Vandag vat ons die kortfilm vibes in ‘n bietjie ander rigting, aangesien ek hierdie email onvang het:
Hi Griffin,
Groot fan van die site, en volg die site al vir jare lank. Ek is ‘n music producer en ook ‘n 3D artist, en ek het kort storie begin van die alien wat al vir die laaste 190 jaar op die aarde vas sit nadat sy skip ge-crash het en hy kan nie huis toe bêl nie. Dis snaaks en ek hou maar die taal skoon want ek probeer dat almal daarna kyk en dit nie ge-flag te kan kry nie. Ek weet jy’s nie te mal oor Afrikaansedans musiek nie so ek hoop nie ek eindig op jou “KAK MUSIEK” bladsy nie. Dit gaan eintlik nie soveel oor die musiek dit gaan meer oor die visuals. Daar is ook nie eintlik enige iemand wat in Afrikaans enige 3D animasies doen nie.
Kan ek vir jou vra om daarna te kyk, en miskien vir my ‘n storie te kan maak as jy dink dit nie te tos nie ?
Baie Groete,
Tertius Jacobs
Watkykjy staan op 3,084,030 post views in totaal sedert 1 November, 2019.