Alicia Silverstone se acting career het reeds op sesjarige ouderdom begin toe haar pa foto’s van haar geneem het wat uiteindlik gelei het tot rolle in verskeie TV commercials. Sy het later ‘n guest spot gekry op The Wonder Years en toe oorbeweeg na movies. Haar eerste groot movie was The Crush in 1993 en dit het Aerosmith laat besluti om haar vir ‘n paar music videos te gebruik, soos byvoorbeeld Cryin’. Nadat hierdie music uitgekom het, het chicks aapkak gegaan met belly rings, so Alicia Silverstone is op haar eie basically verantwoordelik vir hierdie moerse fad. Die piercing vir die music video, het op die filming van die video gebeur.


Alicia Silverstone

Watkykjy staan op 3,177,958 post views in totaal sedert 1 November, 2019.








