Blykbaar is House of The Dragon maar net die eerste van ‘n hele rits spin-offs van HBO se massive hit, Game Of Thrones waarvan jy gelukkig tans steeds al 8 reekse kan stream, alhoewel dit reeds meer as 3 jaar gelede tot ‘n einde gekom het. Die beste nuus vir hardcore GOT-fans (myself inkluis) is dat jy hierdie komende Maandag, die 22ste Augustus, die langverwagte prequel, House of The Dragon se eerste van tien episodes op Mnet kan kyk op DStv! Dis nou as jy jouself 3am uit die pisvelle kan rol en jou gat voor die TV kan kry. Express from the US, pappie! Dit word darem ook Maandagaand om 21:30 repeat. Sommige mense kla mos oor die repeats. Shame, jy spandeer te veel tyd voor die TV, tjom. Ek wonder hoeveel keer jy jouself repeat en hoe befok dit mense maak…
House of The Dragon is gebasseer op George R.R. Martin se boek, Fire & Blood en die gebeure speel af 200 jaar voor Game Of Thrones se vibes. Die reeks vertel die verhaal van die begin van die einde van House Targaryen en al die gebeure in aanloop tot die moerse hectic Targaryense oorloog, wat bekend geword het as Dance of The Dragons. So gepraat van drake – die TV reeks feature sewentien drake, alles te danke aan die befokste en nuutste special effects. Eerder as om Fire & Blood as ‘n moerse dik novel van oor die 700 bladse te beskou, kan dit beskou word as die enigste gesaghebbende fiktiewe geskiedenisboek van die Targaryen-dynasty gedurende Aegon the Conqueror se oorheersing. Hy was die eerste Targaryen wat Westeros met drake opgefok het. Dink aan hom as Khaleesi met ‘n piel.
Die TV-reeks cover nie die hele boek self nie, maar lig eerder ‘n spesifieke era uit: Dance of the Dragons – die burgeroorlog waarin Targaryen teen Targaryen gedraai het, en draak teen draak gefight het in ‘n dodelike stryd wat die begin van die einde van die clan sou wees. Hang on! Side bar: ewe skielik maak dit nou vir my moerse sin dat daar fokol drake in Game of Thrones was vir amper die hele eerste seisoen nie. Daar was drie kosbare paaseiers wat Khaleesi eers moes uitbroei in ‘n braaivuur. Aaaah man, now I fokken get it! So… gaan al die drake dan fokken dood in die prequel wat ons nou moet kyk? Het ek dit nou vir myself gespoil voordat ek eers ‘n episode te sien gekry het? Gaan ek fokken huil oor ‘n draak?
House of The Dragon is nie Game Of Thrones nie, maar dit is tog wel ook dit. Ten spyte van die feit dat David Benioff en D.B. Weiss glad nie by hierdie nuwe projek betrokke was nie (hulle het mos Thrones se einde glo vir ‘n klomp mense opgefok – ek was fine met dit) gaan jy baie familiar voel met die nuwe reeks, aangesien jy elemente en veral simbole van Westeros sal herken. Huise sal min of meer dieselfde shapes en boustyl hê (“argtitektuur” vir die rooiwyndrinkers) en obviously sal die drake nie soos Groenie die Drakie lyk nie en meer soos Game Of Thrones se vuurwaterblaffies. Dalk selfs beter? Wat wel anders gaan lyk is die interior decoration, die vloere, ceiling, handles, deure en mure en dinge soos die troon self – ek skiem die troon sal meer opulent en bedreigend voorkom, met beslis meer en mooier swaarde wat in ‘n beter toestand is. Onthou, die troon het sy fair share van assholes gesien oor die tweehonderd jaar voordat Khaleesi uiteindelik ‘n meisiepoep op hom uitgesquueze het met daai netjiese, sagte pere van haar. Die klere, juwele, chastity belts en krone sal ook probably meer weelderig en kleurvol vertoon met met meer goud en edelgesteentes. Oordaad en spandabelrigheid. Why? Want onthou (and I can not stress this enough), die prequel speel af 200 voor die storie wat jy op TV ken. Daar was baie meer zak en dekadensie. Dink byvoorbeeld aan hoe Egipte moes gelyk het onder Rammies Ramses en hoe dit nou lyk onder Abdel Fattah El-Sisi. Meer sise as fattah, right? Die Seven Kingdoms voor Thrones was soos sewe Nkandlas en al die Targaryens was either Elon Musk of Jacob Zuma voordat die kak begin spat het en drake mekaar se piele begin afbyt het…
Ek sien uit na dieselfde Game Of Thrones tipe vibe en die wenresep wat sonder twyfel in House of The Dragon voortgesit gaan word: daai paar karakers wie ons absoluut met ‘n fokken passie haat, die karakters wie ons stukkend love, die meeste en die wreedste aksie, die mooiste tiete in TV-land en natuurlik die gevaarlikste drake in TV-geskiedenis. Spel van Tiete en Drake… Dit sal die Afrikaanse naam wees het wat ek dit sou gee. Maar genuine nou, as jy na die traielr kyk – die drake lyk fokken impressive en lyk blerrie insane! Ek ry sommer nou SPCA toe! Soos iemand tereg opgemerk het: “I’m actually impressed they hired real dragons for the show. Respect!”
Jirre, ek kan genuine nie fokken wag om House of The Dragon Maandag 3am te kyk nie.
Ek hoop dis sommer poeskoud, want ek en my bersie is totes gereed vir die fokken storie!
#jealousdown
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,092,388 post views in totaal sedert 1 November, 2019.