Die Sport Billy’s onder ons gaan hierdie naweek about fokol tyd kry om iets anders as net sport te kyk nie, so kom ons draf gou deur daai hectic skedule. Dis juis amper tyd om oor te skakel na die Austrian Grand Prix se practice 1 om 13:30 vandag, gevolg deur qualifying 17:00 later vanmiddag. More skop practice 2 af om 12:30 gevolg deur die sprint om 16:30 en dan is die race self Sondag 15:00 aan die beurt. Kyk, Silverstone was poesmal gewees, maar ek dink die Austrian F1 gaan ‘n klomp surprises inhou! Die sprints sorg altyd vir hogere drama.
Wimbledon conclude ook die naweek. Vandag 15:45 vat Djokovic en Norrie mekaar aan om te sien wie Sondagmiddag 15:00 teen konterige Kyrgios moet speel in die finaal nadat Rafa sy poepstring of iets geskeur het en moes onttrek het. Konterige Kyrgios het dus ‘n walkover ge-score. Saterdag om 15:00 vat Rybakina en Jabeur mekaar aan in die women’s finals en dan is daar ook nog men’s doubles en woman’s doubles om in te pas iewers.
Saterdag is dit die tweede toets tussen die Springbokke en Wallis wat 17:00 afskop in Bloem. As ons gejol het soos verlede naweek, gaan ons ‘n fokken pakslae kry, maar daar is gelukkig fokken baie changes aan die span gemaak en dis net Eben Etzebeth, Malcolm Marx, Vincent Koch en Damian Willemse wat die reshuffle oorleef het. Die match kan dalk actually kykbaar wees!
Vir dié van julle wat nie into sport is nie, het ek ses kiefpiele movies uitgekies om oor die naweek te geniet. Wel, actually 5, want die eerste een op ons lys is eers van Maandag af beskikbaar. Sommige van ons maak dikwels Maandag deel van ons naweek, so dit tel.
Voor ons daarby uitkom, check net eers gou hierdie stukkie nostalgie voor jy die F! aansit. Ek het aan die begin van die artikel na Sport Billy verwys. As jy soos ek, 156 jaar gelede gebore is, kan jy dit enigsins onthou?
Hier is jou 6 kiefpiele movies om die naweek te geniet!
Gunpowder Milkshake
Ons skop sommer af met die movie wat eers hierdie Maandag, die 11de Julie beskikbaar is. Dis ‘n lekker rowwe R-rated outjie met kakbaie aksie en volg die storie van Sam (Karen Gillan van Avengers: Endgame, Guardians of the Galaxy, Jumanji: Welcome to the Jungle), ‘n hoogs effektiewe sluipmoordenaar wat in haar ma se voetspore gevolg het nadat sy haar as 12-jarige meise abandon het. Dis ‘n moerse over-the-top movie en jy gaan voel asof jy John Wick met tiete check.
Uit die peanut gallery:
“Who would’ve thought back when Karen Gillan was cast in Doctor Who all those years ago, she’d go on to become one of Hollywood’s ‘Go To’ action heroines through the likes of Guardians, Jumanji, and now this.”
The Protégé
Kom ons kyk sommer nog ‘n R-rated movie met assassins! Hierdie keer met die befokte Maggie Q (Mission: Impossible III, Designated Survivor) en almal se gunsteling motherfucker, Samuel L. Jackson (The Hitman’s Bodyguard, The Hateful Eight, National Lampoon’s Loaded Weapon). Die storie volg Anna wat as kind gered is deur die legendariese sluipmoordenaar, Moody en nou is sy die wêreld se mees bekwame contract killer. Moody word egter wreed vermoor, en Anna sweer wraak op die mense wat die persoon vermoor het wat haar alles geleer het wat sy ken. Die movie is in Bulgaria, Vietnam en Romania verfilm.
Uit die peanut gallery:
“Maggie Q is simply the bad ass of action movies. She once again proved herself to be one of the best action movies’ actresses in the current era. I think I’m going to watch Nikita, the series again.”
The Card Counter
Lyk my ons raak fokken stuck hier in R-rated country met hierdie crime drama-thriller volgende op ons lys. William Tell (Oscar Isaac; Show Me a Hero, Ex Machina ) is ‘n gambler en voormalige dienspligtige wat ‘n jong man, Cirk (Tye Sheridan; The Night Clerk) wil terug help na die straight en narrow. Die ou wil egter wraak neem op gemeenskaplike vyande uit hulle verlede terwyl William eintlik net wil gamble en kaarte jol en nie lus is vir kak en hare nie. Tell kry finansiële bystand by ‘n geheimsinnige dobbelfinansierder, La Linda (Tiffany Haddish; The Kitchen), en hulle vind hulleself op ‘n mission om die World Series of Poker in Las Vegas te probeer wen. Dis egter onmoontlik om Cirk onder beheer te bring en hy sleep Tell saam met hom in na die kak uit sy donker verlede.
Uit die peanut gallery:
“This film really shakes something in you at the end. Definitely keeps your mind on edge the whole time, and in the ending everything you have been searching for crashes down quickly and leaves you reeling, like what just happened? You expect it, but you don’t. Oscar issac’s acting was also amazing, especially with the subtle details of emotion, makes it that much more better. It’s great, I love this movie. The trailer really doesn’t do it justice. It’s nothing like the actual movie. The movies a more slowly creeping sense.”
Godzilla vs. Kong
Die sporielyn is basic as fuck: ‘n fokgroot akkedis en ‘n ‘n fokgroot aap wil mekaar opfok en die mensdom sit in die middel van hierdie kak met hulle toekoms in gedrang. Dié van julle wat Call of Duty Warzone speel, sal weet dat King Kong en Godzilla vir ‘n moerse limited tyd deel uitgemaak het van die battle en dat die hare op jou nek fokken regop gestaan het by tye. Jirre, ek wens hulle het dit permanent gemaak. Anyway, die movie is net moerse pret en met ‘n PG-13 rating kan die kinders seker maar saamkyk. Mens vergeet ook sommer dat daar actual bekwame actors soos Millie Bobby Brown (Stranger Things) en Alexander Skarsgård (Succession, Big Little Lies) in die film is. Die movie het die grootste opening box office sales gehad van enige movie wat tydens die pandemie release is en het $122m geklok!
Uit die peanut gallery:
“This movie literally revived the movie industry during quarantine.”
No Time to Die
Jy sal skiem dat Daniel Craig net in James Bond movies hoort as ‘n type cast, maar kyk ook gerus Knives Out (‘n lekker crime & mystery comedy). Terug by Daniel se vyfde en nuutste bond movie het die oom besluit hy is nou so bietjie eers klaar met aktiewe diens in die secret service en dis tyd vir hom om finally te chill. Sy voorneme hou glad nie lank nie, want sy ou tjom by die CIA, Felix, rock op en vra vir hulp. Wat kan ons verwag? Tipies Bond, is daar ‘n misterieuse villain met nuwe en kakgevaarlike tech wat alles wat leef en beef bedreig. Dis 007 se job om vir die maaifoedie ore aan te sit. Weereens ‘n PG-13 movie wat kindervriendelik is, afhangende van watse levels van kak jy in jou huishouding toelaat. Hierdie is die 25ste movie in die franchise wat tot dusver die 5de meeste geld ooit gemaak het. Dit het ook ‘n Oscar gwen vir die theme song deur Billie Eilish en ons gooi sommer die music video heel onder aan die artikel.
Uit die peanut gallery:
“I remember when Daniel Craig was announced as a new bond and every 007 fans saying “no!” 13 years later now we all saying “we’ll miss him”. He did great job. Thanks Daniel.”
Zack Snyder’s Justice League
Goeie fok, ek sien sopas dat hierdie movie fokken 4 ure lank is! OK, jy gaan regtig ‘n fan van superhero movies moet wees om vir so lank te kan stil sit op jou gat. Ek wou hierdie movie al fokken lankal gekyk het, en het dit selfs oorweeg om dit te koop as ‘n download omdat ek dit by die movies gemis het, maar nou kan ons dit stream! Ek weet net nie of ek dit hierdie naweek sal kan in-squeeze nie, want ek gaan al daai sport wat ek genoem het ook wil kyk.
Anyway, hierdie fliek volg op Batman vs Superman: Dawn of Justice, en is director Zack Snyder se cut van 2017 se Justice League. Haha, hulle noem dit ‘n cut! Die 2017 movie was twee ure korter gewees, so die naai het 2 ure gaan bysit! Alohoevel hy die oorspronklike regisseur van daardie film was, het Snyder die leisels aan Joss Whedon oorgegee ná die tragiese selfmoord van sy dogter wat maar 20 jaar oud was. Gemengde resensies het daartoe gelei dat HBO ‘n recut commission het. Dus nou hierdie donkerder en grittier weergawe.
Die storie self? Superman se dood lei tot die heraktivering van die Mother Boxes – fokken ou toestelle wat die aarde kan vernietig. Dit lok die aandag van Darkseid en sy Parademon army wat die bokse wil gebruik om die wêreld oor te neem. Wie kan hulle moontlik stop? Enter Batman, Wonder Woman, Cyborg, Aquaman en The Flash om die mak moere reg te sien.
Zack Snyder se Justice League is beskou as een van die 10 beste rolprente van 2021 deur Owen Gleiberman van Variety, wat dit geprys het as:
“a superhero movie with a difference. It’s a piece of ominous glittering Wagnerian comic-book pop, its superhero backstories unfolding with an imaginative fury, its battles spilling forth with a dark grandeur worthy of Tolkien (not the Lord of the Rings films, but the dream battles Tolkien wrote on the page), all rendered with an incendiary conviction that sweeps you up and won’t let go.”
Uit die peanut gallery:
“This movie was such an amazing experience. I don’t get why some people are hating on it saying that it’s “too dark and edgy”. Not every superhero movie has to be a lighthearted comedy adventure. This movie was fucking fantastic. I want more. 4 months later and this still gives me chills!”
Kom ons hoop dat ESKOM ons gaan toelaat om enige iets hierdie naweek te kyk, wat hy staan om die hoek met sy piel in sy hand en wag vir ons. Hulle reken ons kyk na level 2 en 4 op Saterdag en level 2 op Sondag, maar die fok weet, mens kan hulle skedule glad nie vertrou nie!
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
My Brilliant Friend S1-3 Die Italiaanse HBO-dramareeks, My Brilliant Friend, keer vir ’n derde seisoen van dramatiese, meesleurende lief en leed terug. Die reeks, wat pragtig verfilm is, is gegrond op Elena Ferrante se topverkoper-boeke (die Neopolitan Novels-reeks). Die reeks volg twee vriendinne se coming-of-age-verhale in die tweede helfte van die 20ste eeu. Dit speel aan die buitewyke van Napels, Italië, af. Lees verder |
|
|
Desert Rose Desert Rose is ’n senutergende dramareeks wat om die Greyling-familie draai. Die Greyling broers en susters sukkel om klaar te kom in ’n stowwerige Noord-Kaap nadat hul pa, Freddie (Neil Sandilands), diep in die skuld by die genadelose Eugene van As (Ben Voss) beland en besluit om spore te maak. As Van As dan wraak sweer, begin die Greylings se stryd om oorlewing in erns. Lees verder |
||
The Umbrella Academy S1-3 The Umbrella Academy is ’n eksentrieke reeks met ’n wrang humorsin. Hopelik bou die derde seisoen voort op die fyn balans tussen aksie en die karakters se emosionele ontwikkeling in die vertelling.The Umbrella Academy is gegrond op die gelyknamige comics deur Gerard Way en geïllustreer deur Gabriel Bá. Die storie speel af in ’n alternatiewe realiteit waarin 43 vroue van reg oor die wêreld op 1 Oktober 1989 geboorte skenk. Die kinkel? Nie een van dié vroue het enige tekens van swangerskap getoon tot die oomblik wat hulle – nogal gelyktydig ook nog – begin kraam het nie. Lees verder |
||
Westworld S1-4 Dis twee jaar sedert die afloop van die derde seisoen van Westworld, ’n bekroonde distopiese reeks wat sedert sy 2016-debuut ’n TV-fenomeen geword het. Westworld is deur Jonathan Nolan en Lisa Joy geskep. Vir die vierde seisoen keer onder andere Evan Rachel Wood, Thandie Newton en Ed Harris terug om die gevolge van hebsug en magsbeheptheid in ’n wêreld wat besig is om sy laaste gryntjie menslikheid te verloor, in storietaal oor te dra. Lees verder |
|
|
Op my eish! S2 Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie. Terwyl die akteur Neels van Jaarsveld laas liefde gesoek het, is Francois Jacobs die, uhm, hubare (?) hartebreker wat sy perfekte pasmaat in die tweede seisoen Op my eish! soek. Francois is ’n sanger en akteur bekend vir sy rol as Sampie de Klerk in die fliek Die Voëls. Lees verder |
||
Clark Clark vertel die ongelooflike verhaal van Clark Olofsson, die omstrede misdadiger wat die term “Stockholm-sindroom” geïnspireer het. Bill Skarsgård – broer van True Blood se Alexander Skarsgård – vertolk die titelrol. Clark is gegrond op die waarhede én leuens, soos uiteengesit in sy outobiografie. Só word uiteengesit presies hoe hy die hele Swede geflous en om sy pinkie gedraai het, ondanks verskeie aanklagte van dwelmhandel, poging tot moord, aanranding, diefstal en dosyne bankrooftogte. Lees verder |
|
|
Pulse In Pulse is oorlewing allesbehalwe ’n speletjie as ’n groep videospeletjieskeppers deur elektromagnetiese strale getref word en binne hul eie game in ’n stryd tussen lewe en dood vasgevang word. Onder die akteurs in die rolverdeling tel SAFTA-wenner Tarryn Wyngaard, bekend vir haar werk op DAM. Sy speel Jaz, die skepper van ’n indie-trefferspeletjie. Thapelo Mokoena (Trackers) speel Jaz se eks. Lees verder |
||
The Staircase S1 The Staircase is gegrond op ware gebeure wat in 2004 in true crime-dokkie deur Jean-Xavier de Lestrade omskep is. Die nuwe HBO-reeks is deur Antonio Campos geskep. Daar is bekroonde swaargewigte in die hoofrolle met Colin Firth speel as Michael Peterson, die misdaadromanskrywer wat skuldig bevind is aan die moord op sy vrou Kathleen Peterson, nadat sy dood aan die onderkant van die stel trappe in hul huis gevind is. Kathleen word deur Toni Collette, bekend vir haar werk in Hereditary (op Showmax), gespeel. Lees verder |
||
Peaky Blinders S1-6 Dié absoluut briljante reeks is losweg gegrond op die werklike Peaky Blinders-bende wat in die 19de eeu amok in Birmingham, Engeland gemaak het.Peaky Blinders is sedert 2013 soos TV-stapelvoedsel. Dit is een van die min reekse wat oor die afgelope dekade konsekwent in gehalte was. Só ook konsekwent in die gebruik van nimmereindige geweld. Maar dis hoe die Shelby-broers werk om dinge gedoen te kry. Aan die hoof van die familie-bende is die koel, maar genadelose Tommy, wat met intimiteit deur Cillian Murphy gespeel word. Paul Anderson is Arthur, die oudste broer wat te veel van ’n fokop van alles maak en dus nie met familiesake vertrou kan word nie. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,056,051 post views in totaal sedert 1 November, 2019.