Dis seker maar net fair om die SAFTA nominations ook ‘n mention te gee nadat ons vandag vroeër die Emmy Award Nominees se beuels geblaas het. Die SATFA’s (South African Film and Television Awards) is nog in sy babaskoene en is vir die eerste keer toegeken, 15 jaar gelede op die 28ste Oktober, 2006. Die wenners kry elk ‘n sertifikaat en ‘n goue horing – no jokes. Die beeldjie is eintlik nogal lelik en lyk soos ‘n draak se piel, as mens nou ‘n draak se piel kon imagine. Die drie gesigte (?) op die beeldjie is glo gebasseer op artefakte van regoor Afrika uit die jaar 800 wat die Lydenburg-koppe reference. Laasgenoemde is terracotta-koppe wat saam met ander pottery-goete in Lydenburg ontdek is, iewers in die 1960s. Jirre, Suid-Afrika moet mos altyd super pretentious wees as dit by die kunste kom. Sommige serpdraende dikraambriltannies kan mos vir jou betekenis uit ‘n koekie seep tap…
Daar is kakbaie nominees, en as jy ‘n hond of ‘n vriend in die geveg het, kan jy die hele ellelange lys hier gaan bestudeer en vir hulle cheer. Vir vandag se doeleindes gaan ons net na so paar titles kyk wat ek skiem die moeite werd is om te stream.
DAM
Kortliks vertel DAM die storie van Yola wat vanaf Chile na Suid-Afrika terugkeer om haar vervreemde pa te begrawe. Tot haar verbasing en haar suster se ontsteltenis het pappa vir Yola die plaas in sy boedel gelos. Dit blyk meer van ‘n curse as ‘n blessing te wees want dit wil voorkom asof die huis vir haar iets probeer vertel. Met haar ma wat in ‘n gestig opgeneem is en haar eie meds wat laag in stock is, wonder Yola of al hierdie spirits for real is en of al hierdie kak net in haar kop is. Met 11 nominasies, kraai hierdie reeks koning op die lys. Hulle gaan vir best actress (Lea Vivier), best supporting actress, (Natasha Loring), best actor (Pallance Dlada) en Neil Sandilands, meneer SA Hollywood homself, is vir die eerste keer in sy lewe genomineer vir ‘n SAFTA-toekenning. Verder is die reeks in die runnning vir best direction, art direction, musiek, klank, en make-up en hairstyling. DAM is nogal angswekkend met ‘n fantastiese rolverdeling. Dis die beste Suid-Afrikaanse reeks wat ek tot dusver gekyk het.
Tali’s Baby Diary
Hierdie reeks is natuurlik die opvolg van Tali’s Wedding Diary (wat in 2019 met 5 SAFTA’s weggestap het) met Talie Babes wat (soos die titel voorstel) ‘n mens in die pens het. Sy werk nou aan haar nuwe look as ‘n momfluencer (kots) terwyl Darren en Rael die onstuimige waters wat die Kaapse eiendomsmark voor sorg, moet trotseer. Hierdie lawwe comedy sit saam met DAM op 11 nominations en sluit in Julia Anastasopoulos vir beste akrise in die rol van Tali, beste director vir Arie Kruger en Daniel Zimbler, cinematography, en editing. Dan is daar ook Anton Taylor as Tali se man, Darren, vir beste akteur, Kate Pinchuck (Taryn) vir best supporting actress en sy kompeteer teen kollega, Kate Normingtin (Tali se ma) vir dieselfde prys. Daar is verder ook nominasies vir script writing, art direction en sound. Ek het totally van hierdie reeks vergeet, so ek het nou iets lekker local en simpel om die naweek te kyk. Daar is mos nie rugby die naweek nie. Wel, nie regte rugby nie…
Glasshouse
‘n Movie waarvan ek heeltemal onbewus was en wat befok lyk, is die local sci-fi fantasy-drama, Glasshouse:
“Glasshouse is set after an airborne dementia known as The Shred has left humanity roaming like lost and dangerous animals, unable to remember who they are. Confined to their airtight glasshouse, a family does what they must to survive – until the sisters are seduced by a stranger who upsets the family’s rituals, unearthing a past they have tried to bury.”
Dit klink mos nou na ‘n piele storielyn? Die fliek is genomineer vir production design, cinematography en makeup & hairstyling. Siende dat daar die naweek fokol F1 is nie, sal ek dit dalk ‘n shot gee. Die trailer intrigue my nogal genoeg:
Devilsdorp
Ek wil myself bekak wanneer ek iemand ontmoet wat nog nie hierdie doccie gekyk het nie. In case jy nie weet nie (ek hoop nie jy is een van hulle nie), was daar ‘n hele reeks afspraakmoorde in 2016 in Krugersdorp en omgewing gewees. Afsprake in die sin van verkoopsmense en konsultante wat uitgaan om voornemende kliënte te ontmoet en dan nooit weer terug te kom nie. Die ondersoeke het speurders op ‘n hele klompie cold cases se spore gesit, vernaamlik die Sataniese moorde en die skakels tussen 11 moorde in Krugerdorp, ofte wel, Devilsdorp, wat op die ou einde na ‘n weird cult genaamd Electus per Deus (gekies deur God) gelei het. Die reeks het die lig gesien na ‘n navorsingsprojek van oor die 18-maande en uiteindelik het Suid-Afrika (actually die hele fokken wêreld) een van die vreemdste dokkiereekse op aarde te siene gekry. Dis ‘n weird en warm gemors van exorcisms, kerkbyeenkomste en trial testimonies in die hod wat die hare op die agterkant van jou piel sal laat regop staan, never mind jou nek! Devilsdorp is genomineer vir cinematography, editing en klank. Fok, ek kyk dit sommer weer. Unbelievable!
Daar is ongelukkig nie genoeg tyd oor om alles te cover nie, want dis nou naweek, en ons moet fokken duik, maar kam ook gerus deur hierdie lysie van oor die 20 SAFTA nominees om een of ander tyd te stream. Ek het ten minste 7 reekse en movies gepin-point wat ek wil nodge:
- G.I.L
- Fried Barry
- Rachel’s Angels: Inspirasie Stories
- Troukoors
- Jan
- Elders: Namibië
- Die Broer Toer
- Die Boekklub
- Nêrens, Noord-Kaap
- New Material
- Strangers You Know
- Zero to Zero
- Abandoned
- Survivor South Africa: Immunity Island
- Boxing Day
- Getroud Met Rugby
- Legacy
- Binnelanders
- Skemerdans
- Suidooster
- Arendsvlei
- Unefa
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
My Brilliant Friend S1-3 Die Italiaanse HBO-dramareeks, My Brilliant Friend, keer vir ’n derde seisoen van dramatiese, meesleurende lief en leed terug. Die reeks, wat pragtig verfilm is, is gegrond op Elena Ferrante se topverkoper-boeke (die Neopolitan Novels-reeks). Die reeks volg twee vriendinne se coming-of-age-verhale in die tweede helfte van die 20ste eeu. Dit speel aan die buitewyke van Napels, Italië, af. Lees verder |
![]() |
|
Desert Rose Desert Rose is ’n senutergende dramareeks wat om die Greyling-familie draai. Die Greyling broers en susters sukkel om klaar te kom in ’n stowwerige Noord-Kaap nadat hul pa, Freddie (Neil Sandilands), diep in die skuld by die genadelose Eugene van As (Ben Voss) beland en besluit om spore te maak. As Van As dan wraak sweer, begin die Greylings se stryd om oorlewing in erns. Lees verder |
![]() |
|
The Umbrella Academy S1-3 The Umbrella Academy is ’n eksentrieke reeks met ’n wrang humorsin. Hopelik bou die derde seisoen voort op die fyn balans tussen aksie en die karakters se emosionele ontwikkeling in die vertelling.The Umbrella Academy is gegrond op die gelyknamige comics deur Gerard Way en geïllustreer deur Gabriel Bá. Die storie speel af in ’n alternatiewe realiteit waarin 43 vroue van reg oor die wêreld op 1 Oktober 1989 geboorte skenk. Die kinkel? Nie een van dié vroue het enige tekens van swangerskap getoon tot die oomblik wat hulle – nogal gelyktydig ook nog – begin kraam het nie. Lees verder |
![]() |
|
Westworld S1-4 Dis twee jaar sedert die afloop van die derde seisoen van Westworld, ’n bekroonde distopiese reeks wat sedert sy 2016-debuut ’n TV-fenomeen geword het. Westworld is deur Jonathan Nolan en Lisa Joy geskep. Vir die vierde seisoen keer onder andere Evan Rachel Wood, Thandie Newton en Ed Harris terug om die gevolge van hebsug en magsbeheptheid in ’n wêreld wat besig is om sy laaste gryntjie menslikheid te verloor, in storietaal oor te dra. Lees verder |
![]() |
|
Op my eish! S2 Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie. Terwyl die akteur Neels van Jaarsveld laas liefde gesoek het, is Francois Jacobs die, uhm, hubare (?) hartebreker wat sy perfekte pasmaat in die tweede seisoen Op my eish! soek. Francois is ’n sanger en akteur bekend vir sy rol as Sampie de Klerk in die fliek Die Voëls. Lees verder |
![]() |
|
Clark Clark vertel die ongelooflike verhaal van Clark Olofsson, die omstrede misdadiger wat die term “Stockholm-sindroom” geïnspireer het. Bill Skarsgård – broer van True Blood se Alexander Skarsgård – vertolk die titelrol. Clark is gegrond op die waarhede én leuens, soos uiteengesit in sy outobiografie. Só word uiteengesit presies hoe hy die hele Swede geflous en om sy pinkie gedraai het, ondanks verskeie aanklagte van dwelmhandel, poging tot moord, aanranding, diefstal en dosyne bankrooftogte. Lees verder |
![]() |
|
Pulse In Pulse is oorlewing allesbehalwe ’n speletjie as ’n groep videospeletjieskeppers deur elektromagnetiese strale getref word en binne hul eie game in ’n stryd tussen lewe en dood vasgevang word. Onder die akteurs in die rolverdeling tel SAFTA-wenner Tarryn Wyngaard, bekend vir haar werk op DAM. Sy speel Jaz, die skepper van ’n indie-trefferspeletjie. Thapelo Mokoena (Trackers) speel Jaz se eks. Lees verder |
![]() |
|
The Staircase S1 The Staircase is gegrond op ware gebeure wat in 2004 in true crime-dokkie deur Jean-Xavier de Lestrade omskep is. Die nuwe HBO-reeks is deur Antonio Campos geskep. Daar is bekroonde swaargewigte in die hoofrolle met Colin Firth speel as Michael Peterson, die misdaadromanskrywer wat skuldig bevind is aan die moord op sy vrou Kathleen Peterson, nadat sy dood aan die onderkant van die stel trappe in hul huis gevind is. Kathleen word deur Toni Collette, bekend vir haar werk in Hereditary (op Showmax), gespeel. Lees verder |
![]() |
|
Peaky Blinders S1-6 Dié absoluut briljante reeks is losweg gegrond op die werklike Peaky Blinders-bende wat in die 19de eeu amok in Birmingham, Engeland gemaak het.Peaky Blinders is sedert 2013 soos TV-stapelvoedsel. Dit is een van die min reekse wat oor die afgelope dekade konsekwent in gehalte was. Só ook konsekwent in die gebruik van nimmereindige geweld. Maar dis hoe die Shelby-broers werk om dinge gedoen te kry. Aan die hoof van die familie-bende is die koel, maar genadelose Tommy, wat met intimiteit deur Cillian Murphy gespeel word. Paul Anderson is Arthur, die oudste broer wat te veel van ’n fokop van alles maak en dus nie met familiesake vertrou kan word nie. Lees verder |
![]() |
Watkykjy staan op 3,110,934 post views in totaal sedert 1 November, 2019.