Ek het op 5 befokte mystery en crime thriller movies afgekom wat perfek oor die naweek ingedruk kan word so tussendeur die FRanse F1 Grand Prix wat vandag om 14:00 afskop met practice 1 gevolg deur practice 2 om 17:00 (ook vandag). Qualifying vind more plaas om 16:00 en uiteindelik gebeur die race self Sondag om drie-uur die middag. Die Paul Ricard Circuit teen 5.82km, is een van die langste tracks op die 2022 kalender. Dis eintlik nogal ‘n fokken lelike track met al die distracting blou en rooi strepe. Dit lyk bietjie soos ‘n clown op acid se make-up, maar as jy egter verby dit kyk (of as dit jou nie pla nie), gaan hierdie lekker breë baan moontlik vir die meeste overtakes van die seisoen sorg, so entertainment gaan daar beslis wees! Lewis Hamilton is glad nie ‘n fan van hierdie circuit nie, maar hy jaag hierdie naweek in sy 300ste F1 race (impressive!!), so hy gaan maar sy grootmeisiepanties moet aantrek en homself forseer om dit bietjie meer te like as hy enigsins die podium wil ruik. Ek skiem hy het ‘n goeie kans vir derde, solank Perez bietjie fokken wen die naweek! Die Ferraris en Verstappen kan maar die plekke rondom Hamilton en Perez invul soos hulle dit goed dink.
Daar is die naweek fokol reën voorspel nie, so die manne gaan die karre in die fokken rooi druk!
PS: Weet iemand waar ek ‘n F1 Red Bull Racing shirt kan koop sonder om fokken R3k daarvoor te betaal?
Raait, hier is jou movies vir die naweek:
Silk Road
Lank voordat elke tweede doos begin maak het asof hulle Bitcoin traders of kenners was, was hierdie cryptocurrency op die dark web, vernaam die online shop, Silk Road, gebruik vir onheilspellende doeleindes deur booswwigte, maaifoedies en ander jafels van twyfelagtige karakter. Soveel as 70% van die transaksies het een of ander vorm van dwelms ingesluit en daar was ‘n hele string hofsake nadat daar beslag gelê is op genuine stupifying bedrae Bitcoin. Like, fokken crazy, crazy bedrae! Silk Road is ‘n meesleurende misdaadriller wat op hierdie werklike gebeure gebasseer is van die skepper van die shopping netwerk – ‘n idealistiese laitie wat deur ‘n DEA-agent gejag word om hom tot ‘n val te bring. Jy kan die naweek lekker in-ease met hierdie outjie voor dinge te ernstig raak.
Rating: 5.9
Uit die peanut gallery:
“Well that should be interesting, and one hell of a ride 😅 Nick is such a talented actor! He seriously brings each role, whether it’s on tv or a movie, to life!”
Galveston
Jy dink nou probably dadelik onwillekeurig aan Gaviscon, daai botteltjie met die brandweerman se kom wat mens drink vir sooibrand omdat jy te veel rook, suip en pizza vreet, maar moenie worry nie want hierdie aksiebelaaide riller sal jou nie sooibrand gee nie. Dit gaan oor ‘n unlucky fokker wat voortvlugtig is nadat sy loan-shark baas hom amper uithaal met ‘n sluipmoordpoging. Gedurrende die shoot-out red hy vir Rocky, ‘n kwesbare jong prostituut. Sy is ‘n girl met ‘n donker verlede en heetlemal te veel geheime. Dis nogal ‘n hectic storie van opoffering en verlossing. Die draaiboek is geskryf deur dieselfde skrywer van True Detective, maar dis geskryf jare voordat True Detective geskep is.
Rating: 6.2
Uit die peanut gallery:
“Such a good movie. Changes you’re perspective on things , even for me coming from physical and sexual abuse. Such a good story and good meaning. Excellent acting.”
Target Number One
Hollywood doen soms hierdie fokken weird ding waar hulle movies ‘n ander naam gee in sekere lande. Fokweet wat die redes is nie, maar Target Number One staan bekend as Most Wanted in Amerika. Voormalige heroïenverslaafde, Daniel Léger (gespeel deur Josh Hartnett), raak om die verkeerde redes by ‘n dwelmtransaksie met die verkeerde mense betrokke. Wanneer die drug uitfok, word Daniel in ‘n Thaise tronk gegooi en met ‘n 100-jaar vonnis geklap. Terwyl hy probeer om sy hectic vonnis in die Bangkok-tronk te oorleef, trek die nuus van sy skuldigbevinding die aandag van die Kanadese Globe and Mail-joernalis Victor Malarek, wat besluit om die scaly cops se modus operandi bloot te lê. Jissis, my vrou en tjommies van ons wil volgende jaar April Thailand toe gaan vir vakansie, so hierdie movie gaan nie fokken goed vir my senuwees wees nie! Hierdie fliek is actually op die ware verhaal van Alain Olivier se onregmatige gevangenisstraf en vonnisoplegging gebasseer.
Rating: 6.2
Uit die peanut gallery:
“Josh Hartnett one of the best actors ever. Super film!”
Shot Caller
Jacob se lewe is piele. Hy het ‘n suksesvolle loopbaan en ‘n liefdevolle gesin. Maar hierdie is ‘n movie, so kak moet noodgedwonge skeefloop. En dit doen. Na afloop van ‘n katastrofiese gebeurtenis beland hy in die tjoekie en moet tronkstraf uitdien. In die tronk leer hy moerse vinnig dat hy voor ‘n belangrike keuse staan om by die haglike omstandighede van die gevangenissisteem aan te pas. Met sy uiteindelike vrylating en die tronk wat duidelik sy letsels gelos het, wat skiem jy gaan gebeur? Gaan Jacob sy pad na verlossing vind, of gaan die keuses wat hy gemaak het lei tot sy ondergang? Hierdie is ‘n fokken rowwe en donker movie, maar dis net so blerrie goed!
Rating: 7.3
Uit die peanut gallery:
“This was such a harsh, cold blooded movie. It was extremely well made and it makes you feel horrible for the main protagonist with all the serious and life altering sacrifices he has to make to survive and keep his family safe. He has no choice but to permanently lose everything he cares about and to forever become someone he never wanted to be. Cold as hell.”
Hell or High Water
Kom ons gaan so effens ligter. Wat van ‘n lekker moderne movie wat bietjie van die ou gevoel van ‘n western het? En dan is daar ook nog piele actors to boot, soos Chris Pine (Wonder Woman 1984, Jack Ryan:Shadow Recruit), Ben Foster (wat ook in Galvescon op ons lysie hierbo te sien is) en Jeff Bridges (R.I.P.D., The Giver, Only The Brave) om so paar te noem. In West Texas gaan twee broers aapkak op ‘n bankroof-rampage. Hulle besluit om veral een van die banke uit te sonder – The Texas Midland Bank, want dis die ouens wat op die punt is om hulle plaas te eis en die eiendom terug te vat. Hulle skiem die logiese ding om te doen, is om die bank te beroof aan wie hulle geld skuld vir die lening van die plaas, en dan dieselfde geld wat hulle rood te gebruik om daardie einste skuld te settle. Kak plan, boet, want die Texas Ranger, Marcus Hamilton is vasberade om die broers aan te keer. Hy is juis meer gemotiveerd as ooit, want daar is net ‘n paar weke oor voor hy aftree en hierdie saak moet deel uitmaak van sy legacy.
Die frase “come hell or high water” beteken tipies: “doen waddefok ook al gedoen moet word, ongeag die omstandighede”. Dit verwys ook na die “come hell or high water-klousule” in kontrakte in Amerika, vernaamlik ‘n huurkontrak, wat bepaal dat die betalings moet voortgaan, ongeag enige kak en hare wat die betalende party dalk mag ondervind.
Rating: 7.6
Uit die peanut gallery:
“This is the best movie I’ve seen in quite some time! Amazing acting, humor, action, plot, and 98% realistic. I hope this gets the attention it deserves!”
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
[prompt type=”left, right” title=”Wat kan ek die naweek stream?” message=”Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder! ” button_text=”Click hier vir nog voorstelle!” href=”https://terloops.co.za/” target=”blank”]
My Brilliant Friend S1-3 Die Italiaanse HBO-dramareeks, My Brilliant Friend, keer vir ’n derde seisoen van dramatiese, meesleurende lief en leed terug. Die reeks, wat pragtig verfilm is, is gegrond op Elena Ferrante se topverkoper-boeke (die Neopolitan Novels-reeks). Die reeks volg twee vriendinne se coming-of-age-verhale in die tweede helfte van die 20ste eeu. Dit speel aan die buitewyke van Napels, Italië, af. Lees verder |
|
|
Desert Rose Desert Rose is ’n senutergende dramareeks wat om die Greyling-familie draai. Die Greyling broers en susters sukkel om klaar te kom in ’n stowwerige Noord-Kaap nadat hul pa, Freddie (Neil Sandilands), diep in die skuld by die genadelose Eugene van As (Ben Voss) beland en besluit om spore te maak. As Van As dan wraak sweer, begin die Greylings se stryd om oorlewing in erns. Lees verder |
||
The Umbrella Academy S1-3 The Umbrella Academy is ’n eksentrieke reeks met ’n wrang humorsin. Hopelik bou die derde seisoen voort op die fyn balans tussen aksie en die karakters se emosionele ontwikkeling in die vertelling.The Umbrella Academy is gegrond op die gelyknamige comics deur Gerard Way en geïllustreer deur Gabriel Bá. Die storie speel af in ’n alternatiewe realiteit waarin 43 vroue van reg oor die wêreld op 1 Oktober 1989 geboorte skenk. Die kinkel? Nie een van dié vroue het enige tekens van swangerskap getoon tot die oomblik wat hulle – nogal gelyktydig ook nog – begin kraam het nie. Lees verder |
||
Westworld S1-4 Dis twee jaar sedert die afloop van die derde seisoen van Westworld, ’n bekroonde distopiese reeks wat sedert sy 2016-debuut ’n TV-fenomeen geword het. Westworld is deur Jonathan Nolan en Lisa Joy geskep. Vir die vierde seisoen keer onder andere Evan Rachel Wood, Thandie Newton en Ed Harris terug om die gevolge van hebsug en magsbeheptheid in ’n wêreld wat besig is om sy laaste gryntjie menslikheid te verloor, in storietaal oor te dra. Lees verder |
|
|
Op my eish! S2 Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie. Terwyl die akteur Neels van Jaarsveld laas liefde gesoek het, is Francois Jacobs die, uhm, hubare (?) hartebreker wat sy perfekte pasmaat in die tweede seisoen Op my eish! soek. Francois is ’n sanger en akteur bekend vir sy rol as Sampie de Klerk in die fliek Die Voëls. Lees verder |
||
Clark Clark vertel die ongelooflike verhaal van Clark Olofsson, die omstrede misdadiger wat die term “Stockholm-sindroom” geïnspireer het. Bill Skarsgård – broer van True Blood se Alexander Skarsgård – vertolk die titelrol. Clark is gegrond op die waarhede én leuens, soos uiteengesit in sy outobiografie. Só word uiteengesit presies hoe hy die hele Swede geflous en om sy pinkie gedraai het, ondanks verskeie aanklagte van dwelmhandel, poging tot moord, aanranding, diefstal en dosyne bankrooftogte. Lees verder |
|
|
Pulse In Pulse is oorlewing allesbehalwe ’n speletjie as ’n groep videospeletjieskeppers deur elektromagnetiese strale getref word en binne hul eie game in ’n stryd tussen lewe en dood vasgevang word. Onder die akteurs in die rolverdeling tel SAFTA-wenner Tarryn Wyngaard, bekend vir haar werk op DAM. Sy speel Jaz, die skepper van ’n indie-trefferspeletjie. Thapelo Mokoena (Trackers) speel Jaz se eks. Lees verder |
||
The Staircase S1 The Staircase is gegrond op ware gebeure wat in 2004 in true crime-dokkie deur Jean-Xavier de Lestrade omskep is. Die nuwe HBO-reeks is deur Antonio Campos geskep. Daar is bekroonde swaargewigte in die hoofrolle met Colin Firth speel as Michael Peterson, die misdaadromanskrywer wat skuldig bevind is aan die moord op sy vrou Kathleen Peterson, nadat sy dood aan die onderkant van die stel trappe in hul huis gevind is. Kathleen word deur Toni Collette, bekend vir haar werk in Hereditary (op Showmax), gespeel. Lees verder |
||
Peaky Blinders S1-6 Dié absoluut briljante reeks is losweg gegrond op die werklike Peaky Blinders-bende wat in die 19de eeu amok in Birmingham, Engeland gemaak het.Peaky Blinders is sedert 2013 soos TV-stapelvoedsel. Dit is een van die min reekse wat oor die afgelope dekade konsekwent in gehalte was. Só ook konsekwent in die gebruik van nimmereindige geweld. Maar dis hoe die Shelby-broers werk om dinge gedoen te kry. Aan die hoof van die familie-bende is die koel, maar genadelose Tommy, wat met intimiteit deur Cillian Murphy gespeel word. Paul Anderson is Arthur, die oudste broer wat te veel van ’n fokop van alles maak en dus nie met familiesake vertrou kan word nie. Lees verder |
Watkykjy staan op 3,049,187 post views in totaal sedert 1 November, 2019.