Orkney Snork Nie – Flamenco en Koffietafel

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas en Liewe Heksie was ook iewers in die mix gewees. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet, Woepies Wurm het sy buiging kom maak vir so 10 weke en toe klap ons julle met twee weke se bederf met Postman Pat. Toe gaan ons fokken wragtig weer terug na Zet toe. Ons het finaal afskeid van Zet geneem en julle met Brakanjan se movie ge-treat en toe so paar epsiodes van Die Wysheid van die Kabouters in die mix gegooi. Toe het ons tussen ons ou movies gaan rondkrap en so paar uitgegrawe, maar ons is vir die volgende ses weke eers weer terug in die 1980s met Afrikaanse TV en sommer een van die mees populêre reekse ooit – Orkney Snork Nie. Jammer man, ons kon nie al die seasons opspoor nie, maar die bietjie wat ons het is ten minste goeie kwaliteit!

Orkney Snork Nie – Flamenco en Koffietafel
Die van Tonders se huishouding word ontwrig wanneer die meubels teruggeneem word. Dis deels Wimpie en Oupa se skuld. Maggie blameer vir Hendrik terwyl Yolanda en Ouboet dinge verder vererger.

Hierdie post is 100 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,238,420 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinOrkney Snork Nie – Flamenco en Koffietafel

Gooi Comment