Na COVID alles vir die entertainment industry opgefok het vir meer as twee jaar lank, is sekere regular festivals en shows stadig maar seker om weer terug te probeer claw na die spotlights. Dieselfde geld vir die Francois Van Coke en Vriende show wat ook na twee jaar uiteindelik terug is. Twee jaar is nogal eintlik baie om op uit te mis om iets op die planke te sit as jou show relatief nuut is. Hierdie is nou maar eers Francois se derde produksie van hierdie spesifieke show in Pretoria. Volle details vir die event is onder aan hierdie artikel.
Oudergewoonde vind Francois Van Coke & Vriende weer plaas by die SunBet Arena by Time Square in Pretoria, hierdie Sondag, 25 September. Francois maak ook sommer gebruik van die geleentheid om sy vierde solo album, Kanniedood, vry te stel op Vrydag, 23 September, wat dit die grootste sameswering nóg maak! Hey, gods! Dis mos vandag!
Die Francois van Coke & Vriende is nie net goeie vriende en mede-kunstenaars nie. Dit is ook almal kunstenaars saam met wie Francois al tunes geskryf het. Dit is nou al tradisie dat hy elke jaar met saam met ‘nuwe’ vriende nuwe liedjies skryf, record en release in die aanloop na die groot aand. Gaan notch hom hierso om hom te pre-order of te stream wat waddefok jy ook al wil doen. Al die link vir al die services is op daai link.
Hierdie jaar is die nuwe vriend Elandré en hy gaan saam met Francois “Maak Wakker” opvoer. Hierdie outjie:
Jy kan tickets hierso koop:
https://www.ticketmaster.co.za/artist/francois-van-coke-vriende-tickets/1181024
2022 se sterbelaaide program bestaan uit:
- Spoegwolf
- Elandré
- Early B
- Tasché
- Fokofpolisiekar
- Die Heuwels Fantasties
- Jack Parow
- Laudo Liebenberg
- Hunter Kennedy
- Van Pletzen
Plek: SunBet Arena, Time Square Casino, Menlyn, Pretoria
Datum: Sondag, 25 September 2022
Tyd: 6pm – 8pm (maar jy kan al reeds 13:00 in die biertuin gaan sit en skuimkoppies deur die nek jaag. Moet net nie ‘n poes wees met ander mense nie.
Deure maak oop:
4pm: SunBet Arena buite deure maak oop met toegang na die Arena se kroeē.
5pm: Arena deure maak oop met DJ Robfather wat die partytjie afskop.
1pm: Die Castle Lite Biertuin, Jimmy’s Sauces Braai area, kosstalletjies en DJ skop af!
Watkykjy staan op 3,132,908 post views in totaal sedert 1 November, 2019.