Net om jou vinnig op spoed te bring – in Amerika is daar vier major prestigious award ceremonies vir die uitvoerende kunste: jy kry die Grammy Awards (musiek), die Oscars (movies), die Tony Awards (verhoog) en die Prime Time Emmy Awards (TV vermaak). Hierdie jaar se contenders is die afgelope Dinsdag, 12 Julie, bekend gemaak en die actual prysuitdeling vind later vanjaar op 12 September plaas. Hier is vir jou ‘n wake-up call: September voel nog vér maar dis eintlik net om die fokken draai, basically 2 paydays!
Die lys van reekse wat genomineer is, wat jy nou dadelik kan kyk, is nogal impressive, veral omdat ‘n paar van hulle sommer ‘n hele fokken hoop nominations gekry het. Kom ons try gou om deur hulle te draf…
Succession season 3
Succession is ‘n briljante reeks wat vier poesryk siblings volg wat kak aanjaag terwyl hulle hulle bul bes probeer om pappa se empire oor te neem. Daar is net glad nie iets anders soos hierdie daarbuite nie. Dis soos Dallas op drugs, seks en vloekwoorde en die drama laat die kyker soms heavy ongemaklik voel, met die inspanning van die tema van persoonlike drama van pa en kind, terwyl daar al hoe dieper in geld en mag wat die bied, gedelf word. Die hele lot van hulle (dis nou al die karakters) is fokken koue, unlikeable urke, maar dis wat die show so great maak. Dis acting uit die boonste rakke! Die reeks het belaglik baie nominations ontvang – 25 in totaal! Dit sluit in outstanding drama series, beste directing, skryfwerk, eding en casting om maar net ‘n paar te noem. Get this – elke cast member is genonimineer: Sarah Snook as Shiv, Kieran Culkin as Roman, Matthew Macfadyen as Tom, Nicholas Braun as Cousin Greg, en J. Smith Cameron as Gerri.
The White Lotus
‘n Baie vreemde, vermaaklike en eiesoortige reeks, is The White Lotus die mees benoemde limited series van vanjaar se Emmys en gesamentlik die tweede mees benoemde reeks overall. Die storie speel af by ‘n ekslusiewe Hawaiian resort oor ‘n tydperk van ‘n kakmal week, en geleidelik openbaar die gebeure die prim en proper vakansiegangers asook die hotelwerknemers se ware kleure vir ons. Dit raak super crazy by tye en mens voel soms ongemaklik, maar ‘n tipe “ek het nou ‘n waardevolle les geleer” ongemaklik . Hierdie sesdeel reeks is benoem vir 20 Emmys en sluit in: Outstanding limited series, directing, writing, editing en casting. Stiffler van American Pie se ma, Jennifer Coolidge is ook vir die eerste keer in haar lewe vir ‘n Emmy benoem en sy is fokken fantasties.
Euphoria season 2
Konserwatiewe mensies gaan nie sterk genoeg magies hê vir hierdie show nie. Hoewel dit skouspelagtig en electrifying is, vat dit ook moerse kanse en dis by tye moedswillig uitlokkend.
As tienerverslaafde Rue, het Zendaya in 2020 die Emmy se jongste wenner van uitstaande hoofaktrise in ‘n dramareeks geword, toe Euphoria ook Emmys vir make-up en original music gewen het. Seisoen 2 van HBO se baanbrekende 18LSDVN-tienerreeks is vir 16 Emmys genomineer, insluitend beste drama, kinematografie, redigering en rolverdeling. Dis geen surprise dat Zendaya weer genomineer is nie, terwyl Sydney Sweeney dalk kan wegstap met supporting acctress vir haar vertolking van Cassie. Colman Domingo staan ‘n kans vir best guest actor as Ali, haar sponsor, en Martha Kelly is genomineer vir guest actress as die drug dealer, Laurie. My geld is op Zendaya vir die wen. Hierdie chick gaan nog groter waves maak as wat sy reeds gedoen het!
Barry season 3
Barry is tans my gunsteling reeks en ek skiem ek gaan season 3 sommer vanaand klaarmaak. Dis moontlik die beste show op TV op die oomblik – dis super snaaks, dis vlymskerp en een van die mees fassirenrendste hoofkarakters in moderde TV. I mean, Bill Hader in die rol van ‘n kakgevaarlike hitman wat aan depressie ly en dan besluit om acting op te neem om daardie gat in sy siel te vul? Die geweld is ook iets uit ‘n ander wêreld. Asof iemand gewonder het: hoe kan ons geweld herontwerp en vars maak? Dis pas genomineer vir 14 Emmys en sluit in lead actor, outstanding comedy, directing, cinematography, editing, casting en stunt coordination. If anything, gaan hulle fokken beslis die beeldjie vir stunt work huis toe vat!
Yellowjackets
Fok, mens mag mos meer as een favourite hê, right? Hierdie reeks was FOKKEN goed! Dit volg die nou volwasse oorlewendes van ‘n traumatiese vliegongeluk wat veroorsaak het dat ‘n skool se moerse populêre en talentvolle all-girls sokkerspan in 1996 in die Kanadese wildernes neergestryk het en vir ‘n lang tyd missing was. Dis ‘n deels survival, deels horror en ‘ncoming-of-age-drama en ek kan nie vir die tweede seisoen wag nie! Die reeks is genomineer vir 11 Emmys vanjaar, onder andere outstanding drama, directing, writing en casting, asook best horror! Ek sou hierdie vir hulle gee vir casting – die regte girls is vir die regte jobs gekies! O ja, en enetjie vir best horror!
What We Do in The Shadows season 3
Die storie van die super lame nerdy vampires wat vir honderde jare lank saamwoon en meer as genoeg tyd het om op mekaar se tiete te werk, gaan voort in season 3. Dis asof dit ‘n mocumentary reeks is oor die wêreld se lameste en domste vampires. Die nuwe seisoen se storielyne het lekker vlam gevat – Nandor the Relentless (Kayvan Novak), voorheen ‘n bloeddorstige leier, is nou ‘n ietwat onwillige vampire wat deur ‘n midlife crisis gaan. Sy ‘human familiar’, Guillermo de la Cruz (Harvey Guillén), voorheen ‘n saggeaarde servant, is nou skielik ‘n bad-ass vampire slayer. Dis beslis ‘n season van quotable quotes en staan in lyn vir 7 moontlike Emmys, onder andere outstanding comedy, writing, costumes en stunt co-ordination. Ek sou ten minste enetjie oorhandig vir die kaksnaakse skryfwerk.
Station Eleven
Kortom, is Station Eleven ’n post-apokaliptiese dramareeks met elemente van avontuurlustige fantasie. Dit strek oor verskillende tydlyne soos dit oorlewendes van ’n pandemie se pogings volg om uit die as van ’n vernietigde wêreld te rys. Dít natuurlik sonder om hulle menslikheid en deernis prys te gee. Dis nie almal se cup of tea nie, maar as jy van slow burning drama’s hou waarvan die onthullings netjies weggesteek word tot amper op die einde, gaan jy hierdie reeks moerse geniet. Ek het. Jy gaan dit nie kan binge nie, want jy kort so bietjie afwisseling van ‘n comedy of iets anders tussenin. Station Eleven gaan vir baie oordenking en bepeinsing sorg. Laat jou brein bejite werk virre fokken slag, ou pellie! Gebasser op Emily St John Mandel se award-winning novel, is hierdie dystopian sci-fi drama genomineer vir 7 Emmys en sluit in: directing, writing, cinematography en writing. As Jeevan, is Himesh Patel ook genomineer vir sy eerste Emmy vir “outstanding actor in a limited series”. Kyk, alles rondom hierdie reeks is absoluut briljant, maar as daar een ding vir my uitstaan, is dit die cinematography, want hierdie reeks is heavy filmic!
Curb Your Enthusiasm season 11
Hy het dit alles: ‘n liefdevolle vrou, goeie vriende, ‘n suksesvolle loopbaan, ‘n wonderlike huis… waddefok kan moontlik verkeerd gaan vir Larry David? Seinfeld se mede-skepper, Larry David speel as homself in hierdie skreeusnaakse, aweregse komediereeks wat bir die audience ‘n onwrikbare, self-deprecating spieël ophou van sy persoonlike lewe.
“It’s reassuring to know that no amount of paradigm-shifting, reality-altering events can stop the fictional Larry David from being a smug, screamy, narcissistic loon, and the real Larry David from being the funniest comedian on television.”
Die reeks is vir vier Emmys genomineer: outstanding comedy, casting, sound mixing en guest actor (Bill Hader). Dit bring die show se totale Emmy nominations tot dusver, na 50. Hulle mag dalk wegstap met ‘outstanding comedy’, maar ek sal guest actor vir Bill Hader gee, sodat hy nog ‘n beeldjie kan byvoeg tot die ander wat hy gaan wen vir Barry.
Vinnige kortlys van nominees vir 3 Emmys en minder vir 2022:
- Insecure season 5 – outstanding lead actress, cinematography, editing
- Ray Donovan The Movie – outstanding television movie
- Scenes from a Marriage season 1 – outstanding actor
- The Peacemaker – stunt coordination
- The Righteous Gemstones – sound editing
- Winning Time: The Rise of The Lakers Dynasty – cinematography
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,056,142 post views in totaal sedert 1 November, 2019.