Is jy gereed vir ‘n super weird combo soos vis en tkolitsous? Of die musiekweergawe daarvan – Francois van Coke en Elandré? It happened. Hulle het saam ge-colab op ‘n nuwe tune, Maak Wakker en dit gaan oor wanneer jy deur ‘n kak tyd gaan en nie moet opgee nie. Francois en Elandré se paaie het vir die eerste keer by ‘n lughawe gekruis, min of meer net na Elandré se cover van Tougher Than The Rest viral gegaan het. Hulle het mekaar toe gereeld raakgeloop by festivals en het begin skiem dat hulle iets saam moet aanpak. Well, here ir are now.
Lyrics:
boom!
sy sê ek gaan hel toe
ek verdwaal in die hartseer
dis vlamme wat ek proe
boom!
dis ’n seilboot teen die rotse
meng die gif in my kos
dis my straf. jy speel God. ek is dood
wees versigtig wat jy glo
maak wakker die dooies
bring terug wat mooi is
hou my hart vas
hou my hand vas
hou my hard vas
droewig dans ons almal deur die dag
sien my in hoë definisie
ek is onder geen illusie
wat’s die rede vir jou rusie?
sê my
hoe is jy die een wat besluit?
jy werk dit dan nog self uit
ons almal is maar onderdanig aan die tyd
wees versigtig vir wat jy glo
waar lê die waarheid?
dis net jou opinie
die grys tussen swart en wit
kan jy dit nie sien nie?
Watkykjy staan op 3,071,848 post views in totaal sedert 1 November, 2019.