Emmy Award wenner, Ben Whishaw (wat onder andere die rol van Q vertolk in die laaste 3 bond movies asook die stem van Paddington is) vertolk die rol van die regte dokter, Adam Kay, wie se best seller memoir, This is Going To Hurt, gebasseer is op sy dagboekinskrywnigs – kort notas wat hy in die geheim opgeteken het na eindelose dae, slapelose nagte en naweke wat moertoe is as gevolg van sy werk se druk skedule. Hierin vertel hy die onverdunde waarheid van die lewe as ‘n dokter wat in verloskune en genekologie werk, of soos hy dit noem, “brats and twats”. In goeie ou Afrikaans is die oom sommer ‘n kwaksalwer. Of ‘n koekeloerder. Hierdie memoirs is nou verwerk na ‘n 7-deel reeks van dieselfde naam.
Adam glo dat die enigste werklike en eerlike manier om die lewe in ‘n hospitaal uit te beeld, deur middel van ‘n comedy-drama is. Hy reken dat ‘n sitkom nooit regtig die dringendheid en werklikheid van ‘n tragedie sal kan aanspreek nie en insgelyks kan jy nie van ‘n drama verwag om al die weird en funny kak waarmee dokters op ‘n daagklikse basis moet deal, te dra nie. Die beste van beide wêrelde verleen tot balans:
“You can have a hilarious moment in an antenatal clinic that you know you’ll be recounting in pubs for years, and two minutes later you’re telling a patient that you can’t find their baby’s heartbeat – it’s a job of contrasts and constant gear-shifts.”
Dis juis hierdie kontrasterende realiteite wat Adam (wat ook die draaiboek aangepas het en self die reeks vervaardig het) uitgebeeld het. Volgens hom is sy dagboeke die eerste plek gepubliseer omdat ek hy wil hê dat mense die ware aard van ’n dokter se werk beter kan verstaan. Die tipe shit wat ek en jy nie noodwendig van bewus is nie soos die konstante teenwoordigheid van liggaamlike vloeistowwe, die feit dat hulle minder geld as die hospitaal se parkeermeter verdien en die challenge om vriendskappe en verhoudings te maintain wanneer jy jouself faktap werk teen net onder die 100 ure per week. As dus jy daaraan dink om medies te swot of ‘n kind het wat van plan is om varsity toe te gaan om medies aan te vat, sal hierdie reeks dalk soos ‘n emmer vol kouer water oor die kop wees.
This is Going To Hurt is glad nie soos die ander mediese drama’s of komedies daarbuite nie. so moenie dink dis ‘n Scrubs two point oh of ‘n Grays Anatomy rebooted nie. Daar is niks glamorous aan die show nie, soos daar ook nie regtig iets glamarous aan ‘n dokter se werk is nie. Die reeks is snaaks, dit is wreed, dit is walglik, dit is hard, dis grusaam, en dit gaan soveel meer oor die werk as enige iets anders. Met die ander shows word daar baie gefokus geplaas op die karakters wat toevallig in ‘n hospitaal werk en kak en drama vir hulleself create. In die regte lewe huil dokters en verleegsters stilletjies in locker rooms en nieemand praat daaroor nie. Hierdie reeks lig die feilbaarhied uit. Dokters kan ook siek word en dokters se koppe kan net soos ons s’n, ook uithaak. Dit kan net so ‘n ondankare job wees as wat dit bevredigend en stimulered is.
Die akteurs het basiese mediese opleiding van actual professionele mediese adviseurs ontvang, terwyl regte hospitaalpersoneel ook as ekstras gespeel het. Aan die mediese kant van dinge was daar nie shortcuts nie en die akteurs het genuine geleer hoe om ‘n keisersnee uit te voer of hoe om met forceps te werk.
Jissis, ek hoop nie ek skiet ‘n kat as ek hierdie storie kyk nie. Ek sou ‘n hondkak dokter gewees het…
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Spoorloos: Die Eiland Soos met die vorige seisoene (al drie op Showmax), is Spoorloos: Die eiland ’n losstaande spanningsverhaal. Dus het dié reeks heeltemal nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. In dié seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel as ’n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom ook in ’n web van leuens intrek as sy dan vermis raak. Stefan word natuurlik die hoofverdagte in die saak… Lees verder |
||
Bewonder en bewaar met Bonné de Bod S1 Op haar reise na die afgeleë uithoeke van die wêreld ervaar Bonné eerstehands hoe sekere van die planeet se mees toegewyde navorsers die geheimenisse van Moeder Natuur ontsluit. Sy kom ook agter hoe hierdie mense nie net met klein en groot gediertes werk nie. Hulle streef terselfdertyd hul drome met ’n daaglikse bestaan in die natuur na. Lees verder |
||
The Umbrella Academy S1-3 The Umbrella Academy is ’n eksentrieke reeks met ’n wrang humorsin. Hopelik bou die derde seisoen voort op die fyn balans tussen aksie en die karakters se emosionele ontwikkeling in die vertelling.The Umbrella Academy is gegrond op die gelyknamige comics deur Gerard Way en geïllustreer deur Gabriel Bá. Die storie speel af in ’n alternatiewe realiteit waarin 43 vroue van reg oor die wêreld op 1 Oktober 1989 geboorte skenk. Die kinkel? Nie een van dié vroue het enige tekens van swangerskap getoon tot die oomblik wat hulle – nogal gelyktydig ook nog – begin kraam het nie. Lees verder |
||
Time S1 In Time, vertolk Sean Bean, bekend vir onder meer sy rol in Game of Thrones (en hoe hy omtrent in elke reeks of fliek waarin hy speel, sterf), die rol van Mark. Hy is ’n nuwe gevangene wat deur skuldgevoelens vir sy misdrywe oorrompel word. Daarenteen is Eric, vertolk deur Stephen Graham, ’n tronkbewaarder wat diegene in sy sorg probeer beskerm. Een van die gevaarlikste gevangenes in die tjoekie kom gou agter hy kan dié “swakheid” misbruik, maar dit plaas vir Eric in ’n heel nuwe penarie waarin sy beginsels en sy liefde vir sy gesin getoets word. Lees verder |
|
|
The Responder S1 Martin Freeman (The Hobbit-trilogie, Fargo) lewer uithalerspel in die BBC One-drama, The Responder, as Chris Carson, ’n polisiebeampte wat sukkel om kop bo water te hou. Die reeks speel in Liverpool af en die draaiboek is deur ’n voormalige polisiebeampte van dié stad, Tony Schumacher, geskryf. Volgens Schumacher is die vyfdelige reeks fiktief, hoewel dit wél geïnspireer is deur die uitdagings wat hy deur die loop van sy loopbaan moes hanteer het. Die storie volg Carson terwyl tydens die nagskof aan diens is. Ons sien hoe hy telkens tot op die rand van ’n senu-ineenstorting gedruk word. Lees verder |
||
Virgin River S1-4 Ten spyte daarvan dat sy nie weet of haar baba dié van haar oorlede man, Mark, of aan haar aan-af-aan-af-af-aan-boyfriend Jack, behoort nie, is Mel heel optimisties met die aanvang van dié gewilde smartsaga se nuwe seisoen. Mel is immers al deur diepe waters. Sy smag al etlike jare om ma te word, al was haar dokters dit eens dat sy nie haar eie biologiese kinders sou kon hê nie. Maar nou is sy een tree nader aan die werklikheid. Terwyl Jack ondersteunend en selfs opgewonde is, knaag die vraag oor of dit nou sy, of Mark, se kind is, aan hom. Sake word verder bemoeilik as ’n aantreklike nuwe dokter in die klein dorpie aankom Lees verder |
||
This Is Going to Hurt Die Britse komedie-drama, This Is Going to Hurt, is gegrond op Adam Kay se gelyknamige memoir en sy werk as ’n dokter in ’n hospitaal se (chaotiese) verloskunde- en ginekologie-afdeling. Dit is wel ’n fiktiewe vertelling, so sommige van die uitbeeldings van sy alledaagse ervarings moet liefs met ’n knippie sout geneem word. Die hoofrol word deur Ben Whishaw vertolk. Whishaw is bekend vir sy rolle in Fargo, as Q in die James Bond-flieks Spectre en No Time to Die, en Mary Poppins Returns. Daar’s dae waar slaap ’n mite is, pasiënte onverwags sterf, en persoonlike verhoudings en familiebande onder die druk van sy dokters-bestaan knak. Dit klink ernstig – en dit is – maar verweef met ’n eiesoortige en egte humor wat jou intrek. Laughter is the best medicine, laat This is Going to Hurt blyk. Lees verder |
||
Spoorloos: Die Eiland Soos met die vorige seisoene (al drie op Showmax), is Spoorloos: Die eiland ’n losstaande spanningsverhaal. Dus het dié reeks heeltemal nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. In dié seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel as ’n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom ook in ’n web van leuens intrek as sy dan vermis raak. Stefan word natuurlik die hoofverdagte in die saak… Lees verder |
||
Resident Evil S1 Die Resident Evil-reeks is gegrond op die uiters gewilde gruwel videospeletjie- en film-franchise waarvoor die model en aktrise, Milla Jovovich, bekendheid verwerf het. Dis 2036 – 14 jaar nadat ’n dodelike virus ’n wêreldwye apokalips veroorsaak het. In dié hel-landskap veg Jade Wesker om oorlewing teen bloeddorstige en siek…goeters… Dít als terwyl sy ook probeer om haar hartseer verlede te verwerk. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,074,311 post views in totaal sedert 1 November, 2019.