Kom ons beweeg betjie weg van voorstelle van movies en reeks af vir een naweek en gaan gaan krap onder daardie super onpopulêre klip van documentaries. Kyk, mens hoef ook nou nie die hele fokken tyd doccies te nodge nie, maar hoekom is mense so dikbek vir die genre? Is mense bang om bietjie education te kry? Is die dinkwerk te veel van ‘n mission? Of wil mense net die hele tyd ge-entertain word? Is dit dieselde mense wat anti-masker en anti-vaxx is? O nee wag, daai mense kyk YouTube conspiracies en skiem dis nagevorsde dokumentêre. Ek wil genuine weet hoekom mense dit nie like nie.
Kom ons hou die into kort vandag. Ek onthou nou net dat mense dit ook nie like om te lees nie. Vandag se voorstelle vir doccies gaan 100% oor vrouens aangesien dit vrouemaand is en ons een dag in die jaar afstaan om vroue te celebrate. Hopelik sal iets iewers along the way deur een van hierdie features mense herinner dat elke dag eintik vrouedag moet wees. Nie letterlik nie, hoor? Jy verstaan?
#woke
#libtard
#snowflake
#metoo
#menaretrash
Untouchable
Harvey Weinstein is een van die fokken slegste mans wat ongelukkig nog lewe. Untouchable kyk na die ondersoek rondok hierdie stuk gemors. Harvey Weinstein is gebore en getoë in die New York in die 50’s en 60’s hy en sy broer Bob het ‘n klein maatskappy genaamd Miramax op die been gebring wat uiteindelik in die 80’s en 90’s verander het in een van die grootste en veelbekroonde filmmaatskappye van die laat 20ste eeu. Maar agter die geld, glans, hoërklaspartytjies en die toekenningsgala, skuil ‘n skrikwekkende werklikheid wat onbekend is vir almal behalwe vir diegene wat dit ongelukkig moes beleef het: ‘n suksesvolle man met ‘n donker kant wat oor ‘n paar dekades ongeveer homself om ongeveer honderd vroue afgedwing het en hulle mishandel het. Die ‘n empire van stilte en afgryse wat skynbaar geen einde het nie. Hierdie doccie vertel die onvertelde verhaal deur onderhoude met geuieniss, slagoffers, Kontkop se voormalige kollegas en daar word gekyk nie die globale impak van die en hoe dit onwetend gelei het tot die byproduk van die wêreldbeweging vir gelykheid van #MeToo
Natalie Wood: What Remains Behind
Hierdie doccie explore Natalie Wood se lewe en loopbaan deur die unieke perspektief van haar dogter, Natasha Gregson Wagner, asook ander wat haar die beste geken het. Terwyl daar nog baie onbeantwoorde vrae oor die aktrise se dood is, fokus hierdie dokumentêr op die kort lewe wat sy geleef het. Dit sluit home videos, briewe en onderhoude met haar vriende en familie in wat nog nooit voorheen gesien is nie. Wood is op 43-jarige ouderdom onder geheimsinnige omstandighede dood tydens die maak van die movie. Brainstorm terwyl sy op ‘n bootreis na Santa Catalina-eiland was aan boord haar man se 58 voet yacht. Afegsien van die feit dat sy verdrink het, is baie van die omstandighede sketchy. Daar is byvoorbeeld nooit vasgestel hoe sy in die water geland het nie.
At the Heart of Gold: Inside the USA Gymnastics
Nog ‘n fokken vuil Fanie wie se piel afgekap moet word. In 2016 is USA Gymnastics geruk deur die onthulling dat hulle nasionale spandokter, Larry Nassar jong atlete al dekades lank abuse het. Tribeca-aluin Erin Lee Carr se onwrikbare dokumentêr, pak die skandaal, sy toesmeerdery en die gevolge wat daaruite gesprtui het uit, terwyl hulle ‘n stem gee aan dié wat alles in stilte moes ontbeer het.
#kapsypielaf
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Hacks S1-2 In Hacks loop Deborah Vance (Jean Smart) die gevaar om haar werk as komediant by ’n teater in Las Vegas te verloor. Intussen is ’n 25-jarige komedieskrywer in Los Angeles op soek na werk. Dit lyk of hulle elkeen kan doen met die ander se hulp, maar Deborah is skepties oor die jong skrywer. Hul werksverhouding begin met ’n onkonvensionele reis waar Deborah kyk of Ava (Hannah Einbinder) alles sal doen wat sy vra. As sy haar daarmee kan vertrou, kan sy haar seker vertrou om vir haar nuwe materiaal te skryf?. Lees verder |
![]() |
|
DMZ DMZ is ’n distopiese mini-reeks met slegs vier episodes. Die reeks is deur Roberto Patino (’n skrywer en uitvoerende vervaardiger op Westworld se eerste twee seisoene) vir HBO geskep. Midde die chaos van die burgeroorlog, soek die medikus Alma Ortego (Rosario Dawson) na haar verlore seun. Dít terwyl haar eks-liefde, Parco (Benjamin Bratt), beheer van die boonste deel van Manhattan as leier van die Spaanse Harlem Kings-bende neem. Lees verder |
![]() |
|
Never Have I Ever S1-3 Mindy Kaling se treffer-tienerkomedie Never Have I Ever is terug vir ’n derde seisoen. Maar ons almal weet dis nie net tieners wat kyk nie… Daarvoor is dié skreeusnaakse storie, met uiters relatable awkward oomblikke vir elke ouderdomsgroep, net te lekker. Dié seisoen is die voorlaaste uittog vir die hoofkarakter Devi en haar vriende, so geniet dit terwyl jy kan. Met die aanvang van die nuwe seisoen wil-wil dit lyk asof almal hul happily ever afters gekry het…maar hulle kom gou agter dat die lewe alewig struikelblokke oplewer, hetsy gewone hoërskooldrama of die dieper vrae wat deur hul coming-of-age-ontdekkingsreis ontsluit word. Lees verder |
![]() |
|
Spreadsheet S1 Hoe anders moet sy by als uitkom? Lauren het immers ’n suksesvolle loopbaan as ’n prokureur, twee baie ongehoorsame, maar skreeusnaakse kinders en ’n effens, dog merkbaar, onbekwame eksman. Sy is BESIG. Maar selfs Excel het sy beperkinge… Daar is ook net soveel wat in kolomme en rye ingepas kan word. Lees verder |
![]() |
|
Gentleman Jack S1-2 Gentleman Jack is ’n historiese romantiese dramareeks. Die reeks is gegrond op die dagboeke van die Victoriaanse era lesbiese grondeienaar en nyweraar Anne Lister. Die hoofrol van Anne word deur Suranne Jones vertolk. Sy is wyd geloof vir haar spel in albei seisoene. Die nuwe seisoen begin in 1834, ’n maand ná Anne en Ann (Sophie Rundle) se private huwelikseremonie, met Anne wat Shibden Hall vir Ann se aankoms voorberei. Maar Anne se voormalige liefde, Marianna (Lydia Leonard), blyk ’n oënskynlike stok in die wiel vir hul planne te wees. Daarmee saam begin koerante oor Anne se seksualiteit te bespiegel. Lees verder |
![]() |
|
Indian Matchmaking S1-2 Mumbai se voorste matchmaker, Sima Taparia, keer terug vir ’n tweede seisoen van een van die grootste TV-treffers van 2020, Indian Matchmaking. In die tweede seisoen van dié wêreldwye TV-fenomeen, help Sima nog kliënte met hul soeke na liefde. En dis nie maklik nie. Die mense het fiemies en wenslyse wat wissel van “man-buns” en ’n “ovo-lakto-semi-vegetariese” dieet. Lees verder |
![]() |
|
La Brea S1 As ’n reuse-sinkgat in die middel van Los Angeles ontstaan, word ’n gesin in twee geskeur. Terwyl die pa en dogter die ramp net-net oorleef, val die ma en seun die gat binne. Só beland hulle saam met ’n groep vreemdelinge in ’n vreemde oerwêreld. Van albei kante probeer die gesin als om te herenig en dis dan wat die pa besef die visioene wat hom teister die sleutel tot hul geliefdes se redding is. Lees verder |
![]() |
|
Spoorloos: Die Eiland Soos met die vorige seisoene (al drie op Showmax), is Spoorloos: Die eiland ’n losstaande spanningsverhaal. Dus het dié reeks heeltemal nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. In dié seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel as ’n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom ook in ’n web van leuens intrek as sy dan vermis raak. Stefan word natuurlik die hoofverdagte in die saak… Lees verder |
![]() |
|
Locke & Key S1-3 Wéér – maar nou vir ’n laaste keer – kom sibbe Tyler, Kinsey en Bode Locke teen ’n donker en anderwêreldse bedreiging in Locke & Key se finale seisoen te staan. In die eerste seisoen van Locke & Key het die vermoorde Rendell Locke se gesin – sy weduwee Nina en kinders Tyler, Kinsey en Bode – van Seattle na Rendell se grootword-huis in Massachusetts verhuis. By Keyhouse Manor aangekom, ontdek die kinders ’n klomp geheimsinnige sleutels. Hulle kom gou agter dit het towerkragte…en dat ’n demoon die sleutels soek. Teen die einde van die tweede seisoen blyk dit hulle het oor die donker magte geseëvier. Tog, as ons die lot met die aanvang van die derde seisoen weer ontmoet, ontdek Bode nog ’n sleutel. En waar daar nog ’n sleutel is, is daar definitief nog moeilikheid wat wag. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,092,677 post views in totaal sedert 1 November, 2019.