Dina Dagbreek is ‘n splinternuwe, kaksnaakse Afrikaanse komediefilm wat Saterdagaand, 17 September om 20:00 gaan uitsaai op KYKnet, as deel van hulle gewilde Storiefilms. Luan Jacobs en Johan Riekert het die teks geskryf, regie is behartig deur Adri Brits en die rolverdeling sluit ondere Cindy Swanepoel, Melt Sieberhagen en Hannes Brummer in. Dis juis hierdie drie comedy akteurs met wie ons so bietjie gesels het oor die movie, so check dit gerus hieronder uit. Dink daaraan as ‘n tipe podcast met so bietjie visuals.
So ietsie vinnig oor die fliek. Dina Dagbreek speel af op die stel van ‘n ontbytprogram wat mens visually laat terug dink aan Goeiemore Suid-Afrika en die fliek het ‘n nostalgiesbelaaide filmstel met puik dekor en klerasie, straight uit die 80s uit. Ons tel die storie op waar Dina Malan (Cindy Swanepoel) terugkeer na haar werk as mede-aanbieder saam met Karel (Melt Sieberhagen) van die gweilde ontbytprogram, Goeiemôre my Sonskyn. Dis haar eerste dag terug by die werk nadat sy onder skandalige omstandighede die program moes verlaat. En met ‘verlaat’ bedoel ons sy was so bietjie tjoekie toe gewees. Dis ‘n skreeusnaakse movie van net onder die 50 minute lank en dis eintlik amazing wat hulle reg gekry het om aanmekaar te sit met ‘n karige budget. Die doel van KYKnet se storiefilms was om tydens die pandemie werk te skep vir die local TV en filmbedryf ,so dis korter movies met kleiner budgets wat oor drie of vier dae geskiet word op limited sets. Daar was dus heelwat out-of-the-box thinking met verrassende resultate.
Onthou om Saterdagaand in te tune!
Watkykjy staan op 3,083,883 post views in totaal sedert 1 November, 2019.