‘n Teen drama word gedefinieer as ‘n soort dramareeks wat op die tienerkarakters fokus en die teikengehoor is gevolglik tieners of jong volwassenes omdat die storielyn oorwegend relatable met die ouderdomsgroep is. Jong volwassenes sluit mense van hulle 20s en 30s in, sou ek reken. So hoekom like Gen-X’ers dit (ek skiem dis die meerderheid) om teen drama’s te kyk? En voor jy tune, jy kyk dit glad nie, onthou dat moerse gewilde reekse soos Teen Wolf, Chilling Adventures of Sabrina, Locke & Key, Stanger Things en Cobra Kai, almal totally teen drama’s is. Ek dink ons ouer ballies verstaan die kinders van vandag dalk fokken glad nie, maar dit maak sin dat daar ‘n hunkering is na ‘n meer sorgvrye en onskuldige tyd. Kyk, tieners se harte vreet baie kak, want as tiener, fok jou emosies nogal lekker met jou. Dit voel asof alles super erg saak maak en belangrik is, maar in retrospek as ‘n groormens, is dit letterlik net kinderkak. As kind was verantwoordelikhede beperk tot ‘n minimum want daar was nie bills om te betaal nie. Verhoudings was oppervlakkig en het vinnig tot ‘n einde gekom. Jy was simpel, jonk, dom en vol kom, gevul met energie en jou hele lewe wat voor jou lê. Maybe we want that back?
Tieners het eintlik maar irrasionele vrese, maar dis deel van grootword. Vrees is een van die mees oer-emosies wat ons as mense kan ervaar. As jy ’n tiener is, begin jy die wêreld sien vir wat dit werklik is – ’n fokken gevaarlike plek met taxes, crime, beroepe en loadshedding. Dis is hoekom horrors en tieners so goed mix. Dis juis hierdie vrese wat maak vir lekker entertainment in die vorm van super gewilde slasher flieks soos Scream of die vampire vibes van Vampire Diaries of die (fokken simpel) Twilight movies. Dit bring ons by ‘n splinternuwe dramareeks, Pretty Little Liars: Original Sin. Twintig jaar gelede het ‘n reeks tragiese gebeure die klein dorpie Millwood byna uitmekaar geruk. Nou, in die hede, word ‘n splinternuwe groep Pretty Little Liars geteister deur ‘n anonieme aanvaller, wat slegs bekend staan as “A”. Die feit dat hierdie aanvaller (hy is actually ‘n fokken moordenaar) nie ‘n gesig het nie, maak dinge nog erger vir die girls. Hy hou hulle die heeltyd dop en dit voel asof daar alomteenwoordige bedreiging om elke hoek en draai wag, wat geen wegkomkans bied nie. Dis basically The Breakfast Club meets Scream. Terloops, as jy nog nooit The Breakfast Club (1985) gesien het nie, probeer dit asseblief iewers in die hande kry. Dis ongelukkig tans op geen van die streaming services in Suid-Afrika nie en dis ‘n moerse befokte classic!
Pretty Little Liars: Original Sin is geskep deur Roberto Aguirre-Sacasa wat ook verantwoordelik is vir Chilling Adventures of Sabrina en Lindsay Calhoun Bring, wat onder andere op 24 en Two and a Half Men se skryfspan was. Die ensemble-rolverdeling sluit ‘n magdom nuwe gesigte in maar dan is daar ook Bailee Madison (Good Witch, Brothers) as Imogen, Chandler Kinney (Lethal Weapon die reeks) as Tabby, en Mallory Bechtel (Hereditary) as die Beasley-tweelingsusters, Karen en Kelly. Die muso en YouTuber Alex Aiono en Eric Johnson (Smallville, The Knick) maak deel uit van die support cast.
Soos jy seker reeds kon aflei, sal fans van die 1970s tot 1990s slasher tipe movies, hierdie reeks moerse geniet. Daar is ook ‘n tipe eerbetoon aan films uit hierdie era – een van die karakters werk by ‘n prokureersfirma genaamd Strode, Prescott, Ripley & Associates. Dis ‘n hat tip na Laurie Strode van Halloween, Sidney Prescott van Scream en Ellen Ripley van Alien, almal lead karakters in daardie befokte classic horror movies. Pretty Little Liars: Original Sin vind sy voete en orienteer die kyker binne die eerste twee epsiodes, en dan begin dit lekker spoed vang in die derde episode wanneer die opwinding en spanning begin opbou.
Sterkte met al jou tienerangs die naweek!
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,056,588 post views in totaal sedert 1 November, 2019.