Slaves is ‘n Britse punk rock duo wat in 2012 gestig is in Royal Turnbridge Wells en bestaan uit Isaac Holman (lead vocals, drums) en Laurie Vincent (backing vocals, guitar, bass). Hulle het vir die grootste gedeelte van hul lewens in Kent gewoon en London toe getrek om hulle debuutalbum te record. Hierdie tune gaan oor die hopeloosheid van Londen en is geïnspireer deur die London Underground en al die commuters wat horrible lyk en asof hulle die lewe fokken haat. Die akteur, Shaun Williamson, speel die rol van ‘n maniese roomysman in die music video. Williamson is veral bekend vir die vertolking van die karakter van Barry Evans in die BBC-sepie EastEnders van 1994 tot 2004, sowel as ‘n hoofrol in Ricky Gervais se komedie, Extras.
Die video en tune is kaklekker!
Watkykjy staan op 3,125,766 post views in totaal sedert 1 November, 2019.