Danksy ESKOM gaan jy dalk letterlik nie fokken krag hê om die ses reekse hieronder vinnig af te handel nie, maar ons lys hulle in elk geval. Ons hou dit vandag short en sweet vir jou entertainment-lysie vir die naweek, want hierdie week was fokken rowwer as Robert Downey Junior in die nineties. Onthou ook om die Steinheist doccie se eerste episode te kyk as jy nog nie het nie – ons het hom hierso review en dis pretty fokken enthralling. Vir dié van julle wat jy julselwers in Plakkietoria bevind hierdie naweek, onthou om tickets te kry vir Francois van Coke en vriende by die Sun Arena in Menlyn. Meer details daroor hierso.
Spreadsheet
‘n Lekker Australiaanse comedy oor ‘n geskeide, hectic ma van twee wat self ‘n divorce lawyer is en eintlik maar net ‘n fuck buddy soek. Vir hierdie doeleinde trek sy ‘n spreadsheet op om orde skep in haar sekslewe want sy zaber nogal baie. Vyf van die show se karakters is van Wentworth Prison, blykbaar.
Rating: 6.1
The Baby
Wanneer die 38-jarige Natasha skielik en overwags na ‘n baba moet omsien, fok haar lewe dramaties uitmekaar uit. Sy kan nie meer doen net waddefok sy wil nie. Dan is die baba ook nogal controlling, manipulerend met violent powers en verander Natasha se in ‘n horror show. Waar kom die klein kak vandaan? Wat soek dit? En tot watter uitetrstes sal Natasha gaan om haar lewe na normaal te laat terugkeer? Sy soek nie die fokken baba nie, die ding soek haar!
Rating: 6.2
Landscapers
‘n Boeiende Britse misdaad-minireeks met die bekroonde Olivia Colman en David Thewlis in die hoofrolle. ‘n Toegewyde en saggeaarde Britse egpaar word die fokus van ‘n buitengewone ondersoek wanneer twee dooie liggame in die agtertuin van ‘n huis in Engeland ontdek word. Geskryf deur Olivia Colman se man Ed Sinclair. Hierdie is ‘n supper lekker klein reeksie!
Rating : 7.0
The Responder (7.4)
‘n Paramedic wat van krisis tot krisis beweeg en nou nie juis die reguitste morele kompas het nie, vat so paar ekstra nagskofte aan in Liverpool terwyl hy kop bo water probeer hou in beide sy persoonlike en professionele lewe. Die bra wat die hoofrol speel, Martin Freemanm het 18 maande lank voor verfilming van die reeks met homself in ‘n Scouse aksent gepraat ter voorbereiding vir de rol.
Rating: 7.4
The Gilded Age
‘n Storie oor ou New York in die 1880’s waar die teenpole van ou geld en nuwe geld mense aantrek om ‘n post civil ware era NY society te skep. Die who’s who van die samelewing word sorgvuldig georkestreer deur die Ou Geld-mense wat nie anders kan as om gefassineer en verlei te word deur die “nouveau riche”-fokkers nie. Die lewens van die karakters word ook saamgesmelt met mense uit alle vlakke van die samelewing. Die karakter van George Russell is gebaseer op die real live rower-baron en spoorwegfinansier, Jay Gould. Soos die Russels het die Goulds gesukkel om aanvaarding onder New York se ou geldelite te kry, veral deur de facto leier mev. Astor. Jissis, dit klink kompleet soos die storie van Stellenbosch waar die grootste konsentrasie van Suid-Afrika se geldkonte bly!
Rating: 8.0
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
The Bay S1-3 In die tweede seisoen het ons gesien hoe Lisa Armstrong (Morven Christie) ná haar skorsing ’n paar range na speurkonstabel afgeskuif is. Sy is toe by die ondersoek na die moord op ’n prokureur betrek en haar eksman het boonop ook sy opwagting gemaak met sy onverwagte terugkeer na Morecambe. Intussen het Christie (en haar karakter) die reeks verlaat. Met die aanvang van die derde seisoen ontmoet ons dus Marsha Thomason as speurder Jenn Townsend – ’n nuwe toevoeging tot die span. Sy word sommer reeds op dag een in die diep kant gegooi as ’n lyk in die baai gevind word. Lees verder |
![]() |
|
DMZ DMZ is ’n distopiese mini-reeks met slegs vier episodes. Die reeks is deur Roberto Patino (’n skrywer en uitvoerende vervaardiger op Westworld se eerste twee seisoene) vir HBO geskep. Midde die chaos van die burgeroorlog, soek die medikus Alma Ortego (Rosario Dawson) na haar verlore seun. Dít terwyl haar eks-liefde, Parco (Benjamin Bratt), beheer van die boonste deel van Manhattan as leier van die Spaanse Harlem Kings-bende neem. Lees verder |
![]() |
|
Never Have I Ever S1-3 Mindy Kaling se treffer-tienerkomedie Never Have I Ever is terug vir ’n derde seisoen. Maar ons almal weet dis nie net tieners wat kyk nie… Daarvoor is dié skreeusnaakse storie, met uiters relatable awkward oomblikke vir elke ouderdomsgroep, net te lekker. Dié seisoen is die voorlaaste uittog vir die hoofkarakter Devi en haar vriende, so geniet dit terwyl jy kan. Met die aanvang van die nuwe seisoen wil-wil dit lyk asof almal hul happily ever afters gekry het…maar hulle kom gou agter dat die lewe alewig struikelblokke oplewer, hetsy gewone hoërskooldrama of die dieper vrae wat deur hul coming-of-age-ontdekkingsreis ontsluit word. Lees verder |
![]() |
|
Gentleman Jack S1-2 Gentleman Jack is ’n historiese romantiese dramareeks. Die reeks is gegrond op die dagboeke van die Victoriaanse era lesbiese grondeienaar en nyweraar Anne Lister. Die hoofrol van Anne word deur Suranne Jones vertolk. Sy is wyd geloof vir haar spel in albei seisoene. Die nuwe seisoen begin in 1834, ’n maand ná Anne en Ann (Sophie Rundle) se private huwelikseremonie, met Anne wat Shibden Hall vir Ann se aankoms voorberei. Maar Anne se voormalige liefde, Marianna (Lydia Leonard), blyk ’n oënskynlike stok in die wiel vir hul planne te wees. Daarmee saam begin koerante oor Anne se seksualiteit te bespiegel.. Lees verder |
![]() |
|
House of the Dragon House of the Dragon, gegrond op die skrywer George R.R. Martin se Fire & Blood, speel sowat 200 jaar voor die gebeure van Game of Thrones af. Dit draai om geskiedenis en bewind van Huis Targaryen en die magsbeheptheid wat dié ryk uiteindelik tot ’n val gebring het. Die rolverdeling sluit onder andere vir Olivia Cooke, Emma D’Arcy, Paddy Considine, Matt Smith en Rhys Ifans in. Lees verder |
![]() |
|
Indian Matchmaking S1-2 Mumbai se voorste matchmaker, Sima Taparia, keer terug vir ’n tweede seisoen van een van die grootste TV-treffers van 2020, Indian Matchmaking. In die tweede seisoen van dié wêreldwye TV-fenomeen, help Sima nog kliënte met hul soeke na liefde. En dis nie maklik nie. Die mense het fiemies en wenslyse wat wissel van “man-buns” en ’n “ovo-lakto-semi-vegetariese” dieet. Lees verder |
![]() |
|
The Equalizer S1-2 Die reeks is gegrond op die gelyknamige 2014-rolprent met Denzel Washington in die hoofrol. Dit is ook ’n semi-herverwerking van die oorspronklike TV-reeks wat in die 1980s vir vier seisoene uitgesaai is. Die storie volg Robyn McCall (Latifah), ’n eks-spioen en enkelma, soos sy mense help wat geen ander heenkome het nie. Lees verder |
![]() |
|
Spoorloos: Die Eiland Soos met die vorige seisoene (al drie op Showmax), is Spoorloos: Die eiland ’n losstaande spanningsverhaal. Dus het dié reeks heeltemal nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. In dié seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel as ’n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom ook in ’n web van leuens intrek as sy dan vermis raak. Stefan word natuurlik die hoofverdagte in die saak… Lees verder |
![]() |
|
Ludik S1 Die Suid-Afrikaanse en Hollywood-akteur Arnold Vosloo vertolk die hoofrol in Ludik, Netflix se eerste oorspronklike Afrikaanse reeks. Ook in die rolverdeling tel onder andere Diaan Lawrenson, Rob van Vuuren, Lizz Meiring en Lea Vivier. Die storie draai om ene Daan Ludik (Vosloo), ’n ryk sakeman wat sy meubelmaatskappy as ’n front gebruik om diamante te smokkel. As ’n lid van sy familie dan ontvoer word, word hy genoop word om nie net diamante nie, maar ook wapens, te smokkel. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,090,335 post views in totaal sedert 1 November, 2019.