Daar is presies twee weke van September oor en as jy iets soek om jou kykgenotkous mee vol te stop vir die res van die maand, skiem ek jy is op die regte plek. Al vier hierdie reekse is splinternuut met die uitsondering van The Hand Maid’s Tale, maar daar is ten minste ‘n splinternuwe seisoen uit om in te neem. Daar is eintlik so fokken baie nuwe reekse om te stream, maar van dit word eers binne die volgende twee weke release. Moeine worry nie, ons sal julle update oor daai outjies ook. O ja, onthou ook om Saterdagaand die befokte nuwe Afrikaanse komediefliek, Dina Dagbreek op KYKnet te nodge op DStv. Dis ‘n lekker enetjie!
The Handmaid’s Tale is terug met season 5!
Hierdie reeks is adapt van Margaret Atwwoot se classic novel van dieselfde naam en vertel die storie van ‘n faktap dystopian plek genaamd Gilead – ‘n totalitêre samelewing in, wat voorheen die Verenigde State van Amerika was, waar ‘n handjievol vrugbare vroue, bekend as Handmaids, sukkel om as reproduktiewe surrogate te oorleef. Seriously faktap vibes. As jy nog nie die eerste vier seasons van The Hand Maid’s Tale gekyk het nie, moet eerder nie verder lees nie, want ons wil nie die einde van season 4 vir jou spoil nie.
Vir die res van julle wat op datum is: jy sal onthou dat June Osborne en haar ander handmaid tjommies vir Commander Waterford in die woude tussen Canada en Gilead opgefok het en op die wreedse moontlike manier vermoor het. Lekker! Die kont het dit verdien! In die nuutste seisoen staar June die gevolge van haar dade in die gesig terwyl se sukkel om doel, rigting en identiteit te vind. Aan die ander kant poog Serena Waterford om haar profile in Toronto te lig na die dood van haar man, soos Gilead se invloed ongelukkig al hoe meer in Kanada insypel. Commander Lawrence werk saam met Nick en Aunt Lydia (jissis, ek haat haar) terwyl hy probeer om Gilead te hervorm en aan bewind te kom. June, Luke en Moira fight Gilead op ‘n afstand terwyl hulle voortgaan met hul mission om Hannah te red en met haar te herenig.
Die nuwe reeks het gister afgeskop en die eetste twee episodes is beskikaar, waarna episodes weekliks release gaan word, maar moenie worry nie – dis nie die tipe ding wat mens wil binge nie. Dis ‘n fokken goeie reeks, en om een episode ‘n week te kyk is totally fine, want dis ‘n poes heavy reeks.
Vanuit die peanut gallery:
“I feel like writers are trying to describe June in this: “He who fights monsters should see to it that he himself does not become a monster.” But honestly, she could burn a city and still be a lesser evil than Fred and Serena.”
The Staircase
Nog ‘n nuwe reeks van 8 episodes wat gister vrygestel is, is The Staircase, met Oscar wenner Colin Firth (The Secret Garden) en Oscar nominee Toni Collette (Please Stand By). Beide van hulle is ook vir hierdie reeks genomineer vir Outstanding Actress en Actor in ‘n Limited Series by hierdie jaar se Emmys. Geïnspireer deur ‘n ware verhaal, verken die agt-delige reeks die lewe van Michael Peterson, ‘n misdaadromanskrywer wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou Kathleen vermoor het nadat sy dood aangetref is aan die onderkant van die trappe in hulle huis. ‘n Sestienjaarlange legal battle het daarop gevolg. Die sterbelaaide rolverdeling sluit onder andere peeps in soos Emmy nominees Sophie Turner (Sansa Stark in Game of Thrones) en Michael Stuhlbarg (Boardwalk Empire), Oscar wenner Juliette Binoche (Chocolat), Teen Choice nominee Patrick Schwarzenegger (Midnight Sun), MTV Movie & TV Award nominee Parker Posey (Scream 3), en Olivia DeJonge (Priscilla in Elvis).
Vanuit die peanut gallery:
“Firth’s portrayal of Peterson is scary good. He completely embodies him. It’s well enough to get the look down but the voice was what blew me away. He perfected the exact tones and subtle mannerisms. He’s just one of the greatest actors we’ve ever seen.”
The Offer
Hierdie biografiese dramareeks is geïnspireer deur die Oscar-bekroonde producer, Albert S Ruddy se ervaringe tydens die maak van die 1972 gangster classic, The Godfather. Ervaringe wat nog nooit voorheen met enige iemand gedeel is nie. Dis die storie van die fliek wat amper nooit gemaak is nie. Die 10-delige reeks herenig ook verskeie van die cast van HBO se Band of Brothers: Colin Hanks, Ross McCall, Frank John Hughes, James Madio en Kirk Acevedo. Boonop was die regisseur van hierdie reeks, Dexter Fletcher, ook deel van die rolverdeling. Ek is nogal excited om hierdie vir ‘n spin te vat!
Vanuit die peanut gallery:
“Dan Fogler as Francis Ford Coppola is such an unexpected casting due to him being a comedic actor but nevertheless, I’m sure he will do a great job. He even looks like him, always been fascinated by comedic actors in doing serious roles.”
Landscapers
‘n Boeiende Britse misdaad-minireeks met die bekroonde Olivia Colman (The Father) en David Thewlis (The Boy in the Striped Pajamas) in die hoofrolle. ’n Saggeaarde Britse egpaar word die fokus van ’n ondersoek wanneer twee lyke in hul agterplaas gevind word. Dis ‘n moerse lekker limited reeks – 4 episodes van ‘n uur elk, tjoef-tjaf! Right, ek is sold op hierdie outjie. Fokken sign me up!
Vanuit die peanut gallery:
“I don’t know how she does it, but even in the role of a cold-blooded killer, Olivia Colman is still very wholesome and pleasant. She’s truly one of a kind.”
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
The Bay S1-3 In die tweede seisoen het ons gesien hoe Lisa Armstrong (Morven Christie) ná haar skorsing ’n paar range na speurkonstabel afgeskuif is. Sy is toe by die ondersoek na die moord op ’n prokureur betrek en haar eksman het boonop ook sy opwagting gemaak met sy onverwagte terugkeer na Morecambe. Intussen het Christie (en haar karakter) die reeks verlaat. Met die aanvang van die derde seisoen ontmoet ons dus Marsha Thomason as speurder Jenn Townsend – ’n nuwe toevoeging tot die span. Sy word sommer reeds op dag een in die diep kant gegooi as ’n lyk in die baai gevind word. Lees verder |
![]() |
|
DMZ DMZ is ’n distopiese mini-reeks met slegs vier episodes. Die reeks is deur Roberto Patino (’n skrywer en uitvoerende vervaardiger op Westworld se eerste twee seisoene) vir HBO geskep. Midde die chaos van die burgeroorlog, soek die medikus Alma Ortego (Rosario Dawson) na haar verlore seun. Dít terwyl haar eks-liefde, Parco (Benjamin Bratt), beheer van die boonste deel van Manhattan as leier van die Spaanse Harlem Kings-bende neem. Lees verder |
![]() |
|
Never Have I Ever S1-3 Mindy Kaling se treffer-tienerkomedie Never Have I Ever is terug vir ’n derde seisoen. Maar ons almal weet dis nie net tieners wat kyk nie… Daarvoor is dié skreeusnaakse storie, met uiters relatable awkward oomblikke vir elke ouderdomsgroep, net te lekker. Dié seisoen is die voorlaaste uittog vir die hoofkarakter Devi en haar vriende, so geniet dit terwyl jy kan. Met die aanvang van die nuwe seisoen wil-wil dit lyk asof almal hul happily ever afters gekry het…maar hulle kom gou agter dat die lewe alewig struikelblokke oplewer, hetsy gewone hoërskooldrama of die dieper vrae wat deur hul coming-of-age-ontdekkingsreis ontsluit word. Lees verder |
![]() |
|
Gentleman Jack S1-2 Gentleman Jack is ’n historiese romantiese dramareeks. Die reeks is gegrond op die dagboeke van die Victoriaanse era lesbiese grondeienaar en nyweraar Anne Lister. Die hoofrol van Anne word deur Suranne Jones vertolk. Sy is wyd geloof vir haar spel in albei seisoene. Die nuwe seisoen begin in 1834, ’n maand ná Anne en Ann (Sophie Rundle) se private huwelikseremonie, met Anne wat Shibden Hall vir Ann se aankoms voorberei. Maar Anne se voormalige liefde, Marianna (Lydia Leonard), blyk ’n oënskynlike stok in die wiel vir hul planne te wees. Daarmee saam begin koerante oor Anne se seksualiteit te bespiegel.. Lees verder |
![]() |
|
House of the Dragon House of the Dragon, gegrond op die skrywer George R.R. Martin se Fire & Blood, speel sowat 200 jaar voor die gebeure van Game of Thrones af. Dit draai om geskiedenis en bewind van Huis Targaryen en die magsbeheptheid wat dié ryk uiteindelik tot ’n val gebring het. Die rolverdeling sluit onder andere vir Olivia Cooke, Emma D’Arcy, Paddy Considine, Matt Smith en Rhys Ifans in. Lees verder |
![]() |
|
Indian Matchmaking S1-2 Mumbai se voorste matchmaker, Sima Taparia, keer terug vir ’n tweede seisoen van een van die grootste TV-treffers van 2020, Indian Matchmaking. In die tweede seisoen van dié wêreldwye TV-fenomeen, help Sima nog kliënte met hul soeke na liefde. En dis nie maklik nie. Die mense het fiemies en wenslyse wat wissel van “man-buns” en ’n “ovo-lakto-semi-vegetariese” dieet. Lees verder |
![]() |
|
The Equalizer S1-2 Die reeks is gegrond op die gelyknamige 2014-rolprent met Denzel Washington in die hoofrol. Dit is ook ’n semi-herverwerking van die oorspronklike TV-reeks wat in die 1980s vir vier seisoene uitgesaai is. Die storie volg Robyn McCall (Latifah), ’n eks-spioen en enkelma, soos sy mense help wat geen ander heenkome het nie. Lees verder |
![]() |
|
Spoorloos: Die Eiland Soos met die vorige seisoene (al drie op Showmax), is Spoorloos: Die eiland ’n losstaande spanningsverhaal. Dus het dié reeks heeltemal nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. In dié seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel as ’n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom ook in ’n web van leuens intrek as sy dan vermis raak. Stefan word natuurlik die hoofverdagte in die saak… Lees verder |
![]() |
|
Ludik S1 Die Suid-Afrikaanse en Hollywood-akteur Arnold Vosloo vertolk die hoofrol in Ludik, Netflix se eerste oorspronklike Afrikaanse reeks. Ook in die rolverdeling tel onder andere Diaan Lawrenson, Rob van Vuuren, Lizz Meiring en Lea Vivier. Die storie draai om ene Daan Ludik (Vosloo), ’n ryk sakeman wat sy meubelmaatskappy as ’n front gebruik om diamante te smokkel. As ’n lid van sy familie dan ontvoer word, word hy genoop word om nie net diamante nie, maar ook wapens, te smokkel. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,092,665 post views in totaal sedert 1 November, 2019.