Dis soms moeilik om kop te hou met al die reekse wat mens stream op al die verskillende platforms daarbuite. Die main rede hiervoor is dat meeste van ons die reekse binge, dan aanbeweeg na die volgende reeks en dan te vergeet om ons ou gunsteling reekse te weer op te soek om te check of daar al nuwe seasons uit is vir die blerrie ding. So het ek beyvoorbeeld heeltemal track verloor met van my gunsteling reekse soos Better Call Saul, Billions, The Blacklist, Suits en vele meer. Ek sal heeltemal te laat agterkom dat ek so paar kakke agter is en dan heel verbaas “ontdek” dat ek so paar lekker dinge gemis het.
Hopelik het jy die onderste drie reekse ook gevolg en gewonder of daar al nuwe seisoene uit is. Dit is nou jou kans om nie weer agter te raak nie, of miskien is jy selfs lucky genoeg dat jy nooit van hierdie reekse geweet het nie, en dus nou op ‘n skatkis vol van weke se vermaak afgekom het. You’re welcome! Moet ook nie worry oor spoilers nie. Ek sal net so in die algemeen oor die reekse praat en sodoende sal daar nie spoilers wees of spesifieke seisoene se plots of storielyne weg gegee word nie. Ek plak dus ook die trailers vir die eerste seisoen van elke reeks hieronder sodat jy nie voel dat ek enige suprises weggee nie maar steeds die vibe van die shows kry.
Barry season 3
Barry is ‘n fokken briljante storie en daar is niks soos hierdie reeks daarbuite nie. Dis ‘n meesterlike mengsel van die donkerste humor met oomblike van werklike hartklop-drama. Dis enticing performances wat gelewer word deur die hele cast en dis hoogs vermaaklik. Barry volg die storie van ‘n low level hitman (vertolk deur Bill Hader) wat lei aan depressie uit die hitman-besigheid wil kom. Oortuig daarvan dat hy nog net een job gaan doen, ry hy LA toe om ‘n hit te doen op ‘n akteur wat ‘n mobster se vrou zaber. Hy volg die akteur na sy acting class en raak behep met ‘n groep amateur actors en word deel van die klas. Hy sien dit as sy nuwe roeping en om hom te help om met sy depressie te deal, maar sy kriminele verlede wil hom net nie uitlos nie. Bill Hader maak vir een van TV se mees fassinerende protagoniste.
Verdere goeie nuus is dat Barry ook sommer hernu is vir ‘n vierde seisoen met Bill Hader wat ook die hele seisoen gaan direct!
Westworld season 4
Geïnspireer deur die film geskryf deur Michael Crichton, het Westworld tot op hede sewe Emmys gewen. Dis ‘n befokte reeks en soos wat die reeks dit regkry om te expand buite sy oorspronklike “pretpark” word die kyker herinner aan hoe die reeks begin het. Sonder om te veel uit te lap, is daar ook tekens van hoe ver die reeks gekom het sedert die oorspronklike konsep. Daar is fenominale akteurs in hierdie reeks: Evan Rachel Wood, Jeffrey Wright, Ed Harris, Thandie Newton, James Marsden en Anthony Hopkins om maar net so paar te noem. Dis ‘n reeks wat jou gat op die couch gaan hou, vir solank as wat ESKOM dit toelaat op ‘n slag. Westworld is ‘n futuristiese pretpark vir die super rykes en die well connected mofo’s, waar hulle fokken baie zak betaal om menslike gaste te wees wat óf die held óf die kont speel in ‘n baie realistiese wilde weste omgewing. Die ‘hosts’ van hierdie realistiese fake wêreld is geprogrammeer om saam te speel MAAR een van hulle, Dolores, (gespeel deur Evan Rachel Wood), wat toevallig die park se oudste ‘host’ is, begin sentient raak en ontkoppel van die stelsel. Kak loop baie lelik verkeerd.
Jirre, hulle skiet die lewende kak uit mense uit en die seks en geweld is nogal super oordadig.
Resident Alien season 2
‘n Alien crash-land op aarde en neem die identiteit aan van Dr. Harry Vanderspeigel, sodat hy onopgemerk tussen die inwoners van Patience, Colorado kan rondbeweeg terwyl hy die sneeubedekte Colorado-berg kan deursoek vir stukke van sy ruimteskip. Hy leer hoe om “mens te wees” deur na episodes van Law & Order te kyk. Hy begin namate worstel met die morele dilemma van sy mission, oor hoekom hy aarde toe gestuur is. Gaan lees gerus die volle review wat ek link hieronder, oor die eerste seisoen. Dit was een van my gunsteling reekse van verlede jaar en ek is fokken bly dat season 2 ook nou uiteindelik hier is!
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
My Brilliant Friend S1-3 Die Italiaanse HBO-dramareeks, My Brilliant Friend, keer vir ’n derde seisoen van dramatiese, meesleurende lief en leed terug. Die reeks, wat pragtig verfilm is, is gegrond op Elena Ferrante se topverkoper-boeke (die Neopolitan Novels-reeks). Die reeks volg twee vriendinne se coming-of-age-verhale in die tweede helfte van die 20ste eeu. Dit speel aan die buitewyke van Napels, Italië, af. Lees verder |
![]() |
|
Desert Rose Desert Rose is ’n senutergende dramareeks wat om die Greyling-familie draai. Die Greyling broers en susters sukkel om klaar te kom in ’n stowwerige Noord-Kaap nadat hul pa, Freddie (Neil Sandilands), diep in die skuld by die genadelose Eugene van As (Ben Voss) beland en besluit om spore te maak. As Van As dan wraak sweer, begin die Greylings se stryd om oorlewing in erns. Lees verder |
![]() |
|
The Umbrella Academy S1-3 The Umbrella Academy is ’n eksentrieke reeks met ’n wrang humorsin. Hopelik bou die derde seisoen voort op die fyn balans tussen aksie en die karakters se emosionele ontwikkeling in die vertelling.The Umbrella Academy is gegrond op die gelyknamige comics deur Gerard Way en geïllustreer deur Gabriel Bá. Die storie speel af in ’n alternatiewe realiteit waarin 43 vroue van reg oor die wêreld op 1 Oktober 1989 geboorte skenk. Die kinkel? Nie een van dié vroue het enige tekens van swangerskap getoon tot die oomblik wat hulle – nogal gelyktydig ook nog – begin kraam het nie. Lees verder |
![]() |
|
Westworld S1-4 Dis twee jaar sedert die afloop van die derde seisoen van Westworld, ’n bekroonde distopiese reeks wat sedert sy 2016-debuut ’n TV-fenomeen geword het. Westworld is deur Jonathan Nolan en Lisa Joy geskep. Vir die vierde seisoen keer onder andere Evan Rachel Wood, Thandie Newton en Ed Harris terug om die gevolge van hebsug en magsbeheptheid in ’n wêreld wat besig is om sy laaste gryntjie menslikheid te verloor, in storietaal oor te dra. Lees verder |
![]() |
|
Op my eish! S2 Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie. Terwyl die akteur Neels van Jaarsveld laas liefde gesoek het, is Francois Jacobs die, uhm, hubare (?) hartebreker wat sy perfekte pasmaat in die tweede seisoen Op my eish! soek. Francois is ’n sanger en akteur bekend vir sy rol as Sampie de Klerk in die fliek Die Voëls. Lees verder |
![]() |
|
Clark Clark vertel die ongelooflike verhaal van Clark Olofsson, die omstrede misdadiger wat die term “Stockholm-sindroom” geïnspireer het. Bill Skarsgård – broer van True Blood se Alexander Skarsgård – vertolk die titelrol. Clark is gegrond op die waarhede én leuens, soos uiteengesit in sy outobiografie. Só word uiteengesit presies hoe hy die hele Swede geflous en om sy pinkie gedraai het, ondanks verskeie aanklagte van dwelmhandel, poging tot moord, aanranding, diefstal en dosyne bankrooftogte. Lees verder |
![]() |
|
Pulse In Pulse is oorlewing allesbehalwe ’n speletjie as ’n groep videospeletjieskeppers deur elektromagnetiese strale getref word en binne hul eie game in ’n stryd tussen lewe en dood vasgevang word. Onder die akteurs in die rolverdeling tel SAFTA-wenner Tarryn Wyngaard, bekend vir haar werk op DAM. Sy speel Jaz, die skepper van ’n indie-trefferspeletjie. Thapelo Mokoena (Trackers) speel Jaz se eks. Lees verder |
![]() |
|
The Staircase S1 The Staircase is gegrond op ware gebeure wat in 2004 in true crime-dokkie deur Jean-Xavier de Lestrade omskep is. Die nuwe HBO-reeks is deur Antonio Campos geskep. Daar is bekroonde swaargewigte in die hoofrolle met Colin Firth speel as Michael Peterson, die misdaadromanskrywer wat skuldig bevind is aan die moord op sy vrou Kathleen Peterson, nadat sy dood aan die onderkant van die stel trappe in hul huis gevind is. Kathleen word deur Toni Collette, bekend vir haar werk in Hereditary (op Showmax), gespeel. Lees verder |
![]() |
|
Peaky Blinders S1-6 Dié absoluut briljante reeks is losweg gegrond op die werklike Peaky Blinders-bende wat in die 19de eeu amok in Birmingham, Engeland gemaak het.Peaky Blinders is sedert 2013 soos TV-stapelvoedsel. Dit is een van die min reekse wat oor die afgelope dekade konsekwent in gehalte was. Só ook konsekwent in die gebruik van nimmereindige geweld. Maar dis hoe die Shelby-broers werk om dinge gedoen te kry. Aan die hoof van die familie-bende is die koel, maar genadelose Tommy, wat met intimiteit deur Cillian Murphy gespeel word. Paul Anderson is Arthur, die oudste broer wat te veel van ’n fokop van alles maak en dus nie met familiesake vertrou kan word nie. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,118,562 post views in totaal sedert 1 November, 2019.