Mense van die overseas sal skiem dat meeste van ons hier in Suid-Afrika ly aan die Pseudobulbar effek – ‘n toestand wat gekenmerk word deur skielike onbeheerbare en onvanpaste uitbarstings van lag of -huilbuie. Wat eintlik aan die gang is, is dat ESKOM ons land so rondfok met die verskillende stages van loadshedding dat ons nie weet of ons moet fokken lag of huil nie. Wat ‘n desperate fuck show is dit nie? Soos ek hier sit, weet ek nie of ons ons stage 4 of stage 6 is nie, want ESKONT maak hulle minds op oor die loadsedding skudele soos die dag aangaan of die wind waai. Jirre man, selfs kanker het slegs 4 stages!
As ‘n oplossing vir onophoudlike entertainment hierdie naweek, het ek besluit om die slegste van die slegste classic en over-the-top comedies op my iPad te download terwyl daar krag en interwebs is, sodat ek stuff kan kyk waar en wanneer ek wil hierdie. Probably meestal onder ‘n duvet of voor ‘n heater. Dit lyk darem of ons nou die laaste koue naweek van die winter gaan trotseer. Ek het besluit om die simpelste breindood kak te kies, want dan kan mens lag sonder om te veel daroor te dink of te sit en tob oor die verfoklike loadshedding…
Hiermee dan my lys met voorstelle van simpel comedies:
Al 432 van die Police Academy movies
OK, daar was net 7 movies in die reeks maar dit voel na oneindig baie. Hierdie movies was kaknsaaks in die 80s gewees toe sommige van ons nog ‘n kinders was. As jy nou kids het, toets hierdie reeks movies op hulle en kyk of hulle dit geniet. Hier is vir jou ‘n recap van wat in die movies gebeur. Die plotlines is staggeringly basic.
In Police Academy 1 maak ons kennis met ‘n groepie misfits met goeie harte wat besluit om die polisiediens te betree as groentjies wat so bietjie training en disipline makeer. Hulle is ‘n handvol vir die instrukteurs wat moerig raak vir hulle pranks. Dis jou eerste kennismaking met Steve Guttenberg, die arm man se Billy Crystal asook Kim Cattrall wat jy beter ken as die warm blonde, Samantha Jones van Sex in The City.
In die tweede movie moet die polisiespan deal met ‘n gang wat die dorp oorgeneem het. Volgens die voormalige NBA-ster, Bubba Smith, wat akteur gedraai het, het hy meer geld met hierdie movie gemaak as in sy hele loopbaan in professionele Amerikaanse voetbal. Dis omdat die bra slim genoeg was om vir 2% van die movie se wins te vra as betaling in plaas van ‘n vasgestelde salaris.
Met Police Academy 3 keer die alumni van Kommandant Lassard terug na die academy om nuwe rekrute op te lei en te verhoed dat die polisieskool se deure permanent toemaak. Akteurs Jerry Paris en Leslie Easterbrook het ‘n skelm verhouding gehad terwyl hulle hierdie fliek gemaak het. Jerry is tien dae ná die film se Amerikaanse vrystelling dood. Leslie Easterbrook het die rol van Debbie Callahan vertolk. Onhou julle haar? Die tannie met die lekker tiete?
In die vierdie aflewering van die filmreeks word die pas gegradueerde cops assign op ‘n mission om volunteers van die publiek te train om ‘n skielike vlaag van misdaad in die stad te bekamp. Hierdie is ook die eerste en enigste Police Academy movie waarin ons vir Sharon Stone te siene kry. Sy het besluit om hierdie rol aan te neem omdat haar eerste huwelik verbrokkel het en sy lus was vir iets laf en lighartig. Sy wou haarself omring met ‘n klomp grapgatte en het dit as die beste terapie ooit beskou. Onthou, hierdie is 5 jaar voor almal haar en haar moemf intiem leer ken het in Basic Instinct.
Nommer 5 se academy scenes is by ‘n hoërskool in Miami verfilm. Die Polisie-akademie se kommandant word by ‘n polisiekonvensie in Miami Beach vereer maar op die lughawe vat hy perongeluk die verkeerde sak en dié het gesteelde diamante in. Die “eienaars” wil hulle kak terug hê en dit lei tot allerhande grappies, laggies en situasies.
Met City Under Siege, die sesde movie, kry drie onbeholpe skurke (die Wilson Heights Gang) dit somehow reg om ‘n moerse crime wave in die stad suksesvol te orkestreer en die ewe onbehulpe polisiekadette moet daai kak stopsit. Die bank wat deur die bende beroof word, is dieselfde een wat gebruik was vir die moerse fight sequence tussen Spiderman en en Doctor Octopus in Spiderman 2. Die plek is ook gebruik deur Usher vir sy music video vir DJ Got Us Fallin in Love saam met Pitbull in 2010:
Met die heel laaste Police Academy movie, Mission to Moscow, huur die Russiese regering die veterane van die academy om hulle te help deal met die mafia. Die laaste scene het 250 Russiese militêre polisiebeamptes as ekstras vereis. Te midde van ‘n plaaslike voedseltekort het 758 beamptes op die dag van die shoot opgedaag omdat hulle gehoor het dat middagete bedien sou word. Daar is vir elke liewe persoon kos gegee. Dis ook about die enigste positiewe ding wat ek oor hierdie movie kan sê.
Father’s Day
Hierdie comedy is glad nie ‘n goof ball vibe of slap stick nie, maar ek gooi hom net in vir bietjie balans. Dis ook nie die beste comedy daarbuite nie, maar dis ‘n decent genoeg comedy met twee legends – Billy Crystal en Robin Williams. Dis ‘n basic storie – ‘n laitie, Scott, baklei met sy pa en en besluit om weg te loop. Wanneer die pa nie vir sy kak val en agter hom aangaan nie, gaan sy ma, Collette, na een van haar ex-boyfriends, Jack (‘n prokureer) en vertel vir hom die laitie is eintlik syne. Hy weier ook aanvanklik en Collette nader nog ‘n ex, Dale, wat die laitie loop soek. Die twee mans se paaie kruis en hulle besef dat hulle besig is om vir dieselfde laitie te soek. Die woonstel waar Dale (Robin Williams) in San Francisco woon, is dieselfde een wat in Mrs Doubtfire (1993) gebruik is.
Flight of the Conchords
Twee Nieu-Seelandse tjommies ervaar die lewe, liefde, vriendskap en al die gewone dinge terwyl hulle probeer om dit big time te slaan as ‘n rockgroep in New York. ‘n Fokken lame rockgroep wat nie behoorlike gigs kan organize nie, behalwe vir een by hulle local akwarium. Hulle het darem nog ‘n buddy van Nieu-Seeland in New York – ‘n ywerige en oorambisieuse vent wat sommer ook hulle manager is, asook hulle enigste fan. Dis ‘n supersnaakse reeks van twee seasons wat jou hardop sal laat lag! Na die reeks, beveel ek sterk aan dat jy ook Flight of the Conchords Live in London kyk – die geniale musikale komediante Bret McKenzie en Jemaine Clement mix hulle skerp humor met slim oorspronklike tunes. Die live show sluit original tunes in van hulle Conchords-toer, sowel as classic hits uit hul Emmy-genomineerde TV-reeks.
What We Do in the Shadows
Ek het eers vandag besef dat daar ‘n volle drie seasons is van What We Do in the Shadows! Hierdie kaksnaakse reeks is gebasseer op die film van dieselfde naam en kom uit die pen van Jemaine Clement (wat jy ken van The I.T. Crowd en Flight of the Conchords, wat ek hierbo noem). Die reeks gee ‘n blik op die daaglikse (of eerder nagtelike) lewens van vier lame-ass vampires, wat al vir meer as 100 jaar saam woon op Staten Island. Dis kaksnaaks en voel soos ‘n mocumentary. Amper soos The Office, maar met vampires!
The Hangover trilogie
Jy ken hierdie movies goed, en as jy dit voor lockdown laas gesien het, is dit dalk nou weer tyd om dit te revisit. In die eerste movie word drie tjommies wakker na ‘n fokken hectic bachelor party in Las Vegas en kan fokol van die vorige aand onthou nie. Hulle probeer om hulle roete van die vorige aand te retrace om uit te figure waddefok gebeur het. O ja, hulle vriend wat veronderstel is om te trou, is fokken missing, so die main issue is om hom betyds op te spoor vir sy troue. Mike Tyson het onthul dat hy in die movie ge-act het om sy dwelmgewoonte te finansier, en dat hy hoog op cocaine was toe hy sy scenes gedoen het. Tyson het later gesê dat hierdie job hom eventually oortuig het om sy lewenstyl te verander.
Twee jaar later na die rowwe bachelor’s party in Vegas, vertrek Phil, Stu, Alan en Doug na Thailand vir Stu se troue. In die sequel maak die manne selfs groter kak want hulle verloor Stu se toekomstige swaer in Thailand. Weereens probeer hulle om die legkaart van die vorige aan aan mekaar te sit. Hulle het die vroige aan rustig gesit en bier drink en marshmallows braai by die kampvuur, maar Stu, Alan en Phil skrik wakker in ‘n sif woonstel in Bangkok, Doug is by die resort maar Teddy is fokken missing. Hulle bevind hulleself met ‘n apie met ‘n afgekapte vinger, Alan se kop wat geskeer is en Stu met ‘n moerse tattoo op sy gesig…
Met die derde aflewering in die nadraai van die dood van Alan se pa, besluit die wolfack om vir Alan hulp te kry met die mental issues waarmee hy sukkel. Dinge fok egter uit op pad na die hospitaal toe, want die ouens word afgetrek en aangerand en Doug word ontvoer. Die tjomme moet nou weer vir Mr. Chow opspoor om hom aan die bende wat vir Doug ontvoer het, te oorhandig. Die akteurs het ingestem om die hierdie film te doen op die voorwaarde daar nie ‘n vierde fliek sou wees nie. Bradley Cooper, Ed Helms en Zach Galifianakis het gevoel die storie het sy momentum verloor. Dit het baie oortuiging van Galifianakis gekos om Cooper eventually te oorreed om die projek te doen.
Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,073,869 post views in totaal sedert 1 November, 2019.