Hey, F1 is uiteindelik terug van hulle noordelik halfrond se summer break af, so hierdie naweek gaan die karretjies weer om die baan jaag in België! Practice 1 skop sommer nou af (14:00) met P2 later vandag (17:00), P3 more om 13:00 gevolg deur qualifying 16:00 en uiteindelik die race in sy gewone, gemaklikle slot van 15:00 op Sondag by Circuit de Spa-Francorchamps. Of net plainweg Spa, soos ons hom roep. Dis 44 laps van ‘n rapsie oor die 7km. Verlede jaar was die race officially die kortste race ooit in F1, met slegs een lap want dit het hard neergepis. Sedert daardie nat dag, het Spa so paar taamlik sigbare veranderinge aan die track aangebring om dit veiliger te maak. Die mees berugte draai, Eau Rouge, het byvoorbeeld ‘n revamp gekry en bietjie maar spasie aan die binnekant gegee. Die track is ook ge-resurface en daar is gravel traps bygesit. Di verander die nie track as sulks te veel nie, maar veiliger racing beteken heoplik dat die manne bietjie harder kan druk. O ja, ander super groot en exciting nuus vandag is dat Audi vanaf 2026 F1 gaan join as ‘n power unit supplier. Hulle het met verskeie spanne op die grid gepraat oor ‘n parnetship, maar Sauber – (Alfa Romeo) lyk na die gunsteling.
So tussen al die F1 die naweek is daar darem ook tyd vir movies, so ek het hierdie drie adventure-tipe movies gekies vir my en die squeeze se naweekvermaak:
The Lost City of Z
The Lost City of Z vertel die ongelooflike ware verhaal van die Britse ontdekkingsreisiger Percy Fawcett, wat aan die begin van die 20ste eeu die Amasone binnereis en bewyse ontdek van ‘n voorheen onbekende, gevorderde beskawing wat dalk eens die streek bewoon het. Ten spyte daarvan dat hy gespot word deur die wetenskaplike establishment wat inheemse bevolkings as “wilde mense” beskou, keer die vasberade Fawcett – ondersteun deur sy toegewyde vrou en seun – keer op keer terug na sy geliefde oerwoud in ‘n poging om sy saak te bewys. Dit lei uiteindelik na sy geheimsinnige verdwyning in 1925. Die regisseur, James Gray het aan Francis Ford Coppola (wat Apocalypse Now in 1979 direct het) geskryf en om raad gevra oor hoe om sy shoot in die oerwoud te doen. Coppola se advies? Bloot die twee woorde, ‘Don’t go’.
Charlie Hunnam wat die rol van Percy Fawcett vertolk, het die volgende hetctic staaltjie oor die sy onvervinding op stel vertel:
“I was staying in this little shack on this hill and woke up at three in the morning to this ungodly noise, like there was a pneumatic drill in my ear. An insect had burrowed into my ear and hit my eardrum so it couldn’t go any further. It was a long beetle with wings. When it couldn’t get back out, it kept trying to burrow further in and flapping its wings. That’s what woke me up.”
Jirre, ek kak myself toe en rol by ‘n heuwel af!
Uit die peanut gallery:
“This film is incredibly great, but if you’re the kind of person who needs loud noises, exploding stuff, and obvious plot twists/jumps in order to keep yourself entertained, then this is simply not the movie for you. The ending is incredibly rewarding, and to watch the unravel of the main character as he passes through the stages of life while always keeping the city of Z in mind, it really puts you into deep thought. I couldn’t get this movie out of my mind for weeks after I saw it. Watching it again right now!”
A Series of Unfortunate Events
Nadat die drie jong Baudelaire sibbe wees gelaat is deur ‘n brand in hul herehuis, word hulle weggeneem om by ‘n verre familielid, graaf Olaf (Jim Carrey) te gaan woon. Ongelukkig is Olaf ‘n wrede, skelm kont wat eintlik net agter die erfporsie aan is wat die oudste Baudelaire, Violet (Emily Browning), gaan ontvang. Die kinders ontsnap en vind skuiling by hul fokken weird oom Monty (Sir Billy Connolly) en, daarna, hul fobiese tannie Josephine (Meryl Streep), maar Olaf is nooit ver agter hulle nie. Soos ‘n ANC-lid wat geldjie ruik. Die fliek is geheel en al op sound srages verfilm, selfs die buite-tonele, wat 360-grade-stelle en baie blou skerms behels het.
Uit die peanut gallery:
“This is actually really dark for being a family movie, it had themes of death, depression and suicide. I love A Series of Unfortunate Events it’s one of my favorites!”
The Time Traveler’s Wife
Wat van ‘n fantasy drama en romance met so bietjie fantasy in die mix? Wanneer Henry DeTamble (Eric Bana) Clare Abshire (Rachel McAdams) in ‘n Chicago-biblioteek ontmoet, verstaan hulle albei dat hy ‘n time traveler is, maar sy weet baie meer van hom aangesien hy nog nie by die tye en plekke was waar hulle al ontmoet het nie. Hy raak verlief op haar, soos sy reeds op hom was, maar sy voortdurende onvermydelike afwesigheid terwyl hy time travel (en dan terugkeer met toenemende kennis van hul toekoms) maak dinge vir Clare al hoe moeiliker.
Hierdie is die tweede fliek waarin Rachel McAdams se karakter Claire genoem is, die eerste een was in Wedding Crashers in 2005.
Hier is nou vir jou iets fokken cool – toe ek die movie gekyk het toe dit destyds uitgekom het in 2009, het ek geskiem dat dit ‘n moerse lekker TV-reeks sou kon wees. Enige iets met time travel kan ‘n befokte reeks maak. En dit het nou fokken wragtig gebeur! So kyk dalk eers die movie en daarna die reeks! Die rolle in die reeks word deur Theo James (Divergent) en Rose Leslie (Game of Thrones) vertolk.
Uit die peanut gallery:
“You know how trailers are sometimes better than the movie? This movie is much, much better than this trailer!”
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
The Bay S1-3 In die tweede seisoen het ons gesien hoe Lisa Armstrong (Morven Christie) ná haar skorsing ’n paar range na speurkonstabel afgeskuif is. Sy is toe by die ondersoek na die moord op ’n prokureur betrek en haar eksman het boonop ook sy opwagting gemaak met sy onverwagte terugkeer na Morecambe. Intussen het Christie (en haar karakter) die reeks verlaat. Met die aanvang van die derde seisoen ontmoet ons dus Marsha Thomason as speurder Jenn Townsend – ’n nuwe toevoeging tot die span. Sy word sommer reeds op dag een in die diep kant gegooi as ’n lyk in die baai gevind word. Lees verder |
||
DMZ DMZ is ’n distopiese mini-reeks met slegs vier episodes. Die reeks is deur Roberto Patino (’n skrywer en uitvoerende vervaardiger op Westworld se eerste twee seisoene) vir HBO geskep. Midde die chaos van die burgeroorlog, soek die medikus Alma Ortego (Rosario Dawson) na haar verlore seun. Dít terwyl haar eks-liefde, Parco (Benjamin Bratt), beheer van die boonste deel van Manhattan as leier van die Spaanse Harlem Kings-bende neem. Lees verder |
||
Never Have I Ever S1-3 Mindy Kaling se treffer-tienerkomedie Never Have I Ever is terug vir ’n derde seisoen. Maar ons almal weet dis nie net tieners wat kyk nie… Daarvoor is dié skreeusnaakse storie, met uiters relatable awkward oomblikke vir elke ouderdomsgroep, net te lekker. Dié seisoen is die voorlaaste uittog vir die hoofkarakter Devi en haar vriende, so geniet dit terwyl jy kan. Met die aanvang van die nuwe seisoen wil-wil dit lyk asof almal hul happily ever afters gekry het…maar hulle kom gou agter dat die lewe alewig struikelblokke oplewer, hetsy gewone hoërskooldrama of die dieper vrae wat deur hul coming-of-age-ontdekkingsreis ontsluit word. Lees verder |
|
|
Gentleman Jack S1-2 Gentleman Jack is ’n historiese romantiese dramareeks. Die reeks is gegrond op die dagboeke van die Victoriaanse era lesbiese grondeienaar en nyweraar Anne Lister. Die hoofrol van Anne word deur Suranne Jones vertolk. Sy is wyd geloof vir haar spel in albei seisoene. Die nuwe seisoen begin in 1834, ’n maand ná Anne en Ann (Sophie Rundle) se private huwelikseremonie, met Anne wat Shibden Hall vir Ann se aankoms voorberei. Maar Anne se voormalige liefde, Marianna (Lydia Leonard), blyk ’n oënskynlike stok in die wiel vir hul planne te wees. Daarmee saam begin koerante oor Anne se seksualiteit te bespiegel.. Lees verder |
|
|
House of the Dragon House of the Dragon, gegrond op die skrywer George R.R. Martin se Fire & Blood, speel sowat 200 jaar voor die gebeure van Game of Thrones af. Dit draai om geskiedenis en bewind van Huis Targaryen en die magsbeheptheid wat dié ryk uiteindelik tot ’n val gebring het. Die rolverdeling sluit onder andere vir Olivia Cooke, Emma D’Arcy, Paddy Considine, Matt Smith en Rhys Ifans in. Lees verder |
||
Indian Matchmaking S1-2 Mumbai se voorste matchmaker, Sima Taparia, keer terug vir ’n tweede seisoen van een van die grootste TV-treffers van 2020, Indian Matchmaking. In die tweede seisoen van dié wêreldwye TV-fenomeen, help Sima nog kliënte met hul soeke na liefde. En dis nie maklik nie. Die mense het fiemies en wenslyse wat wissel van “man-buns” en ’n “ovo-lakto-semi-vegetariese” dieet. Lees verder |
||
The Equalizer S1-2 Die reeks is gegrond op die gelyknamige 2014-rolprent met Denzel Washington in die hoofrol. Dit is ook ’n semi-herverwerking van die oorspronklike TV-reeks wat in die 1980s vir vier seisoene uitgesaai is. Die storie volg Robyn McCall (Latifah), ’n eks-spioen en enkelma, soos sy mense help wat geen ander heenkome het nie. Lees verder |
||
Spoorloos: Die Eiland Soos met die vorige seisoene (al drie op Showmax), is Spoorloos: Die eiland ’n losstaande spanningsverhaal. Dus het dié reeks heeltemal nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. In dié seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel as ’n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom ook in ’n web van leuens intrek as sy dan vermis raak. Stefan word natuurlik die hoofverdagte in die saak… Lees verder |
||
Ludik S1 Die Suid-Afrikaanse en Hollywood-akteur Arnold Vosloo vertolk die hoofrol in Ludik, Netflix se eerste oorspronklike Afrikaanse reeks. Ook in die rolverdeling tel onder andere Diaan Lawrenson, Rob van Vuuren, Lizz Meiring en Lea Vivier. Die storie draai om ene Daan Ludik (Vosloo), ’n ryk sakeman wat sy meubelmaatskappy as ’n front gebruik om diamante te smokkel. As ’n lid van sy familie dan ontvoer word, word hy genoop word om nie net diamante nie, maar ook wapens, te smokkel. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,048,735 post views in totaal sedert 1 November, 2019.