Kom ons chat eers bietjie F1.
Max Verstappen gaan heel moontlik hierdie naweek voor sy home crowd by die Zandvoort track in Nederland wegstap met eerste plek. Insluitend hierdie naweek, bly daar 8 races oor . Max kort in totaal 4 eerste plekke om met die 2022 championship weg te stap, en sal probably net 3 kort na hierdie naweek. Ek dink nie hy sal Italy vat nie – Ferrari gaan alles uithaal om hom te stop op hulle home turf – so ek skiem hy sal USA, Brazil en Abu Dhabi vat om die laaste spyker in die kis te slaan. Ek gee natuurlik Mexico vir my absolute gunsteling, Sergio Perez.
Zandvoort
Practice 1 het sopas begin (12:30 vandag), P2 is om 16:00 vandag en P3 is more om 12:00. Ek gooi Sondag om 14:55 ‘n fokken dik gin vir die race! Dis een van die kortste tracks van die season teen 4.259km en daar sal 72 laps wees. My predictions vir die races hierdie jaar sover was fokken hondkak, en dis lekker, want dit beteken elke race is absoluut onvoorspelbaar. Ek gaan dus maar nou weer ‘n kans vat, so hier is my voorspellings vir Sondag se race:
- Verstappen
- Leclerc
- Perez
- Russel
- Hamilton
- Sainz
- Norris
- Alonso
- Ocon
- Vettel
- Bottas
- Magnussen
- Gasly
- Ricciardo
- Tsunoda
- Albon
- Ganyu
- Schumacher
- Stroll
- Latifi
Jou 5 doccies om te stream
Yup, ons is weer terug op die dokke en tussen die 5 wat ek uitgesoek het vir jou naweekvermaak, is daar net so oor die 9 ure se vermaak in totaal om oor die naweek so tussendeur die F1 op te split soos jy goed dink. Dit gaan meerendeels oor die entertainment industry – muso’s, actors en ‘n skrywer. Ek is seker dat iets in jou smaak sal val en elkeen van hierdie stories is fascinating as fuck!
Lennon’s Last Weekend (59m)
Lekker enetjie vir die Beatles fans. Die Lennon en Yoko Ono haters gaan hierdie seker wil skip. Anyway, teen Desember 1980, het John Lennon en Yoko Ono nie ‘n woord met die media gepraat vir 5 jaar lank nie. Met ‘n nuwe album om te promote was Lennon bereid om in New York met Radio One DJ van die BBC, Andy Peebles, te gesels. Lennon het almal onkant gevang toe hy sy hart oopgemaak het om oor ‘n verskeidenheid onderwerpe te gesels waaroor hy nog nooit vantevore gesels het nie. Goed soos sy kak verhouding met Paul McCartney, die opbreek van The Beatles, sy stuggle met addiction ensovoorts. Hierdie doccie kyk, tesame met archive footage, na wat John Lennon se laaste interview sou wees. Daar is ‘n kakhuis vol fotos en footage en gesprekke met mense wat hom geken het. Hy is slegs 48 uur na die onderhoud vermoor.
Lady Boss: The Jackie Collins Story (1h 36min)
Hierdie doccie neem kykers op ‘n immersive journey deur die baanbrekende lewe van die romanskrywer, Jackie Collins. Dis ‘n mengsel van feite en fiksie wat die storie vertel van ‘n outeur en haar mission om ‘n one-woman literêre empire te bou. Haar storie word vertel deur goeie vriende wat na aan haar was, sowel as familie, en ons leer van haar persoonlike stryd van ‘n vrou wat ‘n ikoon van die 1980s se feminismebeweging geword het. Die storie ontwikkel van ‘n viering van Jackie se revolusionêre romans – wat vroulike seksualiteit in die hart van hul storievertelling geplaas het – tot ‘n veelvlakkige beraadslaging oor feminisme, gesinsdinamika en die universele soeke om te verstaan hoe ons kinderjare-ervarings en vroeë traumas ons uiteindelik maak wie ons is. As jy bedreigd voel deur vrouens se sukses, gaan hierdie doccie vir jou ‘n groot pyn in die piel wees…
Showbiz Kids (1h 30min)
Om as ‘n child actor in Hollywood te graft, is ‘n high-risk, he-reward gedoente. Skrywer, regisseur en voormalige kinderakteur, Alex Winter (ek weet eerlikwaar nie wiedefok hy is nie, maar hy was blykbaar in kakbaie Red Hot Chili Pepppers music videos in die 90s) vertel die ervarings van prominente voormalige kindersterre en die effek van roem op ‘n kind. Jy kan mos nou vir jouself indink hoe al daai aandag en zak ‘n kind in ‘n kont kan verander. Kyk hoe het Chris Chameleon uitgedraai? O wag, hy is nie van Hollywood af nie. Hierdie doccie ondersoek die hoogtepunte en laagtepunte van kinders in die entertainment industry, en word gesteun deur onderhoude en ondersoeke van die lewens en loopbane van die bekendste voormalige kinderakteurs ter wêreld. Evan Rachel Wood is ook daar.
Jane Fonda in Five Acts (2h 8min)
Van die girl next door tot sex symbol, activist en fiksheidsmagnaat, het Oscar-wenner, Jane Fonda, ‘n lewe gelei wat gekenmerk is deur kontroversie, tragedie en transformasie, en sy het dit alles in die openbare oog gedoen. Hierdie doccie skets so ‘n profound prentjie van Jane Fonda en dit is so subtiel vervaardig, dat dit ons in staat stel om stap vir stap en stadium vir stadium ‘n lang reis saam met haar te neem. Van haar kinderjare tot die laaste hoofstuk in haar lewe. ‘n Verlore siel wat haar bes probeer het om die regte of beter pad van lewensvervulling te vind. Ek skiem ek gaan die naweek met hierdie ouitjie afskop sodat ek kan tjank en dit agter die rug kan kry…
Wu-Tang Clan: Of Mics and Men (4x 59 min)
Musiek en lyrical genious. Dis hoe mens die brasse van Wu-Tang akkuraat sou kon beskryf. Vergeet van al jou vooroordele. Ekself is ‘n metalhead, maar jirre, gee bietjie erkenning waar dit absoluut verdien word. Jy mag dalk selfs van gangster rap begin hou nadat jy vier ure saam met die manne spandeer het. Die hoeveelheid ou beeldmateriaal uit die gloriedae van die vroeë 90’s, en selfs die 80’s, plus onderhoude met die Clan self, sowel as naasbestaandes, maak hierdie reeks vir seker die moeite werd.
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
The Bay S1-3 In die tweede seisoen het ons gesien hoe Lisa Armstrong (Morven Christie) ná haar skorsing ’n paar range na speurkonstabel afgeskuif is. Sy is toe by die ondersoek na die moord op ’n prokureur betrek en haar eksman het boonop ook sy opwagting gemaak met sy onverwagte terugkeer na Morecambe. Intussen het Christie (en haar karakter) die reeks verlaat. Met die aanvang van die derde seisoen ontmoet ons dus Marsha Thomason as speurder Jenn Townsend – ’n nuwe toevoeging tot die span. Sy word sommer reeds op dag een in die diep kant gegooi as ’n lyk in die baai gevind word. Lees verder |
||
DMZ DMZ is ’n distopiese mini-reeks met slegs vier episodes. Die reeks is deur Roberto Patino (’n skrywer en uitvoerende vervaardiger op Westworld se eerste twee seisoene) vir HBO geskep. Midde die chaos van die burgeroorlog, soek die medikus Alma Ortego (Rosario Dawson) na haar verlore seun. Dít terwyl haar eks-liefde, Parco (Benjamin Bratt), beheer van die boonste deel van Manhattan as leier van die Spaanse Harlem Kings-bende neem. Lees verder |
||
Never Have I Ever S1-3 Mindy Kaling se treffer-tienerkomedie Never Have I Ever is terug vir ’n derde seisoen. Maar ons almal weet dis nie net tieners wat kyk nie… Daarvoor is dié skreeusnaakse storie, met uiters relatable awkward oomblikke vir elke ouderdomsgroep, net te lekker. Dié seisoen is die voorlaaste uittog vir die hoofkarakter Devi en haar vriende, so geniet dit terwyl jy kan. Met die aanvang van die nuwe seisoen wil-wil dit lyk asof almal hul happily ever afters gekry het…maar hulle kom gou agter dat die lewe alewig struikelblokke oplewer, hetsy gewone hoërskooldrama of die dieper vrae wat deur hul coming-of-age-ontdekkingsreis ontsluit word. Lees verder |
|
|
Gentleman Jack S1-2 Gentleman Jack is ’n historiese romantiese dramareeks. Die reeks is gegrond op die dagboeke van die Victoriaanse era lesbiese grondeienaar en nyweraar Anne Lister. Die hoofrol van Anne word deur Suranne Jones vertolk. Sy is wyd geloof vir haar spel in albei seisoene. Die nuwe seisoen begin in 1834, ’n maand ná Anne en Ann (Sophie Rundle) se private huwelikseremonie, met Anne wat Shibden Hall vir Ann se aankoms voorberei. Maar Anne se voormalige liefde, Marianna (Lydia Leonard), blyk ’n oënskynlike stok in die wiel vir hul planne te wees. Daarmee saam begin koerante oor Anne se seksualiteit te bespiegel.. Lees verder |
|
|
House of the Dragon House of the Dragon, gegrond op die skrywer George R.R. Martin se Fire & Blood, speel sowat 200 jaar voor die gebeure van Game of Thrones af. Dit draai om geskiedenis en bewind van Huis Targaryen en die magsbeheptheid wat dié ryk uiteindelik tot ’n val gebring het. Die rolverdeling sluit onder andere vir Olivia Cooke, Emma D’Arcy, Paddy Considine, Matt Smith en Rhys Ifans in. Lees verder |
||
Indian Matchmaking S1-2 Mumbai se voorste matchmaker, Sima Taparia, keer terug vir ’n tweede seisoen van een van die grootste TV-treffers van 2020, Indian Matchmaking. In die tweede seisoen van dié wêreldwye TV-fenomeen, help Sima nog kliënte met hul soeke na liefde. En dis nie maklik nie. Die mense het fiemies en wenslyse wat wissel van “man-buns” en ’n “ovo-lakto-semi-vegetariese” dieet. Lees verder |
||
The Equalizer S1-2 Die reeks is gegrond op die gelyknamige 2014-rolprent met Denzel Washington in die hoofrol. Dit is ook ’n semi-herverwerking van die oorspronklike TV-reeks wat in die 1980s vir vier seisoene uitgesaai is. Die storie volg Robyn McCall (Latifah), ’n eks-spioen en enkelma, soos sy mense help wat geen ander heenkome het nie. Lees verder |
||
Spoorloos: Die Eiland Soos met die vorige seisoene (al drie op Showmax), is Spoorloos: Die eiland ’n losstaande spanningsverhaal. Dus het dié reeks heeltemal nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. In dié seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel as ’n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom ook in ’n web van leuens intrek as sy dan vermis raak. Stefan word natuurlik die hoofverdagte in die saak… Lees verder |
||
Ludik S1 Die Suid-Afrikaanse en Hollywood-akteur Arnold Vosloo vertolk die hoofrol in Ludik, Netflix se eerste oorspronklike Afrikaanse reeks. Ook in die rolverdeling tel onder andere Diaan Lawrenson, Rob van Vuuren, Lizz Meiring en Lea Vivier. Die storie draai om ene Daan Ludik (Vosloo), ’n ryk sakeman wat sy meubelmaatskappy as ’n front gebruik om diamante te smokkel. As ’n lid van sy familie dan ontvoer word, word hy genoop word om nie net diamante nie, maar ook wapens, te smokkel. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,048,224 post views in totaal sedert 1 November, 2019.