Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas en Liewe Heksie was ook iewers in die mix gewees. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet, Woepies Wurm het sy buiging kom maak vir so 10 weke en toe klap ons julle met twee weke se bederf met Postman Pat. Toe gaan ons fokken wragtig weer terug na Zet toe. Ons het finaal afskeid van Zet geneem en julle met Brakanjan se movie ge-treat en toe so paar epsiodes van Die Wysheid van die Kabouters in die mix gegooi. Toe het ons tussen ons ou movies gaan rondkrap en so paar uitgegrawe, en daarna vir so paar weke oorgeslaan na Orkney Snork Nie toe tot ons uitgehardloop het. Wat van nog ‘n hit uit die laat 80s?
Die beste van Spies En Plessie – Met Permissie volume 2
Dis moerse weird dat mens amper fokol info op die internet kan kry oor Jan Spies en P.G. Du Plessis se moerse gewilde TV-program, Spies en Plessie – Met Permissie. Ek is net baie bly dat ek op hierdie stok-ou VHS tape afgekom het in ‘n charity shop wat ek kon digitise en op YouTube kon laai. In fact, al hierdie ou TV shows wat ek op Watkykjy se YouTube channel laai, is ou VHS tapes of DVDs wat ek koop soos ek dit raakloop, en dan digitize en dan weekliks upload. Dis ‘n moerse klomp moeite, maar dis maar ‘n weird tipe van hobby wat ek het om myself uit die kak te hou. Ek gaan moet ontslae raak van al die kak wat ek koop, want dit begin nou bietjie wil lyk hier by Watkykjy HQ. Maybe sal ek dit vir cheap swaai op ‘n online shoppie eendag…
Hierdie video bevat ‘n handvol humor uit die SPIES EN PLESSIE programreeks met PG du Plessis en Jan Spies as aanbieders. Van die storievertellers wat opgeneem is, is Koos Meyer, Tolla van der Merwe, Danny Pretorius, Pieter Pieterse, Lourens Erasmus, Pieter van der Westhuizen, Pyp de Villiers, Adriaan Pont, Trix Pienaar, Arno van Zyl, Louis Schruder, Koos Meyer, Mike van den Berg, Pieter Pietrse en Al Debbo. Van die stories in hierdie opname is: Tolla en die Duitser in die beeskraal, Die Terroris, Die Donkie, Die leeu en Waaksaam, Die tannie by die dokter en Gholfspeel in Zulu.
Geniet!
Watkykjy staan op 3,112,776 post views in totaal sedert 1 November, 2019.
In 1988/89 het Jan du plessis n storie vertel van hoe sy pa hout gekap het en die stomp op sy pa se blou toon geval het. Jan het hom amper nat gepiepie toe hy die storie vertel. Het jy dit dalk of weet waar ek dit kan kry? Moerse asseblief