Die Singapore F1 track is uiteindelik terug na drie jaar se covid-kak en dit gaan heel moontlik die mees uitmergelende race van die 2022 seisoen wees. Dis ‘n track wat die ouens fisies en mentally opfok, want dis een van die stadigste en langste tracks met 23 draaie en boonop is dit die warmste en bedompigste track op die kalender. Ek meen jirre, humidity klok in hier by die 80% rond terwyl dit 30 grade celcius is. Dis net-net beter as Lagos in Nigeria. Die drivers probeer vir hierdie extreme conditions train deur poesbaie klere aan te trek en dan te oefen, of om exercise bikes in saunas te trap tot die trane spat. Hierdie race loop ook die risiko om oor die time limit van 4 ure te loop. Hulle het daai limit al vier keer geslat! Singapore is sedert 2008 deel van die F1 kalender en het nog nooit vroeër as 1 uur en 51 minute klaargemaak nie. Imagine hoe kak dit moet wees om vir so lank met jou eie sweterige ballas te moet deal in daai resieskar se cockpit teen ‘n slakkepas (in vergeleke met die ander tracks)?
Ek het maar ‘n algemene prediction vir Sondag se race – Verstappen gaan hierdie naweek reeds met die 2022 title wegstap. Die usual crowd gaan hierdie naweek die top 10 opmaak: Verstappen, Perez, Leclerc, Sainz, Russel, Hamilton, Alonzo, Ocon, Bottas en Gasly. Yes, en ek bedoel dit ook sommer in daardie volgorde. FP1 was reeds vanoggend gewees met Hamilton wat lyk of hy ‘n move wil pull. Practice 2 is 15:00 vandag, practice 3 is more 12 uur met qualifying 15:00. En dan is die race self Sondag smack bang in stage 3 en/of 4 se verfoklike loadshedding.
Om die ander gaps in jou naweek vol te maak met kykgenot, het ons hierdie piele 4 reekse opgespoor
Industry
Hierdie reeks is deur voormalige bankers, Mickey Down en Konrad Kay geskep en volg noob bankers Harper (Myha’la Herrold), Yasmin (Marisa Abela) en Robert (Harry Lawtey) wat hulle hul stempels wil afdruk in die stresvolle banking environment wat gekenmerk word deur ‘n oormaat van seks en drugs. Daar is reeds 2 seisoene uit om te binge. Dis 18LSDN vibes en is al beskryf as “Mad Men with plenty of swagger…”. Dis die tipe reeks wat eenkeer in ‘n dekade sy opwagting maak en uitstaan bo die ander. Amper soos ‘n missing link tussen Euphoria and Succession.
Rating: 7.1
Uit die peanut gallery:
“All these actors feels like a fresh air , love that not very well known actors are in such a big platform.”
We Own This City
The Wire word steeds gereken as die beste TV-reeks van die 21ste eeu en hierdie reeks is juis deur The Wire se co-creator, David Simon sowel as George Pelecanos (The Deuce) gemaak. We Own This City vertel die storie van die opkoms en val van die Baltimore-polisiedepartement se Gun Trace Task Force en die korrupsie en morele ineenstorting wat ‘n Amerikaanse stad getref het waarin die beleid van dwelmverbod en massa-inhegtenisneming bepleit is, ten koste van werklike polisiewerk. Jissis, het jy nog asem nadat jy daardie sin gelees het? Die reeks is fokken vrot van cast members wat vir Emmy’s en Screen Actors Guild Awards genomineer en gewen het, so verwa goud. We Own This City is aangepas uit Justin Fenton se gelyknamige non-fiction boek. Sorry om nou weer The Wire te noem, maar as jy ‘n fan van daardie reeks was, gaan hierdie vir jou soos free cocaine wees.
Rating: 7.6
Uit die peanut gallery:
“I love seeing so many old faces from The Wire in here. Even if the story lines don’t play off of each other directly you can see plenty of references and nods to it’s predecessor and I love.”
George Carlin’s American Dream
Hierdie 2-delige reeks is hierdie jaar vir 5 Emmys benoem, insluitend Best Documentary Special en Directing. Stephen Colbert beskryf dit as die Beatles van comedy. Carlin se vreeslose countercultural comedy het oor meer as 5 dekades gestrek en sluit 14 HBO comedy specials in en meer as 130 appearances op The Tonight Show, tot en met sy dood in 2008. Die doccy cover die lewe en werk van die legendariese komediant, ‘n kulturele verkleurmannetjie wat onthou word as een van die mees invloedryke stand-up comics van alle tye! Dis ‘n intieme kykie na Carlin se persoonlike lewe en sluit van sy stand-up materiaal in, asook footage van sy persoonlike argiewe en interviews met sy familie, vriende en mense wat deur hom geinspireer is – legends soos Chris Rock, Jerry Seinfeld, Patton Oswalt, Bette Midler, W. Kamau Bell, en Jon Stewart.
Rating: 8.3
Uit die peanut gallery:
“The one thing that sets George apart from other stand up comics was he is a POET first and foremost. He laced his comedy with poetry. Every comedic piece and bit is a thing of poetic beauty. Even when he morphed into an angry, grumpy old man; every sentence he uttered contained a form of rhyme or rhythm. George Carlin was an undisputed master of the English language.“
Bosch
Hierdie is eintlik maar net ‘n reminder vir myself om tog nou net uiteindelik hierdie fokken reeks te begin kyk, want daar is nou al 7 seisoene uit met die nuutste (en laaste) een wat verlede jaar release is. Gebaseer op Michael Connelly se 2014-roman, The Burning Room, sien die sewende en laaste seisoen van Bosch hoe Harry Bosch (Titus Welliver) die dood van ‘n 10-jarige meisie in ‘n brand wat deur brandstigting veroorsaak is, ondersoek. Deur alles te waag om haar moordenaar aan die pen te laat ry, moet Bosch sy nommer 1 reël volg: “Almal tel of niemand tel nie”. Intussen val speurder Jerry Edgar uitmekaar terwyl hy worstel met die nagevolge van ‘n hectic skietery, terwyl Maddie vir Honey Chandler bystaan in ‘n hoëprofielsaak wat Bosch intrek en in die visier van gevaarlike misdadigers plaas. Jissis man, ek moet dit begin kyk!
Rating: 8.3
Uit die peanut gallery:
“The best show that nobody has heard of. Constantly recommending to my friends and family.”
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
The Handmaid’s Tale S1-5 Die bekroonde – en dikwels onthutsende – reeks, The Handmaid’s Tale, se vyfde seisoen sien hoe June se stryd om haar dogter te red voortduur. Die reeks, gegrond op Margaret Atwood se gevierde gelyknamige roman, tel op by die dramatiese slot van die vierde seisoen. June moet nou die gevolge van haar dade in die gesig staar. Intussen werk Serena om haar profiel in Toronto te verhoog namate Gilead se invloed versprei. Lawrence werk ook saam met Lydia soos hy probeer om Gilead te hervorm en aan bewind te kom. Lees verder |
![]() |
|
Fraksie S1 Fraksie is geskep deur die skrywer-vervaardigers Louis Pretorius en Albert Snyman. Hulle is ook vir trefferreekse soos Die Boekklub, Troukoors en Fynskrif (al drie is op Showmax) verantwoordelik. Fraksie draai om ’n beleggingsbestuurder wat drome koester om eendag ’n dollar-miljoenêr te word. Die reeks spog met ’n skitter-rolverdeling wat onder andere Edwin van der Walt, Marlo Minnaar, Trix Viviers, Crystal Donna Roberts, Melt Sieberhagen, Roeline Daneel en Lee-Ann van Rooi insluit. Lees verder |
![]() |
|
The Brave Ones S1 Plaaslike sepielegendes soos Tony Kgoroge, Lindani Nkosi en Anelisa Phewa span kragte saam in die nuwe wetenskapfiksie-reeks, The Brave Ones. The Brave Ones draai om Ntsiki (Sthandile Nkosi), ’n godin wat as ’n mens gereïnkarneer is om wraak ná haar suster se dood te neem. Maar eers moet sy leer hoe om haar magte te beheer. Eers dan sal sy haar vyande kan verslaan en haar gesin te red. Dié boeiende reeks speel in hedendaagse Suid-Afrika af. Dit is, soos Showmax se Blood Psalms, geïnspireer deur die ryk mitologie van Afrika-gode en goddelike wesens. Lees verder |
![]() |
|
The Staircase The Staircase is gegrond op ware gebeure wat in 2004 in true crime-dokkie deur Jean-Xavier de Lestrade omskep is. Die nuwe HBO-reeks is deur Antonio Campos geskep en toon meer menslikheid as die misdaaddokkie. Daar is bekroonde swaargewigte in die hoofrolle met Colin Firth speel as Michael Peterson, die misdaadromanskrywer wat skuldig bevind is aan die moord op sy vrou Kathleen Peterson, nadat sy dood aan die onderkant van die stel trappe in hul huis gevind is. Lees verder |
![]() |
|
Better Call Saul S6 Met die aanvang van die sesde seisoen, tel ons op waar die vyfde aflewering afgesluit het. Die eerste nege episodes speel in 2004 af – vier jaar voordat Jimmy McGill/Saul Goodman uiteindelik vir Walter White (Bryan Cranston) en Jesse Pinkman (Aaron Paul) in die eerste seisoen van Breaking Bad sou ontmoet. Dis dan hier waar die tydlyne van die twee reekse mekaar ontmoet en kruis. Lees verder |
![]() |
|
Fate: The Winx Saga S1-2 Fate: The Winx Saga volg die coming-of-age-storie van ses feë by ’n magiese kosskool, Alfea. Daar leer die lot hoe om hul kragte terselfdertyd as gewone tienerwees-probleme te bemeester. So tussendeur verlief word is daar mos altyd ’n monsterlike kreatuur wat dreig, hoe dan nou anders? Die reeks is gegrond op die Italiaanse spotprent Winx Club, en gelei deur The Vampire Diaries-skepper Brian Young. Lees verder |
![]() |
|
Bosch S1-7 Die sewende seisoen van dié immergewilde dramareeks is ook sy laaste en ons sien hoe Harry Bosch (Titus Welliver) die dood van ’n tienjarige meisie in ’n brand ondersoek. As brandstigting die oorsaak van die vlammehel blyk te wees, waag Bosch alles om haar moordenaar te laat moet, ten spyte van teenkanting van the powers that be. Sy credo, “almal tel of niemand tel nie” word werklik getoets. Lees verder |
![]() |
|
The Bay S1-3 In die tweede seisoen het ons gesien hoe Lisa Armstrong (Morven Christie) ná haar skorsing ’n paar range na speurkonstabel afgeskuif is. Sy is toe by die ondersoek na die moord op ’n prokureur betrek en haar eksman het boonop ook sy opwagting gemaak met sy onverwagte terugkeer na Morecambe. Lees verder |
![]() |
|
Ludik S1 Die Suid-Afrikaanse en Hollywood-akteur Arnold Vosloo vertolk die hoofrol in Ludik, Netflix se eerste oorspronklike Afrikaanse reeks. Ook in die rolverdeling tel onder andere Diaan Lawrenson, Rob van Vuuren, Lizz Meiring en Lea Vivier. Die storie draai om ene Daan Ludik (Vosloo), ’n ryk sakeman wat sy meubelmaatskappy as ’n front gebruik om diamante te smokkel. As ’n lid van sy familie dan ontvoer word, word hy genoop word om nie net diamante nie, maar ook wapens, te smokkel. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,083,274 post views in totaal sedert 1 November, 2019.