Is jy besig om deur ‘n kak Maandag te worstel? Is jou baas ‘n poes? Is jy jou eie baas wat ‘n poes is? Wil jy beter voel binne slegs 15 minute deur die aanwending van die helende krag van Die Bybel piele Afrikaanse musiek?As jy nou dadelik optree en play druk op YouTube hierdonder, kan dit moontlik gebeur, teen ‘n eenmalige betaling van nul rand! Daar is ook ‘n waarborg dat jou geld 100% terugbetaal sal word, sou jy kakker voel nadat jy na die Die Skynmaagde se nuwe EP, Nou Met Ekstra Eensaamheid geluister het.
Die duo se nuwe aanbod sluit treffers in soos:
Slegte Besluite!
Tweelingangs!
Egskeiding!!
en Dis lekker om ‘n grootmens te wees!
Die Skynmaagde – Nou Met Ekstra Eensaamheid!
Koop dit sommer nou! Dis sleg nul rand, AVB ingesluit!
Watkykjy staan op 3,085,566 post views in totaal sedert 1 November, 2019.