Dis fokken weird dat ons oor al die jare nog nie vir Reese Witherspoon ge-feature het nie. Sy is in 2001 deur Forbes Magazine as die wêreld sy rykste aktrise benoem met ‘n net worth van $400m. Liewe fokken hieesis dis kakbaie zak! Dis te danke aan dekades se harde werk as akrtise wat ook daartoe gelei het dat sy haar eie production company, Hello Sunshine, op die been gebring het en onlangs vir ‘n siek bedrag van ‘n cool $900m verkoop! Deur hierdie company het sy moerse suksesbolle reeks produce soos Little Lies, Little Fires Everywhere, en The Morning Show.
Sy act sedert sy 14 jaar oud is (sy is nou 46) en het 33 credentials onder die belt vir producing en letterlik dubbeld soveel vir acting. Sy het in 1999 reeds $250k vir haar rol gekry in Cruel intentions en 2 jaar later 60 keer meer verdien (15 fokken miljoen US dollar) vir Legally Blonde. Vir haar rol in Seet Home Alabama het sy minder gekry ($12.5m) maar haar standaard salaris request het $15m geword vir Four Christmases, Walk the Line en dis probably nou nog meer vir meer onlangse rolle soos Hot Pursuit en Home Again.
Dan het sy ook ander besighede, onder andere ‘n clothing line genaamd Draper James. Jirre, wanneer kry sy tyd om te lallies?
Watkykjy staan op 3,085,551 post views in totaal sedert 1 November, 2019.