As jy ‘Nelspruit’ of ‘Mbombela’ in die Googlemasjien intik en die ‘news’ tab select, kry jy uitsluitlik resultate oor rugby. Hopelik sal mense met dieselfde search term oor so paar weke afkom op Worsie Van Wyk se piele Afrikaanse musiek. Met die eerste oogopslag sou jy skiem dat hierdie ex-Pretorianer (nou groentjie laevelder), gaan rondtjommel op sy bokskitaar met ‘n capo permanent op die eerste fret en 3-akkoord liefdesliedjies uitkak – musiek vir brannasbere en poflip-poppies. Gelukkig gaan jou oë en ore moet spanwerk doen.
Kyk, Worsie lyk dalk soos ‘n starter pack vir owerspel in Afrikaans of egskeidings waarin die man alles vat, maar sy musiek gaan jou onkant vang want dit pas 100% glad nie by sy image nie. Dit maak die musiek wat hy pleeg, soveel meer treffend en onverwags. Watse musiek?, hoor ek jou vra. Metal, pappie! Heavy fokken topklas metal! Sy eerste single, Kraal Van Sweet, word DV more (Vrydag 5 Agusuts) losgelaat op die interwebs. Die tune is die eerste single vanaf sy EP, Oros en Horrogs en is geinspireer deur wat voor Worsie onder in die crowd aangaan wanneer hy op stage is en perform – die mosh pit. Kraal Van Sweet ‘n energieke tune wat jou in die gesig bliksem. As ek na die kitaarwerk luister, klink dit of ou thrash en groove metal bands van die 90s soos Pantera, Machine Head en Sepultura moontlik as inspirasie gedien het. As ek na die lyrics luister, wil dit vir my voorkom of Francois Blom en Theo Crous se Afrikaanse extreme metal band van die 2000’s., K.O.B.U.S! dalk ‘n invloed op Worsie gehad het. In fact, na K.O.B.U.S! was daar ‘n moerse leemte in proper Afrikaanse metal gelos wat tot dusver nog nie gevul is nie. Baie metaalkopkindertjies gaan hierdie aanbod met ope arms ontvang. Worsie het self al die tunes geskryf, verwerk, gespeel en record, waarna dit na ‘n Joburg studio toe gestuur is vir mixing en mastering deur een van die bestes in die besigheid. Dié van julle wat die persona agter Worsie uitgefigure het, sal dan ook weet hoe die res van die legkaart in mekaar pas en watter kwalitiet jy kan verwag.
As ek krities na die hele storie moet kyk. het ek twee gripes…
Die eerste een is nie ‘n major issue nie, maar ek sou bietjie terug gehou het met die reveal dat die musiek, Afrikaanse metal is. Laat die musiek eerder die praatwerk doen nadat jy deur die image gegooi is. Ek dink egter dat baie mense steeds omkant gevang kan word, want het jy al ‘n Afrikaanse mens actually sien lees? Hulle kap gewoonlik draties oor headlines en maak afleidings sonder om te lees wat actually aangaan, so ek skiem tog die surprise element sal daar wees en in Worsie se guns tel. Imagine hy word gebook vir faktap venues soos die Montana Family Market in Pretoria-Noord net omdat iemand ‘n poster van hom in sy kortbroek gesien het met ‘n bokskitaar? Jissis, en wie dra nog moon bags? Fok, ek wil daai gig bywoon. Ek hoop Worsie lyk altyd soos iemand wat net-net ‘n entry level Ford Ranger kan bekostig by sy optredes.
My tweede gripe is eintlik positief van aard: Ek voel dat ‘n EP heeltemal te fokken kort is. Vier tracks? Ja, ek weet hoe fokken EPs werk, maar ek soek ‘n vollengte album. EPs is great as die musiek so-so is. Dis gewoonlik vergeetbaar, maar Oros en Horrogs het sulke befokte tunes dat ek voel dat 4 tunes nie naastenby genoeg is nie. Twaalf tracks? Ten minste! Die laaste keer wat ek so disappointed was met te min musiek met ‘n release, was toe Georgetown die 6-track EP, Banana Jack, vrygestel het. Ek sien Worsie se sokkies is reeds hoog opgetrek, so hy moet nou maar net daai vollengte album uitsit. Op vinyl, né? Nouma piele dan.
Jy kan solank die eerste single, Kraal van Sweet luister:
Gaan volg ook vir Worsie op socials om op hoogte te bly van verwikkelinge:
Facebook: https://www.facebook.com/WorsieMusiek
Instagram: https://www.instagram.com/worsiemusiek/
Ter afsluiting los ek jou met die woorde van ‘n wyse wors:
Bid vir jou siel, ek voel ‘n storm vorm!
[slider animation=”fade, slide” slide_time=”4000″ slide_speed=”500″ slideshow=”true” random=”true” control_nav=”true” prev_next_nav=”true” no_container=”true”]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/08/Worsie-van-Wyk-Watkykjy-1.jpg” alt=”Worsie Van Wyk” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/08/Worsie-van-Wyk-Watkykjy-2.jpg” alt=”Worsie Van Wyk” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/08/Worsie-van-Wyk-Watkykjy-3.jpg” alt=”Worsie Van Wyk” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/08/Worsie-van-Wyk-Watkykjy-4.jpg” alt=”Worsie Van Wyk” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/08/Worsie-van-Wyk-Watkykjy-5.jpg” alt=”Worsie Van Wyk” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/08/Worsie-van-Wyk-Watkykjy-6.jpg” alt=”Worsie Van Wyk” type=”thumbnail”] [/slide]
[slide] [image src=”https://www.watkykjy.co.za/wp-content/uploads/2022/08/Worsie-van-Wyk-Watkykjy-7.jpg” alt=”Worsie Van Wyk” type=”thumbnail”] [/slide]
[/slider]
Watkykjy staan op 3,048,168 post views in totaal sedert 1 November, 2019.
Lekker Wolmer!