Voor ons by die wilde westerns uitkom, lyk dit my dat dit nou ‘n slegte gewoonte raak oom eers oor die F1 kak te praat wanneer dit wel die naweek plaasvind, so kom ons kyk vinnig na die Hungarian Grand Prix?
Met 14 races agter die rug bly daar 10 oor vir die seisoen. Max Verstappen het op die oomblik ‘n gap van 63 punte tussen hom en Charles Leclerc maar daai gaping kan maklik kleiner word binne die volgende 5 of so races. Die verskil in punte tussen Leclerc in tweede plek en Perez in derde, is maar 7 punte, so daai is eerder die exciting fight wat wil ek dophou. Ek like beide van die dudes maar Perez is nommer 1 in my swart hartjie, so ek skreeu 5% harder vir die Mexican. Die Hungaroring (dit klink soos honger horing) is teen 4.381 km die derdekortste track op die kalender, Dit het ook ‘n moerse tight layout wat beteken dat overtaking nog altyd kak moelik is. Qualifying, tyre management en stragie gaan dus kakbelangrik wees hierdie naweek, maar vernaamilk qualifying. Whoever pole position kry, gaan probably die race wen. Ek het ‘n sterk vermoede dat dit Leclerc gaan wees, gevolg deur Verstappen, Perez en dan Hamilton en Russel. Mercedes se outjies se ruggies gaan dalk bietjie poef vreet, want dis ‘n moerse bumpy track en hulle sukkel so bietjie met porpoising. Op en af tot die honne blaf! Dit gaan ook nie so poeswarm wees hierdie naweek soos laasjaar nie, so wie weet wat die tyres gaan maak? Darem bied die 70 laps oor die twee ure nice views, want dis vir my een van die mooiste bane en die heel eerste een wat ek in persoon sal wil gaan besoek.
So paar interesring goedjies om te consider:
-
- Lewis Hamilton en Michael hou gesmanetlik die rekord vir die meeste oorwinnings op hierdie track, elk met 8.
- Hamilton het tot dusver die meeste pole positions gescore
- Die team met die meeste oorwinnigs sover, is McClaren met 11
- Nog net twee drivers is sover hier gediskwalifiseer – Robert Kubica in 2006 (nogal met sy debuut) omdat sy kar 2kg te lig was en se sewende plek moes opgee. Nog erger was Sebastian Vettel verlede jaar wat uitgemis het op tweede plek omdat hy nie genoeg petties kon gee vir ‘n fuel sample na die race nie.
O fok, en hier is vir jou drie befokte cowboy-tipe movies om oor die naweek te check, asook een lekker donker reeks:
The Sisters Brothers
Hierdie movie se title lyk dalk fokken confusing, maar dit sou tosser geklink het as hulle die fliek die Botha Boeties genoem het. Eli Sisters (John C. Reilly; Winning Time) en Charlie Sisters (Joaquin Phoenix; Joker) is twee sluipmoordenaarbroers wat vir ‘n ryk man werk wat almal blooty ken as The Commodore (Rutger Hauer; True Blood) en hulle die taak gee om ‘n man genaamd Hermann Kermit Warm (Riz Ahmed; The Night Of) uit te haal omdat hy hom glo besteel en en uit die dorp uit gefokof het. Eli skiem: “hoe kan so baie mense van so gevaarlike fokker steel?” terwyl Charlie skiem: “Jis, my baas is darem maar ‘n piele ou!” Ter selfde tyd is nog een van The Commodore se manne, John Morris (Jake Gyllenhaal; Jarhead), op Warm se spoor gesit wat hom actually opspoor en hom bevriend. Vandaar af raak dinge soos daai tjommies van jou wat aandag soek se ralationships statusses op Facebook: complicated.
Rating: 6.9
Uit die peanut gallery:
“Kinda sad this went under the radar in the box office because this is some very fine filmmaking. One of the best films of the year and it has and ending that is sooo satisfying!”
Brimstone
Hierdie movie is ‘n super lekker epic en donker riller wat in die Ou Wille Weste afspeel met ‘n formidabele rolverdeling. Brimstone is ‘n triomfantlike epic van oorlewing en ‘n verhaal van kragtige vroulikheid en weerstand teen die ongenaakbare wreedheid van wat net beskryf kan word as hel op aarde. Ons heldin is Liz (Dakota Fanning; Please Stand By), vol hart, gees en moed. Sy word gejag deur ‘n konterige en wraaksugtige dominee (Guy Pearce; Disturbing the Peace) en die ou se eie kak gaan nog vir hom gevoer word, want Liz is is nie lus om ‘n slagoffer te wees nie. Om Destiny’s Child te quote, is sy ‘n survivor. En nou is daai tune stuck in jou kop. Liz respond met verstommende vreesloosheid en dapperheid die beter lewe wat sy en haar dogter verdien, te claim. Pappa wag vir jou!
Rating: 7.0
Uit die peanut gallery:
“This movie is a work of art. It hits you with any uncomfortable feeling you have, yet it’s emotional and moving. Very dark and pretty fucked up, which I like. Most importantly the character development was incredibly deep, well written and acted. Don’t miss out on this offering.”
The Hateful Eight
Hierdie is nou ‘n fokken lekker Quentin Tarantino om te revisit! Dis 1870 in Wyoming, 5 jaar na die einde van die Civil War. Die stagecoach is op pad na die dorpie Red Rock met twee passasiers in die kajuit: die bounty hunter, John “Hangman” Ruth (gespeel deur Kurt Russe; F9: The Fast Saga) en sy gevangene wat vir moord gesoek word, Daisy Domergue (Jennifer Jason Leigh; Fargo). Langs die pad tel hulle nog twee mense op: nog ‘n bounty hunter, Major Marquis Warren (Samuel L Jackson; The Protégé) en Chris Mannix, ‘n Sheriff (Walton Goggins; Tomb Raider). Weens ‘n moerse sneeustorm word hulle gedwing om saam met die insittendes van ‘n ander stagecoach skluiling te soek in ‘n winkel ‘n entjie uit die dorp. Almal is suspicous met mekaar en dit laat hulle voel asof die Civil War nog in die agtergrond loom. Hierdie befokte movie het amper nie gebeur nie, want een of ander doos het die script op die interwebs ge-leak en dit het Tarantino befok gemaak. Die cast was egter kak excited oor die script en goeie ou Samuel L het die bra oorreed om voort te gaan met die fliek.
Rating: 7.8
Uit die peanut gallery:
“This movie was brilliant. It was 99% dialogue in one setting, yet I was captivated by it the whole time. I felt like I was reading pages straight out of a storybook. That’s good movie making.”
Westworld
Westworld is nie sommer jou tipiese amusement park nie. Die plek is gebou vir rykgat vakansiegangers wat onhaal word deur ‘robotic hosts’ wat super baie naby aan menslik is. Die besoekers kan doen wat hulle wil en hulle wildste fantasieë uitleef – die robotte opfok, skiet, naai en whatever. Daar is dus geen gevolge vir die park se besoekers nie. Tot kak begin skeefloop, dan is dit nie meer die ideale piel vir Sannie nie… Die reeks trek nou al by season 4, so daar is lekker baie episodes om te binge as jy dit nou eers ontdek.
Ben Barnes wat die vir van Logan vertolk, het sy voet gebreek net voor hy vir die eerste dag van verfilming moes begin. Hy was bang dat hy sy jou sou verloor, so hy het vir niemand van sy fokop vertel nie en het soos ‘n mank moer rondgeloop en gemaak asof dit deel is van die karakter. Hy moes toe aanhou om soos ‘n poes te loop vir die res van die verfilming.
Evan Rachel Wood is egter die aktrise wat die show steel. Check ook gerus haar hectic documentary, Phoenix Rising uit.
Rating: 8.6
Uit die peanut gallery:
“I can’t stop thinking about how Ed Harris’ character is basically a hardcore gamer that has played the game for hundreds of times. He knows all the dialogue choices, easter eggs, cheats, and bugs. He’s basically on his holy quest to find the secret ending that one of the devs put in.”
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
Spoorloos: Die Eiland Soos met die vorige seisoene (al drie op Showmax), is Spoorloos: Die eiland ’n losstaande spanningsverhaal. Dus het dié reeks heeltemal nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. In dié seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel as ’n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom ook in ’n web van leuens intrek as sy dan vermis raak. Stefan word natuurlik die hoofverdagte in die saak… Lees verder |
![]() |
|
Bewonder en bewaar met Bonné de Bod S1 Op haar reise na die afgeleë uithoeke van die wêreld ervaar Bonné eerstehands hoe sekere van die planeet se mees toegewyde navorsers die geheimenisse van Moeder Natuur ontsluit. Sy kom ook agter hoe hierdie mense nie net met klein en groot gediertes werk nie. Hulle streef terselfdertyd hul drome met ’n daaglikse bestaan in die natuur na. Lees verder |
![]() |
|
The Umbrella Academy S1-3 The Umbrella Academy is ’n eksentrieke reeks met ’n wrang humorsin. Hopelik bou die derde seisoen voort op die fyn balans tussen aksie en die karakters se emosionele ontwikkeling in die vertelling.The Umbrella Academy is gegrond op die gelyknamige comics deur Gerard Way en geïllustreer deur Gabriel Bá. Die storie speel af in ’n alternatiewe realiteit waarin 43 vroue van reg oor die wêreld op 1 Oktober 1989 geboorte skenk. Die kinkel? Nie een van dié vroue het enige tekens van swangerskap getoon tot die oomblik wat hulle – nogal gelyktydig ook nog – begin kraam het nie. Lees verder |
![]() |
|
Time S1 In Time, vertolk Sean Bean, bekend vir onder meer sy rol in Game of Thrones (en hoe hy omtrent in elke reeks of fliek waarin hy speel, sterf), die rol van Mark. Hy is ’n nuwe gevangene wat deur skuldgevoelens vir sy misdrywe oorrompel word. Daarenteen is Eric, vertolk deur Stephen Graham, ’n tronkbewaarder wat diegene in sy sorg probeer beskerm. Een van die gevaarlikste gevangenes in die tjoekie kom gou agter hy kan dié “swakheid” misbruik, maar dit plaas vir Eric in ’n heel nuwe penarie waarin sy beginsels en sy liefde vir sy gesin getoets word. Lees verder |
![]() |
|
Plaasjapie S1 In Plaasjapie word 20 stadsjapies word na die “wilde weste” (eintlik maar net ’n plaas iewers in die Wes-Kaap, relax) gestuur waar hulle vir ’n maand in ’n skuur moet bly en hulself afsloof soos boere van ouds. Onder die deelnemers tel ’n MMA-vegter, model, apteker, musikant en Guinness-wêreldrekordhouer vir Marmite eet. Jy kan meer oor die deelnemers in ons Wie’s wie op Plaasjapie-artikel lees. Lees verder |
![]() |
|
Virgin River S1-4 Ten spyte daarvan dat sy nie weet of haar baba dié van haar oorlede man, Mark, of aan haar aan-af-aan-af-af-aan-boyfriend Jack, behoort nie, is Mel heel optimisties met die aanvang van dié gewilde smartsaga se nuwe seisoen. Mel is immers al deur diepe waters. Sy smag al etlike jare om ma te word, al was haar dokters dit eens dat sy nie haar eie biologiese kinders sou kon hê nie. Maar nou is sy een tree nader aan die werklikheid. Terwyl Jack ondersteunend en selfs opgewonde is, knaag die vraag oor of dit nou sy, of Mark, se kind is, aan hom. Sake word verder bemoeilik as ’n aantreklike nuwe dokter in die klein dorpie aankom Lees verder |
![]() |
|
Resident Alien S1-2 Resident Alien, vertel die verhaal van Harry, ’n wese uit die buitenste ruim gespeel deur Alan Tudyk (Rogue One, Firefly), wat op aarde land en hom dan voordoen as ’n dokter in ’n klein dorpie. Sy eintlike doel is om soveel mense moontlik dood te maak en hy begin deur onder die radar te lewe, maar dan word hy gevra om ’n moord op te los en hy besef hy gaan moet aanpas op aarde. En dan begin die moeilike vrae. Is dit die moeite werd om mense se lewens te red? En hoekom word pizza gevou voordat dit geëet word? Lees verder |
![]() |
|
Spoorloos: Die Eiland Soos met die vorige seisoene (al drie op Showmax), is Spoorloos: Die eiland ’n losstaande spanningsverhaal. Dus het dié reeks heeltemal nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. In dié seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel as ’n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom ook in ’n web van leuens intrek as sy dan vermis raak. Stefan word natuurlik die hoofverdagte in die saak… Lees verder |
![]() |
|
Resident Evil S1 Die Resident Evil-reeks is gegrond op die uiters gewilde gruwel videospeletjie- en film-franchise waarvoor die model en aktrise, Milla Jovovich, bekendheid verwerf het. Dis 2036 – 14 jaar nadat ’n dodelike virus ’n wêreldwye apokalips veroorsaak het. In dié hel-landskap veg Jade Wesker om oorlewing teen bloeddorstige en siek…goeters… Dít als terwyl sy ook probeer om haar hartseer verlede te verwerk. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,090,360 post views in totaal sedert 1 November, 2019.