Die bean counters onder julle moet my nou nie kak gee oor my basic begrip van die finansiële wêreld wat julle skiem so exciting is nie, maar sover ek verstaan, die stock exchange min of meer so: die JSE se funksie is om companies en investors bymekaar te bring. Sodoende help dit companies om zak in te samel en shares uit te reik wat investors dan kan koop. Shares se pryse word bepaal deur deur vraag en aanbod soos wat kopers en verkopers hulle bestellings plaas op die aandelemark. Hierdie vraag en aanbod word deur kakbaie ander faktore bepaal soos die makro-ekonomie (ander lande, jy weet?), pestilensies soos COVID, dom poeste soos Donald Trump, oorloë en dies meer. Die goue reël vir investors om dik skille te maak is “buy low, sell high”. O ja, nog ‘n faktor waaroor jy geen beheer het nie, is manupilerede skelm konte. Mense soos Marcus Jooste…
Vyf jaar gelede sou meeste gevra het “Marcus wie?” en “Waddefok is Steinhoff? Is dit ‘n Wynplaas?” Selfs die ouens wat die mark jol en aandele in Steinhoff gehad het, het dalk ook nie geweet wie Jooste was nie. Hulle het wel baie blerrie vinnig geleer, want daai ou het Krismis op sy eie vir ‘n hele klomp mense opgefok! Op 6 Desember 2017, het Jooste skielik as CEO bedank te midde van ‘n ondersoek na ‘accounting irregularities’. Steinhoff se shares het binne ‘n week in hulle poes in geval met about 90%. Die onmiddelike gevolg is dat R200 miljard (of billion, soos die Souties hom rooep) van die JSE se boeke ge-wipe is. Gewone Suid-Afrikaners is uit hulle life savings befok. Ek ken self ‘n pensionaris en het ‘n vriend of twee wat tasse vol geld kwyt is. Dit was soos Suid-Afrika se eie Enron-skandaal wat two-tone dra.
Van julle frons dalk steeds oor die Steinhoff-naam, so net om jou meer ‘n idee van Steinhoff se rykwydte te gee, check hierie shit uit – van die bekende Suid-Afrikaanse brands onder hulle vlerke, sluit in: Ackermans, HiFi Corp, Incredible Connection, John Craig, Pep, Russels, Shoe City, Tekkie Town en Timbercity. Jy het at least al eenkeer ‘n geldjie in Jooste se beursie gegooi toe jy ‘n warm dingetjie by Pep moes koop omdat jy nie weet hoe die Kaapse fokken weer operate nie. Steinhoff is soos die Ikea van Afrika, en het kort voor die ineenstorting nog retail besighede in 30 lande gehad, asook 6 500 distribution-punte wat aan 40 verskillende brands behoort. Hulle het werk verskaf aan meer as 90 000 werknemers! Sowat 60% van die company se inkomste, wat translate na twee derdes van hul profit, was in Europa gemaak.
Dis fascinating en goor gelyktydig en om die omvattende nagvolge daarvan nog beter te kan verstaan, gaan jy die splinternuwe drie-delige doccie, Steinheist, wil kyk. Die eerste epsiode is sopas Vandag vrygestel, met episode 2 wat volgende week sal drop en die laaste een ‘n week daarna. Die doccie is vervaardig deur Idea Candy – dieselfde peeps wat Devilsdorp gemaak het, so jy weet jy is in vir ‘n fokken ding! Steinheist cover die grootste korporatiewe bedrogspul ooit tot dusver in Suid-Afrikaanse geskiedenis en kleur die storie in van Markus Jooste en sy honderdmiljardrand-leuen wat almal gekoop het. ‘n Leuen wat oor ‘n tydperk van meer as twee dekades soos ‘n skewe poefkoek gebou is en met cocain versier is. Daar is so baie vrae! Hoe die fok het so iets gebeur en hoe het absoluut fokken niemand dit sien kom nie? Maar meer belangrik – hoekom die fok is Marcus Jooste nog steeds nie tronk toe gestuur nie?!
As jy gaan kyk na die ‘cast’ in die reeks, is dit moontlik die rykste rolverdeling in Suid-Afrikaanse TV-geskiedenis. Daar word gepraat met Christo Wiese, voormalige Steinhoff-voorsitter. Ten spyte van die feit dat hy die meeste van sy rykdom met die Steinhoff-fokop verloor het, bly hy steeds ‘n billionare. Shame, hy is nou die derderykste persoon in ons land. Dan is daar ook Bruno Steinhoff, die stigter van Steinhoff International; Louis du Preez, die huidige Steinhoff CEO wat ‘n dryfkrag agter die maatskappy se merkwaardige herstel was; asook Coronation-medestigter, Thys du Toit. Verder is daar ook interviews met aansienlik armer mense wat weet wat aangaan soos: Bob Rose, die skrywer van die gelyknamige boek waaruit Steinheist, die reeks verwerk is, Pieter du Toit, skrywer van The Stellenbosch Mafia, BizNews se redakteur Alec Hogg, Moneyweb se besturende redakteur Ryk van Niekerk, en die bekroonde finansiële joernalis Fifi Peters.
Hierdie reeks is totally fokken bonkers en vertel die storie van ‘n glibberige smooth talker wat addicted geraak het aan geld en die uberluukse leefstyl, chicks en fame wat daarmee gepaard gaan en eventually die pad byster geraak het en doodgewone Suid-Afrikaners se lewens onherropelik opgefok het.
Kyk dit so gou as wat jy kan!
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,092,336 post views in totaal sedert 1 November, 2019.