Fokkit maats, ek het lank en geduldig gewag vir hierdie movie en nou is dit uiteindelik hier! Gaia maak hierdie Halloween, Maandag 31 Oktober, sy debuut op Showmax. As daar nou ‘n deurbraak in local horror movies is, waarvan daar bewyse is dat dit kan compete met internatsionale films, is dit hierdie outjie. Jorrie van der Walt wat die movie se DOP is (director of photography) het in 2021 die Zeiss Cinematography-toekenning by South by Southwest (SXSW) in Austin, Texas gewen. Dis nogal ‘n fokken big deal, aangesien SXSW wyd beskou word as een van die vyf mees gesogte filmfeeste ter wêreld.
Gaia volg ‘n beseerde ranger op ‘n roetine-sending (Monique Rockman van Nommer 37) wat gered word deur twee off-the-grid survivalists (Carel Nel van 4 Mure en Alex van Dyk van Die Stropers). Maar… – daar is altyd ‘n ‘maar’ in horror movies, want dinge loop mos nooit reguit wanneer die kak spat nie – wat begin as ‘n moerse welkome redding, raak al hoe meer suspect soos die seun en sy renegade pa so bietjie te veel cult vibes begin afgee. Ek meen jirre – ek sal vir ‘n fok nie vir Carel Nel trust as hy so lyk en ek op hom afkom in ‘n scary bos in die Ooskaap nie. On top of that word hulle cabin aangeval deur ‘n vreemde wese so daar is duidelik ‘n groter bedreiging in hierdie ongenaakbare weildernis. Kak, ontmoet onderbroek! Rrrrrt!
Gaia, wat in die Tsitsikamma Nasionale Park afspeel, het onder meer beste rolprent, regisseur, redigeerder, klankontwerp en hare en grimering by Silwerskerm gewen, asook beste internasionale rolprent by Trieste Science + Fiction Festival. Die movie is logies eers oorsee gesmous waar dit die meeste zak gemaak het en is verlede jaar in movie theatres, op Hulu en via video-on-demand in Amerika vrygestel. Dis guinie befok dat hulle die SA-vlag so hoog lat wapper, want ’n week ná die verfilming van Gaia is die produksie daarvan gestaak weens die uitbreek van Covid. Hulle het eers drie maande later weer begin skiet. Prys die bos! Die gevoel van vrees en onsekerheid het regoor die wêreld geheers tydens Coid en dit het Gaia actually gehelp om die beste horrow van 2021-lyste oral van IGN tot Rotten Tomatoes tot Thrillist te maak. Achievement unlocked!
Gaia se indrukwekkende kredietlys sluit ook vier SAFTA-wenners in – draaiboekskrywer Tertius Kapp (Dis Ek, Anna, Die Spreeus), redakteur Leon Visser (Die Spreeus, Die Boekklub), komponis Pierre-Henri Wicomb (4 Mure, Die Spreeus) en kostuumontwerper Mariechen Voosloo (4 Mure) – asook SAFTA-genomineerde produksie-ontwerper Rocco Pool (Kanarie, Resepte vir Liefde en Moord). Dan is Anthony Oseyemi (Resident Alien, Four Fingers For Marseilles) ook ‘n co-star.
Ek het ‘n screener ‘n paar weke voor julle ander sterflinge gekry om te kyk en ek kan nie wag dat die res van Suid-Afrika dit ook te siene kry nie. Dit is fokken fantasties verby en ek voorspel dat dit ‘n moers cult-classic sal word. Alles is fokken puik gedoen en die sound design het vir my veral uitgestaan.
As daar vier dinge is wat vir my uitstaan is dit die volgende:
- Gaia is letterlik ‘n fokken trip en ‘n half!
- Don’t ever fuck with mother nature!
- As jy shrooms vreet, gaan jy fokken kak, pellie!
- As jy ooit vir Carel Nel raakloop in regte lewe – hardloop jou fokken pere af!
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Die Real Housewives van Pretoria S1 Ses glansryke Afrikaanse vroue is deel van die reeks: Renske Lammerding besit die Mrs. Globe-skoonheidskompetisie, die geskeide pastoor Marié Bosman het ‘n vlieënierlisensie en twee doktorsgrade, Talana Khun bestuur die aanlynwinkel Earth DK, Mel Viljoen is die hoof van Tammy Taylor Nails, Rhona Erasmus is ’n entrepreneur, en TikTok-influencer, Kiki La Coco, is die vrou van die multi-miljoenêr mynboukonsultant Malcolm Wentzel.. Lees verder |
![]() |
|
Fraksie S1 Fraksie is geskep deur die skrywer-vervaardigers Louis Pretorius en Albert Snyman. Hulle is ook vir trefferreekse soos Die Boekklub, Troukoors en Fynskrif (al drie is op Showmax) verantwoordelik. Fraksie draai om ’n beleggingsbestuurder wat drome koester om eendag ’n dollar-miljoenêr te word. Die reeks spog met ’n skitter-rolverdeling wat onder andere Edwin van der Walt, Marlo Minnaar, Trix Viviers, Crystal Donna Roberts, Melt Sieberhagen, Roeline Daneel en Lee-Ann van Rooi insluit. Lees verder |
![]() |
|
The Brave Ones S1 Plaaslike sepielegendes soos Tony Kgoroge, Lindani Nkosi en Anelisa Phewa span kragte saam in die nuwe wetenskapfiksie-reeks, The Brave Ones. The Brave Ones draai om Ntsiki (Sthandile Nkosi), ’n godin wat as ’n mens gereïnkarneer is om wraak ná haar suster se dood te neem. Maar eers moet sy leer hoe om haar magte te beheer. Eers dan sal sy haar vyande kan verslaan en haar gesin te red. Dié boeiende reeks speel in hedendaagse Suid-Afrika af. Dit is, soos Showmax se Blood Psalms, geïnspireer deur die ryk mitologie van Afrika-gode en goddelike wesens. Lees verder |
![]() |
|
The Rehearsal S1 The Rehearsal kyk na als wat een man sal doen om die onsekerhede van die alledaagse lewe te verminder. Met ’n konstruksiespan, ’n legio akteurs, en oënskynlik onbeperkte hulpbronne, laat Nathan Fielder (How To With John Wilson) gewone mense toe om vir die lewe se grootste oomblikke voor te berei deur in simulasies daarvoor te “repeteer”. Lees verder |
![]() |
|
Better Call Saul S6 Met die aanvang van die sesde seisoen, tel ons op waar die vyfde aflewering afgesluit het. Die eerste nege episodes speel in 2004 af – vier jaar voordat Jimmy McGill/Saul Goodman uiteindelik vir Walter White (Bryan Cranston) en Jesse Pinkman (Aaron Paul) in die eerste seisoen van Breaking Bad sou ontmoet. Dis dan hier waar die tydlyne van die twee reekse mekaar ontmoet en kruis. Lees verder |
![]() |
|
Fate: The Winx Saga S1-2 Fate: The Winx Saga volg die coming-of-age-storie van ses feë by ’n magiese kosskool, Alfea. Daar leer die lot hoe om hul kragte terselfdertyd as gewone tienerwees-probleme te bemeester. So tussendeur verlief word is daar mos altyd ’n monsterlike kreatuur wat dreig, hoe dan nou anders? Die reeks is gegrond op die Italiaanse spotprent Winx Club, en gelei deur The Vampire Diaries-skepper Brian Young. Lees verder |
![]() |
|
P-Valley S1-2 Die strip club-dansers van die Dirty Delta is terug vir ’n tweede seisoen van die bekroonde drama, P-Valley. Met Covid wat daartoe gelei het dat Pynk sy deure moes sluit, kom oom Clifford (Nico Annan) en Autumn Night (Elarica Johnson) met ’n opwip-alternatief vorendag… ’n Deurry-karwas, waar gemaskerde vroue vir jou ’n neonverligte vertoning gee. Lees verder |
![]() |
|
The Bay S1-3 In die tweede seisoen het ons gesien hoe Lisa Armstrong (Morven Christie) ná haar skorsing ’n paar range na speurkonstabel afgeskuif is. Sy is toe by die ondersoek na die moord op ’n prokureur betrek en haar eksman het boonop ook sy opwagting gemaak met sy onverwagte terugkeer na Morecambe. Lees verder |
![]() |
|
Derry Girls S1-3 Die reeks speel af in die 1990’s teen die agtergrond van die Noord-Ierse konflik en sektariese geweld tussen Katolieke en Protestante. (Ook bekend as die “Troubles”-tydperk.) Die storie volg die wedervaringe van vyf tieners: Erin Quinn (Saoirse-Monica Jackson), Erin se niggie, Orla (Louise Harland), hul vriende Clare (Nicola Coughlan) en Michelle (Jamie-Lee O’Donnell), en Michelle se neef James (Dylan Llewellyn). Ons het oor die verloop van die eerste twee seisoene gesien hoe die karakters in absolute absurde situasies beland soos hulle hulself en mekaar leer ken. Die derde seisoen sluit hierdie coming-of-age-reis dan af. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,089,928 post views in totaal sedert 1 November, 2019.