n nerve-wrecking experience, maar ek is so bly ek het dit aangepak!” tune Parow.
Watkykjy staan op 3,056,162 post views in totaal sedert 1 November, 2019.