Ons het nou al vir julle al die Pinocchio episodes gegee, ‘n hele spul Trompie episodes ‘n hele seisoen van van Haasdas se Nuuskas en Liewe Heksie was ook iewers in die mix gewees. Toe bedien ons julle met die heilige sakrakement van ou wollerige ou fokken Zet, Woepies Wurm het sy buiging kom maak vir so 10 weke en toe klap ons julle met twee weke se bederf met Postman Pat. Toe gaan ons fokken wragtig weer terug na Zet toe. Ons het finaal afskeid van Zet geneem en julle met Brakanjan se movie ge-treat en toe so paar epsiodes van Die Wysheid van die Kabouters in die mix gegooi. Nou is ons besig om deur ons ou collection van movies te gaan om te kyk wat ons vir julle kan opdis. Eerste aan die beurt is die classic Leon Schuster movie:
Oh Shucks… Here comes Untag!
Hierdie fliek is Leon Schuster se eerste vollengte-komedie en vertel die verhaal van Kwagga Robertse (Leon Schuster), ‘n geharde vrygesel-boer wat in die fiktiewe Afrika-land Nambabwe woon. Die film spog met ‘n bietjie romanse, ‘n bietjie aksie en avonture en baie en baie van daardie tipiese Schuster-humor en hier is die groot ding: it did not age well at all!
Kyk of jy actually deur die hele movie kan kom en laat weet gerus…
Watkykjy staan op 3,057,594 post views in totaal sedert 1 November, 2019.