Honger vir damduik by Emmarentia! (Liefde By Die Dam 20220

Hierdie is ‘n Watkykjertjie bydrae deur Sober Sammie, Die Kultuurkat
Sondag, 14 Augustus. Ons media passes is ingepak en ons is reg vir die jol. Ons vat die pad Joburg toe.
Liefde by die dam is nou al ’n paar jaar aan die gang. Elke jaar kry Petoors se gunsteling radiostasie, Jakarandafm ‘n vet nice line up van die whose who in Afrikaanse musiek. Mense trek laer by Emmarentiadam en sit in die son om revs op te tel en die musiekbedryf te ondersteun.
Met eerste oogopslag gewaar ek die drukgang opset waardeur die opgewonde en sober massas gelei word na partytjiegronde. Dalk is dit net ek, maar daar is iets onrusbarend om die hoeveelheid witmense wat deur ’n drukgang gelei word om vir ’n dag te kom luister na volksmusiek, te aanskou. A-graad kultuur…
So, ek dink ek is ‘n smartypants met my media access en kry selfs voorkeur by een van die ingangshekke en sekuriteit checks. Die ego boost was wel short-lived, want soos ons die partytjiegronde betree, besef ek vining daar is slegs VIP afdelings is wat spesiale toegang en voordele het. Fair enough. Ek is die virgin kultuurkat-verslaggewer in hierdie sad prentjie en ons kry toevallig ’n baie nice spot links van die verhoog tussen bome. Ek besef ons infiltreer spesiale grond want almal om ons ken mekaar. Ons het wel goed gekies, want die groep ken van gees. Hierdie einste Pretoria crowd is van Montana en Centurion, en ek gesels meer oor hulle later
#Montanabende
Kampstoele, piekniekkomberse en goeie attitude word stelselmatig om ons uitgepak. Casper de Vries, die aanbieder van die geleentheid spog met ’n interessante kapsel, Noot vir Noot-styl hemp en rooi sokkies wat herinner aan hompie kedompie. Reviews, blyk Casper was minder gewild in die rol. Nietemin, hy het sy geld verdien vir die dag.
Die line-up
Die skerms was huge, die klank befok en sekuriteit meestal goed. Skip gerus die dele oor my kritiek as ek jou gunsteling kunstenaar uithaal, want hier kom die line-up-bespreking. Moet my net nie moer of hate mail stuur nie. My ervaring sluit komplimente, kritiek en opinies in. Deal.
Ricus Nel
Dit is moerse cool dat Afrikaans in die manier ondersteun word, want ons taal is divers, met verskeie sub-kulture, karakters en voorkeure. Daar is immers ’n plekkie vir almal onder een son, al behels dit die sing van Ricus Nel, uitgevat in camo baadjie en bulderende testosteroon, se hoërskool krete (skuus lirieke) “Ziggy ziggy haai haai” of “Boerepompie.” Daar is selfs odes gebring aan Leon Schuster se songs (hy is MOS so hit met musiek). Mense sing saam, Afrikaans in sy prag, praal, en questionable lirieke skitter. Al wat kort is die ramshoring wat blaas.
Anton Goosen
Anton Goosen is die bom. Met sy geblomde hemp, rooi vellies, shades en dik legend attitude is hy super kief. Jammer dat die jonger generasie bittermin van sy songs herken en die saamsing van die lirieke van “Harlekyn”, “Blommetjie gedenk aan my” en “Simone” oorgelaat is aan ons ouer generasie wat die man toejuig wat sy vellies stukkend rock met Illimar Neitz se meesterlike kitaarkuns aan sy sy.
Elandré
Die langhaar man wat tannies, jong meisies en die fluid generasie se knieë lam maak, met ’n stem so sterk soos ’n blikmsemstraal, het ’n baie spesifieke brand vir homself uitgekerf. En dit werk. Maar verbeel ek my of dra hy nie meer sy stovepipes nie, en het ek sowaar ’n snorretjie gewaar!? Die heupe wat ritmies swaai, die aansteeklike energie en die hemp wat agter hom wapper is steeds daar. Relax, meisies… hy is nog jóú Elandré! Sy gunstelinge word gesing en aan die einde bedank hy almal met die woorde “Dankie dat julle geluister het na my woorde uit my mond”. Okay, as opposed to jou neus, jou hol? Luister hier na sy song wat die lirieke bevat:
Robbie Wessels
Manne drom saam toe Robbie Wessels op die verhoog verskyn. Ou treffers soos “Mphe Di Hoenor” kompleet met vlerk bewegings, en die ou vulgêre gusteling “Leeuloop” was groot hits. Om mans in camo te sien boogie op “Macarena Mambo” was kaksnaaks! Een ou uit die gehoor het selfs geroep “Dit is my pa daai!” Hey, mense geniet hulleself en selfvertroue is nie te versmaai nie. Selfs met ’n politiese invalshoek met “Plaasjapie” se lirieke “Mr Ramaphosa jy is die baas, Mr Ramaphosa ek mis my plaas” dreun oproerige basstemme saam. Maar wat verwag ons as Afrikaners laer trek om ’n dam?
Karlien van Jaarsveld
Ek het gaan stap om kos te koop, sien punt 3 (Klaagliedere) van die artikel, net toe Karlientjie begin sing. Uitgevat in ’n oulike pakkie, het sy covers van rock songs gedoen. Karlien sing Eminem en AC/DC, onder andere. Sulke lelik. Ek verstaan nie. Moet nie! Punt.
Kurt Darren
En toe… toe gaan die hemele oop vir die massas, want die surprise act was niemand anders as ons Afrikaanse Kaptein, Kurt Darren nie. Dit was ’n geween en gejuig van epidermiese proporsies. Kurt met sy signature heup-move, en sy weergalmende backtrack het nie die girls teleurgestel nie.
Riaan Benade
So hier was my verrassing vir die dag. Riaan Benade. Ek het gedink hier kom die gewone “rokkie, bokkie, sokkie” dude, maar met sommige van sy liedjies, sy hees stem, en electrifying band het hy my beslis verras! Ek mag dalk net ’n fan word. Ons nuwe vriend Pieter, (deel van die Montana-bende) het gevoel díe ou sing so mooi, hy gaan nou eers sy drank moet neersit om te luister. Fan-fokken-tasties.
Jack Parrow
Die Koning van Zef arriveer in ’n mantel, uitgevat in die lelikste bypassende kortbroek/hemp pakkie en sy ikoniese lang pet en shades. Van die eerste skelwoord wat hy sing is mense op hulle voete, hop, dans en gaan mal. Vloekwoorde word saamgesing en ek sien hoe ouer dames afkeurend neuse optrek. Jou chardony wag by die huis. tannie! Steve kom nie vandag nie!
Nou kyk, die man se woordeskat is vulgêr en kras, maar gee hom krediet vir wat hy as rapper doen vir alternatiewe Afrikaans – ek gee hom sommer ’n boob flash, komplimente van my goeie gene. Die man weet hoe om sy gehoor te betower, alhoewel sy stage dive oefening kos. Ek sien hy collab nou met Angie oeh, wat ’n sterk Yolandi Visser image het en wat kan beskryf word as “…indien Jack ’n persona moes skep om Jack te word, dat Angie Oeh net opgedaag het” (my mede-feesganger en dude). Sy rap, sy bring ’n interessante moderne vibe en het daai misterieuse weird, tog ons -meng-dalk-nie-in-dieselfde-crowds nie gevoel. Ek is seker sy het ’n random haakspeld tattoo êrens op haar lyf. Jy ken van, right? Met lirieke soos “Ek hou van meisies en partytjies in die bed”. Hoe dan anders? Waai daai vlag!
Jack het selfs na die tyd ’n gedeelte van sy video verfilm op die partyjiegronde tussen almal. Ek was net nie naby genoeg om sy kleed aan te raak nie.
Biggy
Biggie, gaan bly Biggie stil. Sure, ek kon dans op die voorspelbare hip hop backtrack, want toe het ek al die vibe gevang en my lyf volg haar eie ritme. Maar ek kan nie help om te dink DAT “Dames” sy enigste blywende GROOT hit was nie. Ek meen hy daag op op stage met ’n balaklava. Jy het my verloor! WTF?
Heuwels Fantasties
Die laaste band waarna ek geluister het op pad uit, is Heuwels. Great sound, goeie energie, maar ons almal weet wat om te verwag van Heuwels en hulle stel werklik nie teleur nie. Dalk is hulle die beloofde band. Ek sien wel uit om iets meer exhilarating te sien van die klomp, sometime.
Francois en Early B
En toe was Francois die laaste surprise act. Ek huil nou nog so bietjie in my slaap oor ek die act gemis het. Ek is ook jammer dat ek nie vir pocket rocket, Early B kon sien nie. Daai man het dik gees, en ek sal hom check by die Francois en Vriende show, later in September. Die line-up van Liefde by die dam se volgorde kon beter gewees het though (Sien ‘Karlien’ en ‘Biggy’ byvoorbeeld).
Klaagliedere
1. Howler: Jy laai zack op jou Howler badge wat jy kry by die ingang om te betaal vir drinks en kos. Maar dit word nie duidelik by die fees gekommunikeer nie. Maak plan met beter signage, ouens! Inligting is kennis, of so het my juffrou my geleer.
2. Hewige bekgevegte van besope, minder besope en hangry maar gefrustreerde kliënte by kostrokkies: Want blykbaar het die shipment aartappels nie opgedaag nie en meer as een stalletjie het vroeg reeds uit slap tjips gehardloop. ’n Verskeidenheid van burgers, ribs, en hot dogs is beskikbaar teen mal duur pryse (bv. R80 vir ’n worsbroodjie!!!) en die rye was ook heeltemal te lank. Rye wat herinner aan koshuis, tronk of troue buffets. Nul punte.
3. Kak duur alkohol: Nou kyk, ek kan by beste van tye ‘n partytjiemeisie wees, maar Emmarentia is in Joburg, my woning in Petoors en daai is ’n ver ent om te moet bid dat jy nie gestop word deur die pote nie. So, een koue bier (ja, tegnies mag ek MOS nie) v ir lafenis is gekoop, want jy soek daai vibe en die Afrikason pleit vir ’n skuimkoppie. Wat ek net wil weet, right, is hoe die youths, (en oh my word daar was oorlopens toe van hulle), al die drank kon bekostig? Verder is torings van leë plastiese bekers geskep, kompleet soos een of ander plastiese fallus wat vra: “Kyk vir my!”. Sulke horings word snags in die Kruger gestroop.
#WWF
#justsaying
4. Toilette was aanvanklik skoon, goed beheer. Hoe later hoe vuiler. Die water by die toilette het opgeraak en die spoeltoilette was ‘n shitshow. Letterlik. Sies!
5. Media access beteken nie dat jy kan gesels met die kunstenaars of selfs voor die verhoog toegang kry om foto’s te neem nie. Maar hey, ek score kaartjies vir mahala vir ’n lekker show en ’n dag uit in die son. So sorry oor die kak foto’s.
Random gedagtes
Kyk ek is geen Joan Rivers nie, maar goeie hemel, Nico bel die fokken fashion police want die mode was skrikwekkend! Camo, vellies en kortbroeke was groot onder manne. Jong seuns wandel in kort broekies en skewe kuiwe terwyl hulle jong meisies uitcheck wat uitgevat is in jumpsuits, stywe broekies en crop tops wat alle gleufies en buuste beklemtoon. Don’t get me started on the vieslike hoë jeans nie. Nee vir hangboude, meisies, net NEE!
Laastens, maar vir seker nie die minste nie. Ons Montana-bende. Ek verskaf selfs ’n foto of twee van die gesellige groep. Hulle het gekuier, gedans, gegons en hulle eie perimeter beskerm deur ’n hek op te sit, soos onderhandel met sekuriteit. Dit raak later ’n game om enige oortreders uit te hou, en so amper-stamper was daar ’n barney, want “Watse kak kom soek jy hier?!” Ek volg toe Maandag op met Pieter oor die Montana-bende se ervarings en hulle gunsteling acts was by verre Early B, Francois van Coke, Heuwels en Riaan Benade. Slegste was Casper en Karlien. Alles was volgens hulle goed gereël, maar kos en drankpryse was belaglik. Akoord.

Montana-Bende: Links na regs, Jani, Pieter, Jeandre, Chane
Ek salueer julle Montana-bende. Met gees, sekurieit en lekker tunes kan ons ’n partytjiepad stap al die pad Weiveld se kant toe!

Montana bende: Voor: Ilse. Middel links na regs, Lucinda, Bernice, Jannie. Agter links na regs, Cherlien, Dwayne, Karel.
All and all, was dit lekker buitepret. Ek het respek vir mense wat eg bly tot hulle styl en voorkeure. Soos hierdie dude:
Moenie afwyk met covers en kak nie. Soos die millineals sê “you do you.” Dit was werklik gees. Daar was selfs ’n huweliksvoorlegging tussen twee girls op die verhoog tydens Jack P se show.
#woke
#LGBTQ+ens.
Pak sonskerm, sanitizer en Allergex in vir die baie stof, hê emmers vol geld vir drinks en kos, oornag dalk eerder in ’n Airbnb, en wees geduldig met kos en dienste. Ek sluit af met die snaaksste line van die dag, wat my kêrel en mede-feesganger in die toilette gehoor het:
“Dude, my tottie is vol stof” [paraphrased…].
Daar het jy dit dit, met komplimente van die Afrikaanse stoffees!
Watkykjy staan op 3,103,882 post views in totaal sedert 1 November, 2019.