Ek hoop genuine dat die peeps wat verantwoordelik is vir die Afrikaanse drama-riller-reeks, Spoorloos, net sal aanhou om elke jaar of selfs elke tweede jaar ‘n nuwe seisoen uit te bring. Die whodunit genre is nou maar net iets wat altyd sal werk as dit deur ‘n bekwame span hanteer word , en Spoorloos kry dit reg om jou tot aan die einde van elke reeks te laat probeer uitfigure wie nou eintlik die drol in die drinkwater is. Hierdie reeks loop soos stroop sedert 2019 en ons trek nou al by die vierde seisoen, Spoorloos: Die eiland. Soos met die vorige seisoene, het die rillerreeks se nuutse aanbod ‘n heeltemal independant, vars storielyn met nuwe karakters en rolverdelings. In elke storielyn verdwyn iemand (obviously) ‘spoorloos’ onder vreemde omstandighede en jy speel lekker saam speurder soos wat die storie jou meesleur.
Kom ons recap net gou die eerste drie seisoene ook, want jy kan hulle in enige volgorde binge:
In season 1 speel die storie af in die fiktiwe dorpie, Digtersdal in die Oos-Kaap, ‘n spookdorp op soek na genesing en herlewing maar hierdie soeke kom met 13 jaar se unsolved mysteries en ‘n serial killer wat skielik weer op die scene is. Dinge raak goor en ‘n speurder en joernalis krap ou wonde oop. Daar is ook drie kids wat die monster probeer vastrek in hierdie klein dorpie met sy groot geheime.
In season 2 ontwaak Adam Prinsloo na ‘n maandlange koma na ‘n hectic karongeluk maar nie almal is so happy dat die bra weer by sy positiewe is nie. Die dokter kom moerse nervous voor en dan is daar boonop ‘n fokken creepy tannie wat in die hospitaal rondsluip. Adam begin hier en daar dinge onthou en besluit dan om eerder self uit te figure waddefok met hom gebeur het. Al hierdie dinge speel iewers af in die Noord-Kaap.
Met die derde season verdwyn iemand met ‘n baba vanaf ‘n plaas (weer in die Noord-Kaap) en haar ouers word dood aangetref. Baba, missing. Babysitter, missing. Sorry, ek bedoel ‘spoorloos’. Wie het die ouers vermoor? Wie het die baba ontvoer? Jane de Wet, vertolk ‘n onvergeetlike rol.
En dit bring ons dan by die vierde seisoen en voor jy in jou broek kak omdat jy gehoor of gelees het dat die Afrikaanse popster, Bobby Van Jaarsveld in die hoofrol is en jy skiem dat hy dit nie verdien nie – Christo Davids en Francois Coetzee as regisseurs is solid en hulle sal nie dom kak aanjaag nie. Nie met ‘n hulle goeie track record sover nie. So jy kan chill. Bobby was ‘n solid keuse vir die rol. Dis nie sy eerste acting rol nie, maar wel sy eerste acting rol in ‘n dramareeks. Hy was in musicals As Jy Sing en Liefling gewees, sowel as die komediereeks, Mense mense. En blykbaar ook een van die mentors op The Voice South Africa saam met Karen Zoid en daai ou met die huilerige clown make-up en die Charlie Chaplin hoed van The Parlotones. Kyk, ek kan nie vir jou een liedjie noem wat Bobby of sy sussie sing nie, en dit sal so bly vir die forseeable future, maar credit where credit is due. Die bra is nou ‘n volwaardige akteur. O ja, en fok sy six pack. Trek ‘n fokken hemp aan, man!
Die jongste seisoen vat uiteindelik ‘n break van die Noord-Kaap en speel af op ’n fiktiewe eiland vol geheime. Ek het probeer uitfigure waar dit verfilm is, maar dit baffle die kak uit my uit. My beste raaiskote sou wees Utrecht in KZN (want ek het ‘n NUR -nommerplaat op ‘n kar gesien) en Knsyna of iewers langs die garden route (want see en bote)? Kan iemand van KYKnet my dalk reghelp?
Anyway, Stefan Claassen (Bobby Van Jaarsveld) is ‘n avontuurlustige argitek wat op trou staan, maar sy lewe word in chaos gedompel wanneer hy heel toevallig vasloop in ‘n chick, Emma, uit sy verlede op wie hy heavy ge-crush het ses jaar vantevore. Dit fok so bietjie met sy gevoelens vir haar in die hede, maar dan word hy in moerse web van bedrog intrek wanneer sy net fokken missing raak. Spoorloos, even. Emma se rol word meersterlik vertolk deur Izel Bezuidenhout wat bekend is vir haar rolle in flieks soos Dis Ek, Anna, Dominee Tienie, Vaselinetjie en Flatland.
Dit voel vir my net soos toe ek die vorige seisoen begin kyk het – twee episodes in, en ek is fokken hooked! Die kamerawerk, scripting en rolverdeling is, soos met die vorige reekse, uitstekend! Niks voel geforseerd of uit plek nie en jy kan sien dat jy met hoë kaliber TV-vermaak te doen kry, vandat die opening title sequence begin rol tot en met die laaste scene van elke episode wat jou op die rand van jou rusbank laat sit. Seriously, daai opening sequence op sy eie is ‘n fokken kunswerk en kort ‘n medalja of iets. Punte vir whoever met die konsep opgekom het, want dis fokken stylvol gedoen!
As ek nou met ‘n erg kritiese oog na spesifiek seisoen 4 moet kyk en hare moet kloof, is daar drie vinnige kameraskote wat nie vir my sin gemaak het nie. Maar dit was letterlik vir ‘n sekonde of twee lank waar my brein gegaan het: “Huh, waddefok was dit?”. Maybe tel jy dit nie eers op nie, maar as jy doen, laat weet my. Verder kan ek ‘n gat moer in die claim dat elke seisoen “nuwe karakters en nuwe rolverdelings het”, want (en nou is ek maar net fokken pedantic) Deon Coetzee wat in die nuutste seisoen die rol van Freek Lambrecht vertolk, was in seisoen 1 ook sommer die karakter, Werner Malan. Aha! Lekker uitgevang! Kon julle nie maar vir iemand soos Melt Sieberhagen die rol gegee het nie? Hy lyk ook darem nou al soos iemand se pa. Of ‘n reeksmoordenaar. Dalk volgende jaar? Julle het mos sy nommer…
Aaaanyway, jy gaan hierdie nuutste enetjie heavy geniet. Daar is oudergewoonte ’n verskeidenheid van interessante karakters met bedenklike motiewe om jou aan die kopkrap te sit. Die enigste probleem is dat mens ‘n week lank moet wag vir ‘n nuwe episode om uit te saai. The suspense is fokken killing me!
O wag, ek sien KYKnet het vir my sopas episode 3 en 4 ook gestuur!
Laterz, losers!
Die vierde seisoen het vanaf Dinsdag 19 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin air.
Ek is nie seker wanneer hierdie outjie op Showmax beskikbaar gaan wees nie, maar jy kan solank die eerste drie seisoene hier opspoor.
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,073,779 post views in totaal sedert 1 November, 2019.