Dis alles te dankie aan ons friendly neighbourhood, Spider-Man dat ons vandag met die MCU sit (Marvel Cinematic Universe) vir die eerste keer kon kennis maak. Dit het met Spider-Man: No Way Home afgeskop,met helde en skobbejakke van regoor die Spider-spektrum, almal saamgemoer in een reuse movie. Wat nog meer impressive is, is dat dit hierdie jaar Spidey se sestigste verjaarsdag is! In die algmeen word 10 Augustus as sy verjaarsdag erken. Ons het dit dus goed gedink om vandag hulde te bring aan onse vriend, Rabobi, soos pns hom hier in Mazanzi noem in vir jou die 14 movies wat tot dusver beskikbaar is om te stream, in die regte volgorde te gooi. Let wel dat dit 2022 se Morbius en volgende jaar se Spider-Man: Across the Spider-Verse Part One uitsluit.
Vir jou gerief, kan jy net op die movie se title click wat jou either na Showmax, Netlfix of Disney Plus toe sal neem. As jy met DStv rol, os daar vir jou goeie nuus – Vanaf Vrydag, 23 September tot en met Sondag 2 Oktober, sal daar ‘n dedicated pop-up channel wees op DStv channel 111. Ons gaan hierdie artikel so kort as moontlik probeer hou, want ons het ‘n kakhuis vol movies om deur te draf. Ek is nogal excited hieroor. My laaste Marahon was al die Star Wars movies en my kuite is nog steeds faktap…

Spider-Man (2002)
Fokkit, dit het van 1962 tot 2002 geneem om finally ‘n moderne Spider-Man movie te kry terwyl Batman al in die 90s reeds diktril was. In hierdie movie is Tobey Maguire Spider-Man, Kirsten Dunst is sy goose, Mary Jane en Willem Dafoe is die Green Goblin. Dis in hierdie movie waar ons held ondestebo hang, sy bloed kop toe rush en hy sy chick vry. Lekker, Tobes!
‘n Movie waarin dit werlklik gevoel het of die comic tot sy reg in die lewe geroep is.
Spider-Man 2 (2004)
Bietjie donkerder en meer emosioneel as die eerste movie, weereens met Tobey Maguire. Hierdie keer, kee hy terug as ‘n held met ‘n innerlike konflik wat ‘n super villian, Doktoer Octoppoesneus moet opfok terwyl hy steeds battle vir die liefde van MJ, weereens gespeel deur die supermooi Kirsten Dunsts. Haar oë lyk soos super powers in gewone lewe. Jirrr.
‘n Volle tiener se lewe later skop hierdie movie steeds kakhard gat!
Spider-Man 3 (2007)
Hierdie is director, Sam Raimi’s, se laaste movie in die Spider-Man trilogy. Hy het hierdie movie se derms propvol wors gestop, want Spider-Man fight ‘n klomp hectic bad guys hierin – Sandman, Venom en ‘n nuwe Green Goblin, gespeel deur James Franco.
Ek sal dit nogal smaak as ons eendag ‘n directo’s cut van hierdie outjie kan kry. Skiem jy nie ook so nie?
The Amazing Spider-Man (2012)
How fokken whack is hierdie? Die director wat by Raimi oorgeneem het, se van is Webb. Nooit, ou! Hier van hy vir hom van die origin storie se perspektief af – toe Peter Parker (gespeel deur Andrew Garfield) deur ‘n spinnekop gebyt is en al sy super powers gekry het. Sy stukkie in hierdie fliek is Gwen Stacey en die rol word vertolk deur die uberskone Emma Stone.
Beide Andrew Garfield en Emma Stone het ‘n fenominale job gedoen. Garfield maak vir ‘n befokte Spider-Man!
The Amazing Spider-Man 2 (2014)
Garfield en Stone is weer terug in hierdie fliek en soos met Spider-Man 3, is daar ‘n kakhuis vol booswigte wat moet PKs kry: Rhino (Paul Giamatti van Billions), Dane deHaan as Green Goblin version 3 en Jaime Foxx as Electro.
Hierdie movie se visual effects was fokken next level verby!
Captain America Civil War (2016)
Hierdie is Spider-Man se proper introduction tot die MCU wanneer Peter Parker deur Iron Man recruit word om deel van die Avengers te word. Dit is ook wanneer Tom Holland die leisels oorneem as Spider-Man. Die trailer vir hiedie is so fokken goed dat jy voel asof jy die volgorde ‘n pit wil druk en sommer hier wil begin!
Spider-Man: Homecoming (2017)
Hierso groei Tom Holland, Spider-Man se tekkies mooi netjies vol. Peter Parker moet ‘n balans handhaaf tussen die lewe van ‘n doodnormalie hoërskoollaitie en dié van sie alter-ego – die bra wat spinnerakke uit sy polse skiet en bad guys opfok, onder andere Michael Keaton as Vulture. Omdat Peter in hierdie fliek ‘n laitie is, voel dit asof daar weer aan die origin-storie gepeuter wil word, maar director, John Watts het genadiglik die versoeking weerstaan. Hierdie fliek staan vir my uit as die een met die meeste feel-good vibes. Die trailer op sy eie is genoeg om daai gevoel wakker te maak.
Spider-Man: Into the Spider-Verse (2018)
Ek is so, so fokken bly dat hierdie movie in hierdie spesifieke styl gemaak is. Die animation tick absoluut elke boksie van mens se verbeeld en oorskry enige verwagtinge. Peter Parker is nie die enigste Spider-Man in New York nie. En as al die jy multiversez tel, is daar selfs nog meer, soos Spider-Ham, Penny Parker, Spider Gwen, Spider Noir en Peter B. Parker. ‘n Brooklyn-laitie genaamd Miles Morales span kragte saam met al hierdie variants om te help om die heelal ongeskonde en veilig van die gevreesde Kingpin te hou. Dit het absoluut fokol met die ander movies uit te waai nie, so kyk hom gerus net waar en wanneer jy wil want dit is fokken fantasies!
Venom (2018)
Tegnies gesproke is Venom nie ‘n Spider-Man movie nie en Spider-Man word nie eers eenkeer genoem nie, maar hy is ‘n proper Spiderman villain. I dunno man, just roll with it. Dis eintlik nogal complicated hoe Venoem inpas by Spider-Man, so as jy tyd het, gaan lees gerus hierdie artikel – Why You Shouldn’t Expect Too Many Spider-Man References In ‘Venom’
Hierdie movie split mense se opinies, maar ek het dit moerse geniet en Tom Hardy was briljant!
Avengers Infinity War (2018) en Avengers Endgame (2019)
In beide hierdie flieks fight al die helde nie net booswigte nie, maar ook so bietjie vir screen time omdat daar so poesbaie van hulle is. Spider-Man vorm egter ‘n moerse belangrike deel van die storielyn, al is dit net om meer gewig aan Tony Stark te gee en sy doen en late te motiveer.
Hier het dinge seriously begin ernstig raak. Jirre, die budgets. Jy kan die fokken helfte van Sandton koop met hierdie twee flieks se begrotings.
Spider-Man: Far from Home (2019)
Uiteindelik is ons bra in die rooi tights weer full time in die kollig. Hierdie was ook ‘n lekker ene vir my. Dis die movie waar al die kinders op ‘n skooltrip Europa toe fok en Mysterio (gespeel deur Jake Gyllenhaal) in almal se poef kom krap met ‘n stokkie. Kom, Peter Parker, loop kam daai poes se kuif met ‘n kroegstoel, boet!
Venom Let There Be Carnage (2021)
Sien die rede hierbo vir hoekom hierdie movie hier iewers behoort te pas. In die sequel spook Eddie Brock om sy alter-ego in toom te hou terwyl hy sy loopbaan as joernalis weer op dreef probeer kry deur ‘n serial killer te interview – min wetend dat hy en meneer serial killer eintlik baie meer in gemeen het as wat hy ooit sou kon droom. O ja, daar is so bietjie Spider-Man goete aan die einde van die credits, so kyk uit daarvoor.
Spider-Man: No Way Home (2021)
Hierdie is probably die beste Spider-Man movie sover, maar dit is ook die besigste Spider-Man movie, want daar is sommer drie Rabobi’s – daar is Tom Holland, Andrew Garfield en Tobey Maquire. So hier is die vibe: Spidey se geheime identiteit word aan die hele wêreld geopenbaar. Desperaat vir hulp, draai hy na Doctor Strange om ‘n spell te cast om die wêreld te laat vergeet dat hy Spider-Man is. Die magic spell fok uit, dit fok die multiverse uitmekaar, en bring monsteragtige skurke en ou gunsteling antagoniste treug wat die wêreld moontlik kan vernietig. Dit vat meer as een Spider-Man om hierdie reuse fokop te fix. Volgens Zendaya (wat die rol Van Mary Jane speel) en Tom Holland (Perter Parker) het Willem Dafoe se vertolking van die Green Goblin in hierdie movie, almal op die stel for reals ontsenu. Hulle se reaksies op die Green Goblin se aksies was dus baie geloofwaardig.
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,218,773 post views in totaal sedert 1 November, 2019.









